So ek was vandag vir die eerste keer by `n koshuisrugbygame, en dit was `n interessante ervaring. Om die die significance van die game duidelik te maak moet ek eers so bietjie agtergrond gee.
Almal wat op Stellenbosch was sal die manskoshuis Dagbreek ken (Jy weet mos…). Een van die trotste koshuise. Nou my pa en al my ooms was in Dagbreek en daarom het ek met daardie idee groot geword. So gelukkig vir my is ek nie `n dude nie ander sou ek probably ook moes Dagbreek toe moes gaan. En soos dit toe opeindig was my roommate se pa ook in Dagbreek gewees – actually min of meer dieselfde tyd as wat myne was. Ons het al die datums probeer doen, maar ons kan nie heeltemal seker wees of hulle saam in die koshuis was nie.
Anyway so die ding is my gunsteling manskoshuis op kampus is actually Eendrag. Dit het eers begin voordat ek op kampus was. Moenie vra nie (aai die liefde), maar in elk geval vandat ek op kampus was is daardie teorie bevestig deur `n klomp goed. Miskien nie die mees subjektiewe menig in die wereld nie, maar glo my hulle is awesome.
So toe Dagbreek vandag teen Eendrag rugby speel kon ek nie resist nie. My roommate deel gelukkig my gevoel oor Eendrag en so is ons saam na die velde toe vir die game. Eendrag het verloor, ongelukkig maar dit het niks aan die ervaring verander nie.
In die eerste plek koshuisrugby is `n nuwe ervaring vir iemand wat gewoond is aan regte egte rugby en hier staan die mense sommer tot in die middel van die veld en cheer. Daar is ook nie `n scoreboard nie en jy moet maar net raai wat aangaan. Maar jy kan gelukkig aflei uit die ouens se reaksie.
Anyway toe is ons daar met die doel om vir Eendrag te cheer. My pa weet nog nie eers daarvan nie en ek dink ook nie ek gaan hom vertel nie (hy onterf my dalk net). Maar my roommate het wel besluit om haar pa dit mee te deel per email en kort daarna het sy `n antwoord gekry: “Hoekom julle vir Eendrag sal skree sal ek nie weet nie. Miskien is dit net een of ander vorm van masochisme. Gaan lê liewer op julle beddens tot dit oorwaai.” Dit was hilarious en ek dink dit verdien `n mention.
So Eendrag het toe nie gewen nie. Maar dit het nie my opinie oor hulle verander nie. En koshuisrugby is defnitief iets wat elke mens een of ander tyd in hulle lewens moet ervaar. Maar as jy `n rugbyfan is moenie goeie rugby verwag nie, dis maar net die ervaring…
No comments:
Post a Comment