Ek is nou al 7 maande in die Kaap en ek het nog nie regtig vriende gemaak nie. Wel, daar is `n paar mense met wie ek oor die weg kom en wat ek mee kan gesels, maar dis ook maar nou dit. En dit vang jou elke kort-kort as jy terugsit en besef hoe alleen jy regtig is.
Lonliness is nie noodwendig `n kwessie van niemand ken nie soos in my geval. Ek is net nie die tipe mens om sommer net oop te maak en mense in te laat nie. Dis vir my moeilik om mense te vertrou. In daai geval is my lonliness seker my eie skuld.
Maar lonliness kom ook in baie ander vorme voor. Soos wanneer jy in `n crowd staan en nog steeds heeltemal alleen voel. Miskien omdat jy nie die mense om jou ken nie en dus nie die spesifieke ervaring met iemand kan deel nie.
Of partykeer ken jy hope mense om maar jy voel nog alleen. Dis gewoonlik `n aanduiding van ongelukkigheid. `n Gevoel dat jy nie tuis is nie, jy voel onwelkom selfs in jou eie vriendekring. Dit is `n baie sterk boodskap van jou instinkte om jou betyds te waarsku om weg te kom en dis gewoonlik `n goeie plan om na jou instinkte te luister in so `n situasie.
Ek was al baie so alleen, ook in die onlangse verlede en ek sal heelwaarskynlik ook nog wees. Miskien oor ek die mure om myself so hoog gebou het. Dis `n selfverdedigingsmeganisme, die enigste een wat ek ken. As jy gewoond is aan mense wat jou hele lewe lank oor jou loop, begin jy op een of ander tyd om mense uit te sluit.
Gelukkig glo ek dat daar vir elke persoon daar buite, iemand is met `n sledge hammer wat net sterk genoeg is vir jou muur. Maar jy sal hom halfpad moet ontmoet…
No comments:
Post a Comment