23 April 2013
’n Projek vir die “wonderlike” kursus waarin ek myself op hierdie stadium bevind het my gedwing om te dink watter kwessie oor die media ek ’n artikel sal wil skryf. Soos dikwels hierdie jaar kon ek nie aan ’n goeie idee dink nie.
Die enigste kwessie oor die media waaraan ek kon dink is dié een. Hoe joernaliste in flieks en series uitgebeeld word.
Sover moes ek na baie testimonials luister oor daardie defying moment waar iemand skielik besef het dat hy of sy ’n higher calling as joernalis het. Die naaste wat ek al ooit daaraan gekom het was toe ek klein was en Smalliville gekyk het.
Ek het die series nou onlangs weer gekyk en weer dink ek dat ek mal sal wees daaroor om ’n reporter te wees soos Lois en Clark. Maar die realiteit van joernalistiek voel vir my ver verwyderd van daardie wêreld.
So dit los my met die vraag, hoekom is dit dat joernalistiek as ’n cover-identity gekies word? Nie net in Superman nie, maar as my feite reg is, was Spiderman ’n fotograaf vir ’n koerant.
Van alles wat ek weet is joernalistiek nie die plek om in die skadu’s in te smelt en jouself vir die res van die wêreld weg te steek nie. Jy moet jouself die hele tyd on the line plaas om die storie te kry.
Miskien is dit die appeal om die naamlose verslaggewer te wees, maar nogtans in die middel van die aksie te wees. Want die storie gaan nie oor jou nie. Ons dosente sê altyd dat jy jouself uit die storie uit moet haal.
Miskien is dit wat ek ook moet doen. Joernalistiek aantrek soos ’n uniform om die vryheid te kry om myself op ander gebiede uit te leef.
Van onder my rooi cape, wat op dieselfde tyd beskermer en ’n tronk is, ek hoop jou lewe is minder gekompliseerd.
No comments:
Post a Comment