"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Sunday, June 2, 2013

Langtermyn projekte

 

In die spirit van eksamen en procrastinating het ek, in die middel van ’n naweek waar ek die meeste moes werk, ’n artikel gelees van mense wat projekte oor ’n jaar aanpak en elke dag iets doen, byvoorbeeld iemand het elke dag ’n nuwe stempel uit ’n uitveër gesny.

So ek het besluit om dieselfde te doen. Nie stempels nie, maar iets anders. Ek het twee projekte gekies en besluit om vir eers dit net vir die maand te doen.

Die eerste een is fotografie. Ek het besluit ek gaan elke dag ’n spesifieke foto neem in die hoop dat ek met die tyd meer instinktief die beginsels van komposisie sal oplet (soos ons foto-joernalistiek dosent ons geleer het). Ek kan niks belowe nie.

Ek het juis begin op 1 Junie en vir eers het ek dit oorweeg om ’n spesifieke tema te kies, maar op die ou einde het ek besluit om vir die maand dit ’n dagboek-ding te maak. Elke dag ’n foto te neem van iets significant wat daardie dag gebeur het.

Junie 1:

Foto 1 Junie

Junie 2:

Foto 2 Junie

Dan het ek ’n tweede een ook gekies. My suster is baie goed met origami en ek wou nog altyd dit gedoen het. So ek het besluit om dit te probeer vir die maand. Elke dag gaan ek iets nuut probeer vou, en ek kan beslis nie enige sukses guarantee nie.

Junie 1:

 Origami 1 Junie Origami 1 Junie (2)

Vir die eerste dag het ek twee eenvoudige koeverte probeer en dit was maklik genoeg. Ek kon myself amper oortuig dat dit nie so erg gaan wees nie.

Junie 2:

Origami 2 Junie

Die tweede dag was effens moeiliker. Ek het begin deur ’n padda te probeer vou. Dit het baie sleg geëindig. Daarna het ek ’n vliegtuig probeer vou en dit het goed genoeg gegaan, maar ek het dit op laerskool gedoen, so ek het besluit dit tel nie. Daarna het ek die Red heart  probeer en dit het goed genoeg uitgekom, maar dit was nie so maklik om dit so te kry nie. Ek het meer as een keer gewonder waar ek nou eintlik moet vou en meer as een keer soos ’n total idiot gevoel. Uiteindelik het ek dit reggekry en hopelik sal dit al hoe makliker begin word.

Ek sal aanhou om te blog oor die projek en my ervarings daaroor en hopelik bring dit meer inspirasie as wat ek voor gehoop het.

No comments:

Post a Comment