"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Sunday, May 29, 2011

Second time maybe…

 

Ek gaan die tiende Junie vir my bestuurslisensie… vir die tweede keer. Die eerste keer was kinda traumaties, om die minste te sê. Ek het die parkering verbasend reg gekry, maar net toe ek uitry by die ally-docking, toe ry ek `n paaltjie raak en dop dadelik.  Ek was siek en moeg en so op my senuwees, ek het ure daarna nog gebewe van die nerves. En ek het nog die vorige aand semestertoets geskryf. Maar dis maar alles net verskonings. In my hart het ek geweet ek is nog nie reg nie.

So graag as wat ek wil he dat dit natuurlik moet kom, struggle ek met `n ratkar. En daar is niks wat ek eerder as my lisensie wil he op die oomblik nie. My pa-hulle het self `n kar gekoop waarmee ek kan ry as ek my lisensie kry. Maar ek voel nie seker nie. Almal se ek moet positief dink, maar ek kan regtig nie positief voel op die oomblik nie. Meeste mense wat ek raakloop het hulle toetse eers op die vierde keer geslaag en my learners verval aan die einde van Junie. Dan moet ek eers weer vir `n nuwe learner’s gaan en ek weet nie of ek daarvoor kans sien nie.

Ek weet nie of ek oor dit sal kom as ek weer dop nie. Al die geld wat dit kos en al die moeite en trauma. Ek dink nie ek sal ooit oor dit kom nie. So, ek is baie gespanne op die oomblik en ek weet nie hoe om dit te hanteer nie. My ma sê ek moet vir my kalmeerpille kry, maar ek weet nie of dit die slimste ding is om kalmeerdrugs te drink net voor ek vir my driver’s toets gaan nie. En ek weet nie eers of dit sal help nie. Daar is soveel wat ek nie weet nie, soveel dinge wat hulle gaan toets.

Dus kan ek nie help om te voel of ek gaan dop nie. Al wat ek kan doen is om te hoop en bid dat dalk net miskien dit op die tweede try kan kry…

No comments:

Post a Comment