"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Saturday, September 18, 2010

Lengte is in die lug

 

Daar is min dinge in die wereld wat mens so goed laat voel soos lengte. Die groen blare wat uit kom en die bloeisels wat begin bot. In die week wat ek uit Stellenbosch was is dit asof die hele dorp getransformeer is in `n kwessie van 7 dae. Al die Eike bome is vol groen blare en die eekhorings begin weer uitkom, so ook al die voels.

Ek is persoonlik mal oor die winter. Ek is mal oor die koue en die idee van snuggle (as daai spesiale iemand net binne bereik was), maar daar is iets wat stagneer in die donker koue. Ek is nie lus om enige iets te doen nie en alle inspirasie is weg. Dis asof die koue die inspirasie in my laat vries. En tog pla dit my nie, anders sou ek nie so mal oor winter gewees het nie. Die rede daarvoor is dat ek weet die transformasie kom, die ontdooiingsproses is oppad.

In die lengte is dit asof daar nuwe lewe in my kom bot soos die bloeisels aan die takke. Dis asof daai laag ys smelt en ek kan weer skryf en droom. Dis asof my hart weer kan asem haal. Selfs al is die dae nog nie warm nie, kan ek nie help om die nuwe lewe in my te voel ontspring nie. Soos `n fontein daar erens in die berge.

So daarom is ek nou dankbaar om te weet dat die yslaag gesmelt het en te weet dat die warmer dae voorle. Letterlik en figuurlik.

Maar ongelukkig is daar ander dinge wat my gedagtes kwel op die oomblik, dinge waarop ek nie sal ingaan nie. Dinge wat ek liewer nie sal erken nie, maar waarmee ek ongelukkig moet saamleef.

No comments:

Post a Comment