"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Saturday, April 27, 2013

Ope brief aan ’n nuwe kamermaat

 

Kom ons wees nou eerlik, nie een van ons wil hier wees nie. Maar aan die einde van laasjaar het al twee ons kamermaats besluit hulle wil uit die koshuis gaan en nou is ons stuck in ’n kamer waar ons noodgedwonge moet sien en kom klaar.

Dit sal waarskynlik meer konstruktief wees as ek die volgende vir jou persoonlik sê, maar om heeltemal eerlik te wees, ek is te chicken en ek weet ek sal dit nie doen nie. So nou skryf ek dit hier in ’n poging om nie heeltemal van my verstand af te gaan nie.

Eerstens, ek gee nie om as jy laat werk nie. Ek is self ’n aand-mens, maar danksy my nuwe kursus het elke oggend 8 uur klas en moet ek dus vroeg in die bed wees. As jy wil laat werk, is dit regtig soveel gevra dat jy ’n bedlampie of iets kry, die groot lig is regtig nie van hulp as mens wil slaap nie.

Tweedens, jy het seker baie werk en ek moet seker nou daarmee deal as jy tot 3 uur toe werk. Maar as jy letterlik die hele dag slaap en eers 11 uur in die aand opstaan en begin werk, dan irriteer dit my net ’n klein bietjie.

Derdens, jy sit baie keer jou musiek hard aan of invite random mense hier in om saam met jou series op jou laptop te kyk en ek kla nooit nie. So moenie dan met ’n sneer op jou gesig vir my vra om nie te lag as ek met my earphones opsit nie.

Vierdens, ek weet nie wat dit is met jou obsessie met daardie swaar air freshener nie, maar dit stink en as jy dit elke twee sekondes deur die hele kamer spuit, kan ek nie asem kry nie en dit gee my sinus. FYI, jy hoef ook nie ’n hele liter parfuum op jou te spuit nie. Ek mis regtig die reuk van suurstof en ek weet nie hoe lank dit jou gevat het om te evolve om sonder dit klaar te kom nie.

Vyfdens, daar is net een dag ’n week wat ek kan laat slaap en dit is tot 9 uur op ’n vrydag. Ek sal dit waardeer as jou wekker nie vir letterlik 10 minute aan een lui sonder dat jy dit afsit nie. En as dit nie erg genoeg is nie, sit jy sommer net die lig aan terwyl ek probeer slaap. Dit terwyl ek hoeveel keer nou al 8 uur in die aand wou werk, maar nie die lig wou aansit omdat jy geslaap het nie.

In jou guns, kan ek darem sê dat dié naweek waar ek ’n toets moet skryf en die volgende dag nuus bulletins vir die radio moet skryf, jy huis toe gegaan het. Die vrede is baie welkom.

Miskien sal alles beter wees as ek al hierdie goed erken en opstaan vir myself, maar ek skryf dit liewer hier en kies om daarna my irritasie te laat gaan.

Tuesday, April 23, 2013

Joernalis as cover-identity

 

23 April 2013

’n Projek vir die “wonderlike” kursus waarin ek myself op hierdie stadium bevind het my gedwing om te dink watter kwessie oor die media ek ’n artikel sal wil skryf. Soos dikwels hierdie jaar kon ek nie aan ’n goeie idee dink nie.

Die enigste kwessie oor die media waaraan ek kon dink is dié een. Hoe joernaliste in flieks en series uitgebeeld word.

Sover moes ek na baie testimonials luister oor daardie defying moment waar iemand skielik besef het dat hy of sy ’n higher calling as joernalis het. Die naaste wat ek al ooit daaraan gekom het was toe ek klein was en Smalliville gekyk het.

Ek het die series nou onlangs weer gekyk en weer dink ek dat ek mal sal wees daaroor om ’n reporter te wees soos Lois en Clark. Maar die realiteit van joernalistiek voel vir my ver verwyderd van daardie wêreld.

So dit los my met die vraag, hoekom is dit dat joernalistiek as ’n cover-identity gekies word? Nie net in Superman nie, maar as my feite reg is, was Spiderman ’n fotograaf vir ’n koerant.

Van alles wat ek weet is joernalistiek nie die plek om in die skadu’s in te smelt en jouself vir die res van die wêreld weg te steek nie. Jy moet jouself die hele tyd  on the line plaas om die storie te kry.

Miskien is dit die appeal om die naamlose verslaggewer te wees, maar nogtans in die middel van die aksie te wees. Want die storie gaan nie oor jou nie. Ons dosente sê altyd dat jy jouself uit die storie uit moet haal.

Miskien is dit wat ek ook moet doen. Joernalistiek aantrek soos ’n uniform om die vryheid te kry om myself op ander gebiede uit te leef.

Van onder my rooi cape, wat op dieselfde tyd beskermer en ’n tronk is, ek hoop jou lewe is minder gekompliseerd.