"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Thursday, August 12, 2010

Birthday

 

Ek moet iets erken. Ek is absoluut versot op verjaarsdae. Was nog altyd. Ek kan al my verjaarsdagkoeke, –partytjies, en uitnodigings onthou vandat ek 3 jaar oud is. Daar was die ligblou roomys treinkoek op 3 en die tipiese barbiepop koek op 4. Op 5 was daar 2 koeke en `n groot partytjie met my hele kleuterskoolklas. Dit alles kan ek nog soos gister onthou. Ek onthou hoe my ouers ons toe ons klein was TOys R Us toe gevat het en dan kon ons nou ons eie geskenk kies. Dit was soos `n wonderplek vir my.

Ek onthou toe my pa my op 7 na hulle inloopkas gestuur het vir `n trui en ek `n splinternuwe fiets daar gevind het. En my huge Magic-company party op 8. En so gaan dit aan. Ek onhou nog die groot trip Gold Reef City toe vir my 11de verjaarsdag. Ek onthou al my verjaarsdae, al die mense wat daar was en so aan.

Maar my gunsteling verjaarsdag van almal was laasjaar. My 18de, die grootsprong na mondigheid. Ek het so baie moeite gedoen. `n Fondue met kaas en chocolate en 18 cupcakes met room op. Onder die sterrelug met kameras en champers met al my naaste vriendinne op die geustlist. Natuurlik was daar disappointment, maar die aand overall was magic. Al my vriendinne wat daar was het `n toast gemaak. Ek kan nie presies die woorde onthou nie, maar ek kan onthou wat ek gevoel het, asof ek ook vir eens iets vir iemand beteken het. En nou nog as ek na die foto’s kyk onthou ek daai aand, dit was die beste verjaarsdag ooit.

Ek is soos `n klein kind oor verjaarsdae, die opwinding, die koek, die geskenke. En elke nou en dan selfs op die ouderdom van 18 jaar en 363 dae vang ek myself dat ek nog op valentynsdag dink dat ek oor 6 maande verjaar. En dan op die 14de Julie is dit net een maand en so aan.

Vanadag is dit nog 2 dae voor ek 19 word, maar somehow het die verjaarsdag sy glans verloor. Hierdie jaar is die eerste jaar wat ek op my eie gaan wees. Weg van my familie en vriende. Ek weet dit sal weer beter gaan as ek eers weer goeie vriende hier gemaak het en `n sirkel opgebou het. Maar ek weet dit gaan tyd vat en defnitief nie binne 2dae gebeur nie. Daarom moet ek maar net vasbyt en deur dit kom. Maar dit maak dit nie makliker om te sluk nie. So hier is iets vir almal wat alleen is op hulle spesiale dag, daar sal weer beter tye wees,

     Soos hierdie…

No comments:

Post a Comment