"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Wednesday, February 16, 2011

Verlange

 

So ek is weer terug in die Kaap en vandag het ons in die Afrikaanse klas `n stuk gelees wat my aan die dink gekry het. Dit het oor verlange gegaan en kort na dit het ek finally my writer’s block gekom. Wie sou dink dat ek die inspirasie vir `n nuwe song in die sintaksis klas sou kry.

Die punt is dat ek begin dink het oor verlange en die betekenis van verlange vir my. Soos die reuk van die see wanneer ons van ver af aan gery gekom het vir `n vakansie by my ouma-hulle se huis in Knysna. Daardie sout reuk wat allerhande gevoelens by jou oproep. Herinneringe van vorige tye. Natuurlik roep dit ander paralelle herinneringe op soos die gevoel van die sand tussen jou tone en die yskoue water van die Atlantiese oseaan. Soos die sonsondergang oor die see vanaf my geliefde Brenton-on-Sea hotel wat `n paar jaar gelede afgebrand het en wat hulle nie weer wou opbou nie (RIP old friend). Ek mis daardie hotel so baie. Die beautiful houtwerk, veral die trappe en die balkon wat op die see uit kyk. Ons het altyd soontoe gegaan nadat ons by die see was, vakansies het ons practically daar geleef. Net soos die waterfront in die dorp waar ons ook baie tyd spandeer het. En die ferry-trips na die Knysna-heads toe waar ons altyd die staproetes gestap het. Ek onthou die grotte waarheen ons altyd na opgeklim het, daar waar my nefie een keer af geval het.

Tot later in my lewe. Die mooi stad waar ek my hart verloor het, op meer as een manier. Tafelberg en die mis wat soms oor die gebiede in sy hange gekom het. En die mense, die mense wat ek so baie na verlang en nie meer kan of mag sien nie.

Daar is so baie woorde wat ek met verlange assosieer. Klavier; braaivleis; biltong; chocolate; Drops of Jupiter; rugby; Tafelberg; rugby; weerlig en reën; JC le Roux; ens.

Ons het maar almal hierdie woorde wat ons as sinonieme vir verlange…

No comments:

Post a Comment