Nou die aand praat ek en my roommate oor iets. Sy vertel my van `n meisie ins ons koshuis wat die oggend aan die ontbyttafel gesê het dat sy haar geloof in God verloor het. Nou dis altyd sad as dit gebeur, maar dis ongelukkig die realiteit van die wêreld waarin ons leef. Die samelewing het so sekulêr geword dat dit al hoe meer gebeur. Dis moeilik vir mense om aan hulle geloof vas te klou wanneer dit konstant ge-challenge word.
Veral op universiteit waar jy aan soveel goed blootgestel word en veral in `n kursus soos BA waar jy al die radikaalste perspektiewe raakloop wat heeltemal anders is as die waarmee jy groot gemaak is. Ek het deur some strange loop van omstandighede filosofie gevat en dit is nou al die derde jaar wat ek dit het. Filosofie is `n komplekse vak, daar is baie min gevalle waar dit geen effek op `n mens het. Meestal is daar een van twee reaksies daarop. Jy word of ingetrek in die views van die meeste filosowe in of jy leer jouself beter as ooit ken. Jy leer presies wie jy is en wat jou waardes is en jy leer die kuns aan om aan daardie waardes vas te klou, maak nie saak hoeveel dit bevraagteken word nie.
Ek is geseënd in die sin dat ek sover die laaste effek gehad het (ek sê sover omdat ek nog `n semester en `n half oor het om te gaan). Nie dat dit `n maklike proses was nie. Ek het filosofie gehaat in my eerste jaar, juis omdat ek nog nie dit kon regkry nie. Ek dink ek was bang daarvoor, bang om myself te verloor in hierdie nuwe wêreld. Maar in my tweede jaar het ek skielik, deur baie persoonlike struggles en gebed, ontdek dat filosofie eintelik `n blessing in disguise was. Ek het geleer om myself te distansieer van die perspektiewe, om te besluit wat ek mee saamstem en om dit in die konteks van my waardes te meet. Ek het geleer dat my waardes reg is vir my en ek het die reg om alles daarteen te meet, maak nie saak wat my dosente vir my sê nie. En so het die dosente wat baie moontelik my wou indokterineer met van die filosofiese standpunte (maak nie saak of `n dosent sê hy wil jou help om jou horison te verbreed nie, eintelik wil hy jou maar net brainwash) dit reg gekry om my te leer om aan my waardes en geloof vas te hou in `n wêreld waar dit kort-kort bevraagteken word.
Ek het nou `n lang detour gevat, want ek wil eintelik oor geloof praat. Ek voel jammer vir die mense wat vir almal wat wil hoor vertel hoe hulle net op hulle logika en rede staatmaak en alles krities bevraagteken, want die waarheid is dat hulle nie die beperktheid van hulle eie verstand besef nie. Die waarheid is eenvoudig: ons kan nie alles in die wêreld met `n menslike brein verduidelik nie en ons sal nooit kan nie. En as jy probeer, mis jy die meeste van die beste dele van die lewe. Meeste van die mense wat nie in God glo nie het vreeslike redes en argumente as grond vir hulle keuse. My persoonlike opinie is om nie met sulke mense te probeer argumenteer nie, want so graag as wat hulle wil glo dat hulle open-minded is, weier hulle ook om na enige teenargumente te luister of om hulleself toe te laat om enige iets anders te glo.
`n Ander meisie aan die etetafel het blykbaar gesê dat die ander meisie se ongeloof haar eie twyfel besweer het en so word bewys dat God mense gebruik of hulle nou wil gebruik word of nie. Dis scary in `n sin omdat jy nie weet watter groot impak jy miskien op iemand se lewe het nie. Ek kan net bid dat ek nie perongeluk of indirek iemand skade aandoen nie.
Ek weet dat daar waarskynlik nie meer as 3 mense is wat hierdie blog lees nie, maar ek wil hierdie dinge skryf, net vir ingeval dit iets vir iemand daar buite kan beteken. DIe een sin wat in my struggles vir my die meeste beteken het is: “Twyfel is menslik, ongeloof is `n keuse.” Dis moenie laat klein goed jou uit-freak nie. Leer om vas te hou aan wie jy is, jou waardes en jou geloof en moenie laat mense wat dit bevraagteken jou confidence shake nie. Al hulle logiese argumente beteken nie hulle is reg nie en dit gaan defnitief nie hulle lewens of harte vol maak nie.
Tot `n ander keer….
No comments:
Post a Comment