Vir redes wat meeste van die tyd in die duister vir my is, het ek filosofie as `n vak. Meeste van die klasse slaap ek, die klasse waar ek nie slaap nie let ek nie op nie. En in die klasse waar ek wel oplet is ek tot die dood toe verveeld. In my opinie is al die filosowe wat ons behandel, total nutcases.
Maar iets het my laat dink wat ons behandel het in ons huidige module. Ons het die hervorming van die kerk in die middeleeue en die oorloë tussen die katolieke en die protestante behandel. Een van die groot strydpunte was die bestaan van vrye wil of nie. Die katolieke het geglo dat vrye wil bestaan omdat mens deur grond van skuldbelydenis in die Hemel kan kom. Terwyl die prot estante geglo het dat vrye wil nie bestaan nie omdat jy voorafbestem is om Hemel te gaan of nie.
Ek het bietjie daaroor gedink en ek dink nie hierdie is `n debat van vrye wil nie. Ek kom uit `n protestante agtergrond en daar is baie dinkge van die katolieke wat ek nie verstaan nie. Wat ek wel glo is dat mens nie op jou skuldbelydenis en goeie werke gered kan word nie. Daarvoor is God te almagtig en mense te onbelangrik om enige iets vir hulleself te vermag. Dit is hoekom Jesus Christus aan die kruis vir ons sondes gesterf het. Sodat ons sondes vergewe kan word. Daarom is die enigste manier wat ons gered kan word om Sy genade te aanvaar en sy dienaar te word. Om `n persoonlike verhouding met Hom op te bou. Daarom moet ons nogtans ons skuld bely om meer soos Hy te word en sodat ons sy liefde kan uitleef teenoor die mense om ons. Maar God is genadig en deur Jesus Christus sal ons vergewe word. Maar ek glo daar bestaan vrye wil. Dat God ons wel met vrye wil gemaak het sodat ons die geskenk van sy genade kan aanvaar en sodat ons ons eie besluite kan maak.
Ek kan nie beskryf hoe vrye wil moontelik is , soos die filosowe probeer nie. Want ons is eenvoudige mense en alhoewel ons in Sy beeld geskep is, is ons vermoë baie beperk. En ons sal nooit, ooit kan verstaan hoe God se weë werk nie. Hy is almagtig en Hy het ons geskep. En vir een of ander rede, wat niks met die mens self te doen het nie, wil Hy `n verhouding met ons hê. Soos `n Pa met sy kinders. Al wat ons hoef te doen is om Sy geskenk van genade te aanvaar en ons harte oop te maak.
No comments:
Post a Comment