"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Monday, June 3, 2013

Dag 3

 

Ek is trots om te sê dat ek nog nie opgegee het na 3 dae nie. Dit klink dalk nie soos veel nie, maar dit is vir my.

Foto 3 Junie

Hierdie foto het ek vandag geneem op pad om my tradisionele eksamen-lange craving vir Java-hot chocolate te bevredig. Die drie dagse reënstorms was nog op ons en hierdie foto was die oorsaak van ’n verlies aan iets wat baie vir my beteken het. ’n Sleutelhouer wat aan my handsak se zip was en afgeruk is toe ek my kamera probeer uithaal het terwyl ek met een hand nog die sambreel moes vashou. Dit klink dalk nie na veel nie, maar dit was die geskenkie vir die gaste by my beste vriendin se troue so ek is nogal sad daaroor.

Daar is egter min dinge wat die skoonheid van die reën nie kan regmaak nie. So ook die glimlag van ’n vreemdeling oor die Hot chocolate omdat daar so baie room bo-op is dat mens skaars ’n doppie kan oppas. Die hot chocolate self het ook baie vir my gemoed gedoen, ten spyte van die koue, ’n aaklige opstel wat net nie wil weggaan nie en ’n pyn in my rug wat ek nie heeltemal van ontslae kan raak nie, omdat ek nie kan rus nie.

Origami 3 Junie

Hierdie was my poging tot origami vir vandag. Dis ’n haas by the way en ek vergewe jou as jy dit nie geweet het nie. Hierdie hase is nie naastenby so mooi (of distinctive) soos die hase wat Alice vou nie. Maar ek het probeer. Eers wou ek ’n draak vou, maar ek het vinnig dit opgegee. Die key is om stadig te begin – met ’n misvormde haas.

No comments:

Post a Comment