Ek het gister iets gelees wat my baie, en ek bdoel baie onstel het. In die November-uitgawe van `n sekere tydskrif, wat ek nie hier sal noem nie, was daar `n artikel wat vir my nou so onstellend was. Ek lees baie goed in tydskrifte wat my mildly irriteer, meestal omdat ek baie tydskrifte lees en dit nie altyd insiggewende leesstof is nie. Maar hierdie artikel was juis so upsetting omdat dit iets probeer hanteer wat die skrywer van die artikel duidelik nie veel van weet nie.
Hipersensitiwiteit, soos hulle dit noem. Blykbaar word dit by mense gediagnoseer. Ja, gediagnoseer want apparently is dit een of ander sielkundige kompleks, soos so baie ander “komplekse” wat die noble sielkundiges uitdink om net nog meer geld uit mense te kry vir iets wat hulle by die girl agter die till by Spar kan kry. Soos julle kan agter kom, glo ek dat sielkunde oor die algemeen rubbish is. True, daar is sekere toestande wat regtig `n probleem is en waar mense hulp nodig het. Maar oor die algemeen is mense hopeloos te kompleks om hulle te “bestudeer” aan sekere reëls of teorieë.
Nou ja, hipersensitiwiteit is blykbaar `n toestand waar iemand baie sensitief is nie net vir hulle eie gevoelens nie, maar ook vir ander mense s’n en selfs alle sensoriese data wat mense oorval word mee op `n daaglikse basis. Hierdie kan ek mee saamleef. Wat my irriteer begin by die sub-opskrif: “hoe jy dit kan oorkom”. So, duidelik is hierdie een of ander siekte wat jy moet oorkom en dit word duidelik as `n negatiewe ding gesien. Verder was dit onstellend om te sien dat hulle meen jy word `n introvert en dat dit verander moet word.
Dit is so duidelik van vandag se persepsies oor mense. Enige eienskap wat mense nie verstaan nie, word dadelik as een of ander sielkundige probleem gebrandmerk. Ek het nog altyd geweet dat ek “hipersensitief” was, maar ek het nog altyd gedink dat dit een van die eienskappe van myself is waarvan ek actually hou. En apparently is dit een of ander sielkundige afwyking. Nie dat ek dit glo nie, dit irriteer my net dat mense `n artikel skryf wat so oningelug is en aanhou om negatiewe persepsies te skep. Hipersensitiwiteit is nie `n siekte wat gesond gemaak kan word nie, dis `n eienskap waarmee jy gebore word en dis nie iets sleg nie. Net so word introverte nie geskep nie en dis ook nie iets negatief soos my LO-onderwyser op skool ons wou maak glo nie. Dit is wie jy is en dit is wat jou uniek maak.
Ek wens mense wil net ophou met hierdie persepsies wat hulle skep en mense laat glo daar is fout met hulle omdat hulle is wie hulle is. Wat is normaal nou eintelik en wie is “normaal” genoeg om dit te meet?
Nou ja, op meer insiggewende artikels in die toekoms...
AMANDA
No comments:
Post a Comment