"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Wednesday, May 1, 2013

Abusive vriendskappe

 

Emotional abuse word al hoe meer in tydskrifte gesien en veral vrouens word daarteen gewaarsku. Daar is verskeie simptome en waarskuwingstekens wat ek nie nou oor gaan praat nie. Wat ek eintelik hier wil noem is dat dit in meer gedaantes kom as wat mens dink.

Case in point:

My laaste twee jaar op laerskool was ridiculous gewees. En ek bedoel soap-opera rediculous. Ons was 12 en 13, maar couples het op mekaar ge-cheat en daar was beslis meer emosionele drama as wat gesond was vir daardie ouderdom.

Binne hierdie morsige omgewing was ek deel van ’n groep van vier vriendinne. Ons was ’n baie klein jaargroep en almal het almal geken, meer as dit…almal het oor almal geskinder. Een van hierdie groep was ’n meisie, kom ons noem haar Lana*. Sy was nie mooi of charming of regtig enige iets nie, maar sy het ’n tipe damaged magnetism gehad wat mense soos vlieë om haar gevange gehou het.

Lana het ’n baie sad geskiedenis gehad, jy weet afwesige ouers, moeilike omstandighede en disastrous besluite as gevolg daarvan. Almal wou altyd daar wees vir haar, maar enige vriendskap met haar was soos ’n tipe van verslawing: Jy weet hoe sleg dit is vir jou selfbeeld, maar dit voel so goed om te voel dat jy regtig iets in iemand se lewe beteken.

Ek was 13, so ek gaan nie maak of iets van die lewe of van mense geweet het nie. En ek is natuurlik baie skaam vir wie ek was daardie tyd. Hierdie post kan ek net met die wysheid van retrospek skryf. En as ek terugdink kan ek nie imagine hoekom haar approval so big deal vir my was nie. Miskien was dit die feit dat niemand dit ooit gekry het nie. Selfs as sy vir my briewe geskryf het van hoe goeie vriendin ek is en hoe baie ek vir haar beteken, was daar ’n superiority daaraan, asof ek maar net ’n klein dogtertjie was wat veldblommetjies vir haar juffrou pluk wat dan net in die asblik gegooi word.

Al drie van ons het onder hierdie tipe simptome gely, wat dit erger maak want deep down het dit in ’n tipe van kompetisie ontaard, wie gaan sy vandag vertrou of inlaat. Agter af sou ons praat oor hoe ons nie meer kan saamleef met haar belaglike mood swings nie en dat sy ons net beledig en afbreek, maar die oomblik as sy die dag beter vriendinne was met een van ons, het ons op mekaar gedraai. Haar aan-en-af boyfriend van toe, het ook hierdie sindroom opgetel. As hulle bymekaar was het hulle baklei en mekaar gek gemaak, maar as hulle nie bymekaar was nie, was hy obsessief oor haar. Hy wou die heeltyd weet wat sy doen en het kommentaar gelewer oor hoe sleg haar keuses was.

Uit my (lagwekkende) dagboekinskrywings van daardie tyd, kan ek aflei dat ek wel geweet het hoe distruktief ’n vriendskap met haar was, maar sy het jou altyd laat voel of sy jou nodig het, en dit vat baie innerlike krag om weg te loop van dit af. Dit was eers toe ek hoërskool toe is en sy weggetrek het, dat ek clarity gekry het. Die oomblik wat ek daar wou wees vir haar, het sy die cloak van superiority en disapproval aangeneem. Sy het my dikwels beskuldig van allerhande goed. Maar toe op my eie voete gestaan het en my eie lewe met nuwe vriende begin kry het, het sy ewe skeilik soos ’n mossel vasgeklou aan ons vriendskap en my beskuldig dat ek haar afskryf.

Ek kon net nie wen nie. Die enigste manier was om heeltemal kontak te verbreek. Dit was baie moeilik, en miskien het ek dit nie reg hanteer nie, maar dit was die een ding waaroor ek nog nooit spyt was nie. Ons het later jare weer begin praat en ek het gevind dat sy net nie meer dieselfde effek het op my nie, maar ons sal nooit close vriende kan wees nie.

Dis seker baie unfair om al hierdie disfunction voor Lana se deur te lê. Ek ontken dit nie, ons was jonk en die situasie was grootliks ’n gevolg van ons swakhede en die behoefte wat die meeste kids van daardie ouderdom het om in te pas en te voel iemand het hulle nodig. En natuurlik het sy ’n harde lewe gehad en sy het meer as waarskynlik nie al hierdie goed bewustelik gedoen nie. Sy het hulp nodig gehad, maar nie een van ons was equipped om dit vir haar te gee nie, en dit is wat ons almal ge-scar het.

Deur my lewe het hierdie ’n groter impak gehad as wat ek bereid was om te erken. Meeste van my vriendskappe was dysfunctional op een of ander vlak. In die meeste gevalle was dit iets soortgelyk waar mense net in my vriendskap belang stel as hulle ’n skouer nodig het om op te huil. En vandat ek op universiteit is, laat ek nie sommer mense naby my toe nie. Nie dat ek ooit regtig het nie, maar dis baie erger nou.

Ek moet erken, ten spyte van alles het ek in my lewe wel al baie goeie vriendinne gehad. Mense wat daar was vir my en wie ek bly was om die skouer te wees vir hulle wanneer hulle my nodig gehad het.

Een van my beste en oudste vriendinne Lily*, was juis een van daardie vier op laerskool en ten spyte van daardie situasie het ons op hoërskool baie goeie vriendinne geword. Ek was so 2 jaar gelede strooimeisie op haar troue en sy is nou baie gelukkig getroud en swanger. Ek hoop net die beste vir haar en die kleintjie oppad.

Dit is juis uit hierdie tipe situasies waar jy jouself die beste leer ken, en êrens binne jouself die krag vind om deur die web te breek. Maar dit het nie noodwendig ’n happy ending nie, want jy verloor iets van jouself. In my geval die vermoë om mense sonder enige voorwendsel in te laat.

No comments:

Post a Comment