"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Friday, April 13, 2012

Cosmic love

 

Sommer net.. (49)

Red heart  Soos ek al baie voorheen genoem het, ly ek aan `n sekere soort siekte wat maak dat ek net geïnspireerd is wanneer dit eksamentyd is of ek `n hoop werk het. Case in point: ek moet vrydag `n predikaattoets skryf en twee opstelle inhandig. Maar ek het meeste van my naweek spandeer deur my fairy-tale (wat ek al maande aan skryf) te lees en te edit. En dit het my gebring by die begrip van cosmic love. Iets wat ek baie hard probeer om in my storie in te bring. Met sommige hoofstukke kry ek dit reg, en dan lees ek dit weer raak in `n boek of sien dit in `n movie en dink: Damn, ek gaan dit nooit regrky nie.

 Cosmic love is `n begrip wat ek uitgedink het. Dit het per toeval niks met die song van Florence + the machine uit te waai nie (alhoewel dit `n AWESOME song is). shakespeare se woord daarvoor was “starcrossed lovers” in Romeo & Juliet. Alhoewel ek huiwerig is om die ou tweetjies in te sluit in my denotasie van cosmic love. Daar is `n spesifieke rede waarop ek nie nou te diep sal ingaan nie.

Om mee te begin wil ek net state dat my konsep van Cosmic Love gebaseer is op gevalle in movies en spesifiek fantacy-movies. Nie dat ek nie glo dat dit nie in die werklikheid kan bestaan nie, want ek glo daarin. Maar ek die konsep spesifiek afgelei van movies af. En om dit duidelik te maak, dit is nie alle movie-couples wat voorbeelde van cosmic love is nie, inteendeel die minderheid is.

So nou bring dit my by die eienskappe van cosmic love. Bo en behalwe die obvious stuff soos dat dit `n epic romance moet wees, die tipe wat legends define en kingdoms kan red of grond toe bring – is daar sekere ander eienskappe wat cosmic love define. Die eerste ding is honour, dat ten spyte van die intense liefde wat die twee mense deel, hulle altyd duty en die greater good bo hulleself stel. Cosmic love is ook onselfsugtig, een van die twee lovers sal ook dikwels hulleself vir die ander een sacrifice. Dit is hoekom baie van die stories in tragedy eindig. `n Tweede belangrike eienskap is hoop. Cosmic love is altyd vol hoop vir `n beter toekoms saam.

So dis cosmic love en dit is baie moeilik om vas te vang of presies te beskryf. Al wat ek weet is dit is sterker as enige magic wat nog ooit uitgedink is in enige fantacy movie…

 Red heart

No comments:

Post a Comment