Dood is seker een van die moeilikste dinge in die wereld om te aanvaar of te verwerk. My klein bietjie ervaring daarmee het my dit geleer en om die waarheid te se: I still bear the scars. Maar ek wil nie oor myself praat vandag nie.
Ek wil vandag praat oor een van my vriendinne wat van nou af `n baie swaar las gaan moet dra. Tam, ek weet dit maak ongelooflik seer en daar is niks wat ek kan doen om dit beter te maak nie. Maar jy weet ek is hier as jy wil praat. Ek sal luister en ek is jammer ek sit aan die ander kant van die land en ek kan nie meer vir jou doen nie. Maar dis soos jy in jou status-update se, hy is in `n beter plek. Ja, ek weet dis `n cliche en dit laat mens gewoonlik nie beter voel nie. Maar eendag wanneer tyd die meeste van die pyn weggewas het, gaan die besef jou darem troos. Hy sal nooit regtig weg wees nie.
Ek dra vandag almal wat vir Lesley geken het in my gebede aan God op en ek bid dat hy hulle vrede sal gee en uiteindelik die pyn sal gesond maak. Ek het nie hom self geken nie, maar ek kon sien hoe gelukkig hy jou gemaak het, Tam, en dit vertel my baie van hom.
Lesley RIP….
No comments:
Post a Comment