Die eksamen is nou al 2 weke aan die gang. My suster is vandag huis toe vir die vakansie. Sy het Maandag klaar geskryf...ek skryf eers oor 2 weke klaar. Ek het nou eers een vraestel geskryf, so ek kan nie eers voel of ek vorder nie. Maar dit daar gelaat. Ek gaan nou maar ophou kla oor dit vir my voel of ek nooit gaan klaarmaak nie en dat ek so home sick is, ek kan bars.
Die eksamen aan die ander kant het soos altyd `n baie vreemde effek op my. Gewoonlik word ek getref deur `n huge case van inspirasie in eksamentyd. Sadly, het dit nie gebeur hierdie semester nie. Wel, nog nie. Maar ek voel hiperemosioneel, soos in baie. En alles wat ek kyk, kry my in trane, soos stupid goed. Ek weet nie wat dit is nie.
Die probleem is dat ek normaalweg emosioneel is, so `n verhoging in daardie eienskap kan soms problematies wees. Ek het gister amper `n emotional break-down gehad omdat ek siek is vir two minute noodles. Granted, daar was baie ander faktore betrokke. Maar die two minute noodles was net die laaste strooi.
In elk geval, ek weet nie of ek al voorheen genoem het nie, maar ek is waarskynlik een van die wêreld se grootste romantics. En daai eienskap is ook nou in `n heightened state. So alle vorme van romance het my op die oomblik op groot skaal in `n spin. Ook `n goeie tyd daarvoor, ek dink want my beste vriendin trou oor bietjie meer as `n week. Yay!!
Die romance-ding is nogal groot met my op die oomblik. Hierdie week se episode van Merlin was incredibly beautiful. Romanties, powerful. Ek het dit seker 3 keer in `n kwessie van 2 dae gekyk. Ek is so `n sucker vir middle age romance. Knight in Shining armour-sindroom ek dink. Maar nou ja, om die romance ding aan die gang te hou, hier is `n video van Taylor Swift wat net te adorable vir woorde is.
So vir almal daar buite, happy procrastinating...
AMANDA
No comments:
Post a Comment