5 Februarie 2013
Na ‘n vakansie van gradeplegtighede; ongelooflike sonsondergange (sien bo) en baie ander gebeurtenisse van minder ‘n rooskleurige natuur het ek uiteindelik hier uitgekom. Aan die begin van my graad in joernalistiek en een stap nader aan die toekoms.
Maar soos wat dit nou gereeld gebeur was dit ewe skielik net bietjie te veel realiteit vir my. My eerste dag was beslis nie maanskyn en rosegeur nie. Inteendeel ek het erenstig getwyfel of dit is waar ek moet wees. Maar ek het al baie gehoor mense wat hulle drome leef sê dat hulle ten minste een keer ‘n dag twyfel of hulle op die regte plek is.
My roommate van laas jaar het dit ook confirm gisteraand. Sy is nou al in haar vierde jaar van ‘n graad wat so moeilik is dat jy nie anders kan as om dit vir die liefde van die saak te doen nie. Dit help ook baie om iemand te hê by wie jy kan afpak en haar raad het gisteraand vir my baie beteken. Ek het bietjie gestres oor die moontelikheid van nuus lees op die kampus radiostasie en sy het my gerus gestel met “Moenie worry nie, niemand luister daarna nie…en die wat doen sit dit af as die nuus aankom.”
Vandag was darem baie beter alhoewel ons moet seker nog eers moet sien wat môre inhou. Maar vandag het ons klank en in-studio opnames gedoen en dit was vir my baie interessant, veral die klein bietjie basiese sound-editing wat ons gedoen het.
Kom ons hoop dat gister net eerste-dag blues was en dat die res van jaar beter gaan wees. Dit help darem om iemand te hê om mee te praat. Vir nou gaan ek net The Hobbit kyk en escape na die wonderlike wêreld van Middle Earth. Vir meer kan mens nie vra nie…
Namárië
No comments:
Post a Comment