Waar het die tyd heen gegaan wonder ek hier waar ek nou sit. Voor ek my weer kan kry is dit alweer eksamentyd. Daai laaste 4 weke voor die vakansie waar jy skielik rekenskap moet gee van al die ekonomieklasse wat ek nie in opgelet het nie en al die filosofie-klasse waardeur ek geslaap het.
En dit beteken gewoonlik baie goed vir my onder andere `n skielike ontsnapping van `n serious case van writer’s block en ‘n huge oordosis aan Hot Chocolate. Laasjaar was dit DCM se hot chocolate maar hierdie haar het by Java vasgehaak. Meestal omdat jy whipped cream op kry, die lekkerste in die wereld. En die writer’s block. Ek het al agter gekom dat wanneer ek aan `n baie serious case van writer’s block suffer is die enigste ding wat dit kan cure die skielike aanbreek van bloktyd vir eksamen. Ek weet nie, miskien is dit `n advance vorm van procrastination. Almal se gunsteling tydverdryf hierdie tyd van die jaar. Jy kan maar gaan kyk op facebook. Elke tweede status-update bevat die woord. Ek is ook baie bekend met die konsep, ek kan aan baie maniere dink om die hobby te practise. Soos byvoorbeeld facebook, gaan stap, movies en series kyk (baie) en natuurlik Neelsie toe loop om te gaan hot chocolate te gaan koop.
Julle sal oplet dat leer nie `n baie groot prioriteit op my eksamentyd te-doen-lysie is nie. Maar eksamen op universiteit is `n baie ander ervaring as op skool. In die eerste plek jy skryf omtrent net een vraestel `n week. So leer en eksamen skryf is eintelik `n baie klein persentasie van eksamentyd self. Maar daar is geen manier om die eksamenatmosfeer in die die koshuis te mis nie. Dis erger as in `n begrafplaas. Ek vermoed al die ander mense in die koshuis vat eksamen baie erenstiger as ek op. Dit was `n duur les wat ek gister geleer het toe ek `n vraestel geskryf het waarvoor ek heeltemal te min geleer het. Vandag se vraestel het ek darem baie meer voor geleer.
Intussen gaan ek voort met my hobby van procrastinating. Op die oomblik doen ek dit deur `n nuwe taal te leer. En ek moet erken dat dit Elvish is, want my Lord of the rings addiction het net geen einde op die oomblik nie. Elke keer dink ek ek sal dit uit my sisteem kry as ek die movies nog `n keer kyk, maar elke keer help dit niks. Ek sal seker een of ander tyd moeg raak daarvoor, hopelik…
No comments:
Post a Comment