So die wereldbeker is nou agter ons en ons almal suffer behoorlik nog van die nagevolge van world cup fever. Ek moet erken dat ek ook lekker in die kring van doomsayers gestaan en chat het, veral oor Eskom en hulle wydbekende incompetence. Twee jaar terug was 2010 `n disaster waiting to happen.
Maar na die afloop daarvan en `n hewige case van die fever moet ek erken dat ons land die beste wereldbeker nog ge-host het. Om so iets in jou backyard te aanskou is ongelooflike en dit gebeur net een keer in `n leeftyd. Alle Suid-Afrikaners het bygedra om dit onvergeetlik te maak en alhoewel ek nog nie `n vuvuzela-entoesias is nie, is ek bereid om te erken dat dit `n atmosfeer skep wat niemand ooit sal kan ewenaar nie.
Ekself was nie by `n wedstryd nie, maar dit beteken nie ek het nie `n proesel van die wereld gehad nie. Die atmosfeer was elektries, mense wat vuvuzelas in die strate blaas en met vlae op hulle karre ry. Die afskop game was iets om te beleef, daar was `n fan park in Kemton park waar ek was die vakansie, maar ver van die huis af. Toe Bafana daai eerste goal score, kon jy die vuvuzelas tot by ons huis hoor.
Persoonlik dink ek nie Bafana Bafana het teleurgestel nie, al wou ons almal he hulle moes verder gaan. Dis belangrik om te onthou dat hulle baie laer ge-rank was as al die ander kwalifiserende lande. Bafana het vir Frankryk gewen – ek wil nou nie my nek uitsteek nie, maar ek is seker dat die Franse voor die wereldbeker onder die top 10 spanne was. Wat hulle op die wereldbeker angevang het, sal ek nou nie noem nie, maar nou ja. En so on the side, niemand hier hou van Uruguay nie, volgens my moes hulle dit nie eers verby die eerste roondte gemaak het nie. Baie geluk aan Spanje met hulle victory en aan Paul, die heldersiende seekat wat alles voorspel het. Hy is egter `n duitse seekat en het reg voorspel dat die Duitsers teen die Spaanse gaan verloor. Niemand kan dus waarborg dat hy nie een van die dae as kalamari gaan opeindig nie.
Vir die final het ek , my sussie en 2 van my vriendinne die Gautrein Sandton toe gevat en `n draai by die Nelson Mandela square gaan maak (by the way happy birthday aan hom vandag). Die 3d-show van Sony was impressive en die gees was ongelooflik. Ons het midde in `n Spaanse stampede beland. Dit was awesome, maar ook `n bietjie scary. Die res was nie veel van `n fan-fest nie, die enigste manier om eers naby `n tv-screen te kom was om in een van die resturante te gaan sit, waar jy R20,60 vir `n coke moes bestel! Die trein was amazing, 12 minute van Rhodesfield tot in Sandton flat, pretty impressive. By the way, wees slim en klim eerder op by die Rhodesfield stasie as by die lughawe, aangesien dit amper presies dieselfde afstand is teen helfte van die prys. Die trein is vinnig, veilig en baie goedkoper as om per kar te ry, en beter vir die omgeweing ook. Die scenery is nie spectacular nie, maar as jy verwag om iets beter te sien is jy heelwaarskynlik `n toeris en verwag jy leeus in die strate ook.
So ek wil vandag amptelik my woorde terugtrek en hardop erken: well done SA, die wereldbeker was `n huge sukses en seker die mees onvergeetlikste een tot dusver. Al wat ek nou nog wil sien is `n soortgelyke trein van Stellenbosch tot in Kaapstad
