"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Thursday, August 12, 2010

Birthday

 

Ek moet iets erken. Ek is absoluut versot op verjaarsdae. Was nog altyd. Ek kan al my verjaarsdagkoeke, –partytjies, en uitnodigings onthou vandat ek 3 jaar oud is. Daar was die ligblou roomys treinkoek op 3 en die tipiese barbiepop koek op 4. Op 5 was daar 2 koeke en `n groot partytjie met my hele kleuterskoolklas. Dit alles kan ek nog soos gister onthou. Ek onthou hoe my ouers ons toe ons klein was TOys R Us toe gevat het en dan kon ons nou ons eie geskenk kies. Dit was soos `n wonderplek vir my.

Ek onthou toe my pa my op 7 na hulle inloopkas gestuur het vir `n trui en ek `n splinternuwe fiets daar gevind het. En my huge Magic-company party op 8. En so gaan dit aan. Ek onhou nog die groot trip Gold Reef City toe vir my 11de verjaarsdag. Ek onthou al my verjaarsdae, al die mense wat daar was en so aan.

Maar my gunsteling verjaarsdag van almal was laasjaar. My 18de, die grootsprong na mondigheid. Ek het so baie moeite gedoen. `n Fondue met kaas en chocolate en 18 cupcakes met room op. Onder die sterrelug met kameras en champers met al my naaste vriendinne op die geustlist. Natuurlik was daar disappointment, maar die aand overall was magic. Al my vriendinne wat daar was het `n toast gemaak. Ek kan nie presies die woorde onthou nie, maar ek kan onthou wat ek gevoel het, asof ek ook vir eens iets vir iemand beteken het. En nou nog as ek na die foto’s kyk onthou ek daai aand, dit was die beste verjaarsdag ooit.

Ek is soos `n klein kind oor verjaarsdae, die opwinding, die koek, die geskenke. En elke nou en dan selfs op die ouderdom van 18 jaar en 363 dae vang ek myself dat ek nog op valentynsdag dink dat ek oor 6 maande verjaar. En dan op die 14de Julie is dit net een maand en so aan.

Vanadag is dit nog 2 dae voor ek 19 word, maar somehow het die verjaarsdag sy glans verloor. Hierdie jaar is die eerste jaar wat ek op my eie gaan wees. Weg van my familie en vriende. Ek weet dit sal weer beter gaan as ek eers weer goeie vriende hier gemaak het en `n sirkel opgebou het. Maar ek weet dit gaan tyd vat en defnitief nie binne 2dae gebeur nie. Daarom moet ek maar net vasbyt en deur dit kom. Maar dit maak dit nie makliker om te sluk nie. So hier is iets vir almal wat alleen is op hulle spesiale dag, daar sal weer beter tye wees,

     Soos hierdie…

Monday, August 9, 2010

Trapped

 

Daar is niks oor vir my hier
my memories is erens
verlore in die sand
en die moments het spontaan
begin brand
in tyd se ewige vuur.
Net mooi niks het oorgebly
die mense, die plek,
ek het alles ontgroei
en ek ruik die storm
wat in die naglug broei
wat help dit om daarteen te stry?

Ek wil vlieg
na waar die branders
die horison oorsteek
en ek finaal Kempton
se kettings kan breek
om my hart sorgloos in my arms te wieg

Hierdie is `n gedig wat ek laasjaar geskryf het. Matriek en mense wat jou in die rug steek. Enough said…

Sunday, August 1, 2010

Spading

 

Meeste van julle sal onbekend wees met die konsep. Ek was tot omtrent 2 weke gelede, nou is dit een van my grootste nagmerries. Ja, dis weer `n koshuis-ding. Die trapinlywingseremonie het toe heel goed afgegaan, met ander woorde : ek het oorleef. Ook maar net-net. nou het ek weer spading om oor te worry.

Dis basicly gatkruip by manskoshuise sodat hulle jou moet kies om hulle joolpartner te wees volgende jaar. So dis na hulle (losing) rugbyspan gaan kyk en vir hulle half 7 koffie vat in die bed (I am not kidding, wie okal daai idee gehad het, het `n heavy sadistiese streek). Vir hulle cupcakes vat en wie weet wat nog. Dit voel so goedkoop.

Die ding is, ek hou daarvan om in `n koshuis te bly maar al hierdie “vriendelik” verpligde goed vir eerstejaars is besig om my gek te maak. Ek wil nie `n wildvreemde ou gaan wakker klop of fake smile terwyl ek vir hom `n cupcake gee nie. Kan hulle nie net daai goed spaar vir die mense wat dit regtig wil doen nie? Anyway, dit is nou “verpligtend” so ek moet maar op my tande byt en saamgaan met dit alles (en `n gap vat as ek `n escape hole sien).

In elk geval, dis darem na hierdie week verby. Die varsity was genadig in die sin dat daar net 2 weke was om te spade en dis al. Die ergste van als is dat ons soos stalkers voel en hulle staan net daar en gaap ons aan soos visse met vlerke. Dis nei mutual nie, niemand koop vir ons cupcakes of bring vir ons koffie in die bed nie. Actually, ons lyk maar nogal heavy desperate.

Die upside is dat ek darem hierdie week `n paar awesome movies en series gekry het, so my dae is darem nie leeg nie. Die probleem is dit hou my uit die werk uit. Oh well, who cares? As daar probleme opduik, blameer ek dit op die koshuis-aktiwiteite…