"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Wednesday, August 31, 2011

Oor eekhorings en ander distractions…

 

Squirrel hunt (1)

Ek weet nie of ek al voorheen dit genoem het nie, maar ek is mal oor ons koshuiskamer. Dit kyk uit op die botaniese tuine en die venster is reg by die takke van `n huge boom wat die huis is van baie wildlife. Op die positiewe kant is die adorable eekhorings waarvan ek hier `n foto geneem het -  uit die venster uit, die diefwering is nie juis fun nie. Aan die negatiewe kant is is die swerm freakin’ hadidas wat ons gek maak. Hulle is juis besig met een van hulle bekgevegte terwyl ek hier skryf. Hulle is beter nou, daar was `n tyd `n week of twee gelede waar hulle letterlik aanmekaar geskree het, sonder ophou. Ek het op `n stadium na die tyd gekyk en half 2 in die oggend was hulle nog aan die gang.

Maar terug by die  eekhorings. Aangesien ek van Gauteng af is, het ek nooit in my lewe `n eekhoring gesien voor ek Stellenbosch toe getrek het nie, Ek is baie seker dat my kamermaat  gedink het  daar is erenstig fout met my, aangesien sy in Stellenbosch bly. Maar ek kan net nie kom oor hoe cute die goedjies is nie. Jy wil hulle net cuddle soos `n puppy, dit is nou as hulle jou nie sal attack as jy te naby aan hulle kom nie. En in ons kamer kan ek hulle heeldag dophou waar ek by my lessenaar sit terwyl hulle op en af hardloop op die takke buite die venster. Dis nie noodwendig `n goeie ding nie, aangesien ek ook somtyds moet werk en hulle is nogal volop.

En ek het uiteindelik `n foto van een geneem gekry. Dit terwyl ek actually `n politieke wetenskap opstel moes skryf. Maar dis darem iets wat ek van my varsity bucket list af kan tick. Die volgende ding wat ek van die lys af moet check is om actually die lys op te stel. Dit aside, ek dink dis dalk eekhoring mating-season, want daar’s die heeltyd 2 van hulle bymekaar en hulle maak die heeltyd hierdie weird, maar adorable, noises.

Op `n ander noot wil ek net mention dat my kamermaat laas week haar license gekry het en ek is baie bly vir haar. Twee dae later het sy `n kar gekry en nou ry sy met Vincent rond. FYI Vincent is haar kar se naam. Al wat hy kort is Red Bull racing seat-covers.

Distractions aside en die kwartaal is op sy einde. Na my opstel en toets vroeër die week, het ek amptelik niks meet om te doen nie en ek sien baie uit daarna om net rond te hang en niks te doen nie. Alhoewel ek tecnically nog moet klas toe gaan. Ek het vandag klaar gemaak met godsdiensfilosofie en ek kan nie glo ek was laas semester so bekommerd daaroor nie. Dit is  glad nie so erg soos wat mense  dit probeer maak met al daardie stories om jou bang te praat nie. En ons professor was die eerste filosofie-dosent wat actually passievol oor sy vak is. Al kan hy uit persoonlike ervaring getuig dat filosofie `n gevaarlike besigheid is...

So, ek is amper op vakansie en die hadidas begin weer skree so daarmee los ek julle...

AMANDA

Tuesday, August 23, 2011

Observer

1

So, ek besef dat ek vir `n rukkie nie ge-post het nie. Maar vanaand het ek vir die eerste keer in `n hele paar dae iets om oor te blog. Om mense te lees. Ek sal nie sê ek’s goed daarmee nie, maar dis iets wat ek agter gekom het dat ek nogal geniet en kan doen so af en toe. Party mense is makliker om te lees, ander is soos om `n spesifieke woord in `n ensiklopidieë te soek.

Ek het al baie artikels daaroor gelees en vanaand weer een oor body language. Baie mense probeer baie hard om `n science daarvan te maak. Om spesifieke boodskappe of gemoedtoestande aan `n sekere gebaar te koppel. Soos wanneer mense se pupille groter en kleiner word wanneer hulle belangstel in iemand. Daar is ook ander tekens wat hulle so gereeld in tydskrifte noem. Ek’s seker hierdie goed is alles waar en dat mense dit uitgevind het met uitgebreide studies. Maar wanneer jy in geselskap is, vat dit baie training om actually te begin oplet na hierdie klein goedjies.

Ek dink dis `n baie meer instinktiewe aanvoeling. Ek was nog altyd oorsensitief vir hierdie tipe goed. Mens moet ander mense se emosies en gemoedtoestande kan optel en aanvoel. Ek kan dit seker nie presies verduidelik nie. Kan mens ooit `n intuïtiewe aanvoeling verduidelik? Ek dink nie so nie. Maar selfs dan moet jy nog steeds goed oplet na die mense want jy moet daardie emosies van iets kan aflei.

Ek het nog altyd gevoel of ek meer van `n observer is in die samelewing. Ek hou daarvan om op die rand te staan en mense net dop te hou. Te lees, en te verstaan. Maar dit raak lonley partykeer, baie keer...

Maar nou ja, miskien sal ek eendag oor dit kan kom. Tot dan toe...

AMANDA

Thursday, August 18, 2011

Hoop

 

Sommer net.. (36)

Hierdie is die drie dinge wat die lewe die moeite werd maak om te lewe. Alhoewel die ander twee net so belangrik is, wil ek vanaand oor hoop praat. In hierdie maand se Leef staan daar:

Hoop is om die melodie van die toekoms te hoor.

Maar ek dink hoop is baie meer as dit. Hierdie line, al is dit beautiful, impliseer dit dat jy half seker is dat die toekoms goeie goed inhou. Terwyl hoop nie noodwendig sekerheid impliseer nie. Hoop is om teen alle sekerheid in vas te klou aan die idee dat dinge dalk net mag beter word en dat daar iets beter vir jou voorlê. Selfs, al druis dit teen alle logika in.

Hoop hou mens aan die lewe en as jy eers hoop verloor, bly daar nie veel vir jou oor nie. Vandag het hoop my deur `n baie rowwe uur van twyfel gekry. Ek kan die Here net prys daarvoor. Hoop is `n keuse, jy kies om dit te sien oral om jou. Om hoop te vind in die wêreld om jou en in God se skepping. Vandag het ek hoop in die reën gevind.

Hopelik sal daardie hoop my verder kan dra deur `n paniekbevange tyd.

Tot dan toe...

AMANDA

Monday, August 15, 2011

Ballon-tyd

 

Sommer net.. (38) 

Soos mens seker van my baie melankoliese post gister af kon lei, was dit gister my verjaarsdag gewees. Dit was nie so bad as wat die post dit moontelik kon laat klink het nie. Maar daar was nog `n paar mense wat vergeet het. Maar daar is niks wat ek daaraan kan doen nie en ek moet maar daarmee vrede maak.

Maar dis nie waaroor ek wil skryf nie. Waaroor ek wel wil skryf is hoe mens altyd dink oor jou verlede en oor jou toekoms op jou verjaarsdag. Daai idee van wie jy was 7 of 10 of selfs 15 jaar gelede. En veral as jy 20 word, dis daai weird idee van ek is nou 2 dekades oud. Natuurlik as jy my suster en my kamermaat glo is ek nou oud en oor die muur. Maar die lewe eindig seker nie op 20 nie, doen dit? Hel, ek hoop nie so nie.

Maar terug by die punt; hierdie gedagtes van my gister is aan die gang gesit in die Spur in Gordon’s Baai. Ek was daar saam met van my familie-lede. My 2 jongste nefies was heel happy in die speel-area die hele tyd en glad nie gewillig om terug te kom tafel toe die kos kom nie. Maar die kleinste enetjie (nou 6) was dadelik weer tevrede toe daar `n vrou omgekom het wat balloon- animals gemaak het. Maar later het sy ouer broer perongeluk die ballon dinosaur gebars en die kleintjie was ontroosbaar vir `n hele rukkie. Net oor `n ballon wat gebars het.

En dit het my laat dink. Hoe baie ek verlang na toe ek so was. Toe op `n spesifieke oomblik die hartseerste ding in my lewe op `n spesifieke oomblik was dat `n ballon gebars het. Ek weet ek het al voorheen hierdie jaar gedink oor die skoonheid van so klein wees. Hoe meer ek daaraan dink, hoe meer wens ek dat ons nooit hoef groot te word nie. Dat mens altyd so oop vir ervaringe kan wees dat klein en eenvoudige dinge soos `n ballon wat bars jou so intens kan raak dat jy ontroosbaar kan wees daaroor.

Maar ons kan nie altyd klein bly nie en die lewe brei mens. Dit maak jou hart hard as `n verdedigings-meganisme. Dit hou ons sane in die middel van hierdie screwed-up samelewing waarin ons lewe. Ek wens dat ek dit kon avoid op een of ander manier, maar ek het die tekens aan myself agter gekom. Miskien is daar `n manier om die proses te reverse, miskien is dit `n keuse wat jy maak. Jy kies om die harde dop oop te kap, maar ek is nie seker hoe nie. Op hierdie stadium sal dit waarskynlik teen al jou instinkte in gaan.

Maar miskien sal ek een of ander tyd my hart weer heeltemal kan oopmaak vir die lewe, sonder die vrees vir seer kry. Maar dit gaan nie oornag gebeur nie.

Tot dan toe...

AMANDA

Sunday, August 14, 2011

Verjaarsdae

 

13 Augustus 2011

Friends (51)

Ek het al voorheen my gevoelens oor verjaarsdae genoem, so ek gaan dit nie weer herhaal nie. Maar dis waarskynlik hoog tyd dat ek groot word en van hierdie siening van verjaarsdae vergeet. Want die probleem daarmee is dat dit mens net opsit vir teleurstelling, jaar na jaar. Ek weet nie wanneer ek ooit gaan leer nie.

Verjaarsdae is nogal  `n groot issue in vandag se samelewing. So erg dat baie mense hulle identiteit daar aan koppel en ander mense op grond van hulle geboortedatums oordeel. Ek praat nou van sterretekens en al die ander goed wat daarmee saam gaan, Ek het nog nooit aan daai goed geglo nie. Dis maar net nog `n manier om mense in `n boksie te plaas. Maar tog, hoekom spesifiek mense klassifiseer op hulle geboortemaand en nie op een of ander eienskap nie. OK, mense word op baie verskillende maniere in boksies geplaas, maar dis `n storie vir `n ander tyd. Baie mense koppel dus `n groot deel van hulle identiteit aan hulle verjaarsdag.

Ek het nog nooit dit gedoen nie, maar ek moet oor my childish sienings van `n verjaarsdag kom. Ek is nou twintig jaar oud en ek moet besef dat dit net nog `n dag is. Wel, ten minste in my geval. Dan sal daar nooit die teleurstelling wees van mense wat jou verjaarsdag vergeet het nie. Of om jou verwagtinge op te bou, net sodat jou hoop weer aan die brand gesteek kan word nie. As dit net nog `n dag is in jou gedagtes, dan sal jy nooit weer ekstra-alleen en onspesiaal voel op daardie dag nie. En as jy niks verwag nie, mag jy dalk net extremely bly wees as iets wel gebeur.

Nou ja, ek probeer maar volgende jaar weer. Maar ek kan niks belowe nie. Die waarskynlike antwoord is dat ek nooit oot my kinderagtige idees oor verjaarsdae (soos oor baie ander goed nie) sal kom nie. Maar ek kan maar net probeer. Wat is vir my die definisie van volwassenheid? Om die knocks wat die lewe jou gee op die ken te vat en weer op te staan en aan te gaan. Om die slegte goed wat jy nie kan verander nie te aanvaar en aan te beweeg. Ek sal aanhou probeer.

Tot dan toe...

AMANDA

Thursday, August 4, 2011

Reën

 

Son, Maan & Reën (8)

My brandende liefde vir die reën is waarskynlik al `n paar keer in hierdie spasie genoem. Ek is seker ek het al baie daarvan gepraat, maar vir my is reën meer as net verwondering of die seën wat die Here oor die aarde uitstort, ja dit is dit ook. Vir my is reën `n vernuwing, dit bring nuwe lewe en dit bring hoop.

Ek het ook al baie oor reën geskryf, want vir my is dit inspirasie. Hierdie is `n gediggie wat ek `n paar jaar gelede geskryf het. Nie vreeslik wonderlik nie, maar dit was darem `n tydjie gelede en ek sal waarskynlik nooit `n digter wees nie.

 

Reën in die winter,

reën in die somer.

Volg die voetpad van `n dromer

            en oorstroom my hart met geluk.

Reën spoel my weg na waar

pyn en werklikheid mekaar mis

en tyd relatief is.

            wanneer ek die reënreuk sluk.

Son, Maan & Reën (26)

 

Inspirasie het vandag ook weer gekom. Terwyl ek by die vester uit gesit en kyk het kon ek naderhand sweer ek kan `n melodie in die klank van die reën hoor. Na maande van trapper wees in `n woestyn van writer’s block.  OK, nou is dit bietjie te erg, maar darem. Hier is `n line of twee uit die song wat daarop gevolg het.

Ek wil `n simfonie komponeer van die vallende reën. Ek wil dit internaliseer, soos hulle sou sê.

Daarmee los ek julle...

AMANDA

Monday, August 1, 2011

Writer’s block

 

Mense wat my ken, sal weet dis iets waarmee ek, ongelukkig, redelik gereeld mee stoei. Iemand het actually al vir my gesê dat ek meer writer’s block het as wat ek skryf. Miskien is dit waar, ek onthou meer tye van writer’s block as wat ek tye kan onthou wat ek geskryf het. Ek weet nie wat is die redes vir writer’s block nie. In meeste gevalle, raai ek dat dit stagnasie is. In my geval is dit waarskynlik meer `n gebrek aan talent as ek eerlik moet wees.

Maar tog probeer ek maar. Ek weet nie, miskien is dit net vir die liefde daarvan. Op die oomblik is my writer’s block vir `n uur of wat gelig sodat ek actually kon manage om een volle song te skryf. Maar ek kan voel dat die gordyn nou weer voor my brein ingeskuif het. Of eerder my hart. Want ek glo enige kuns kom uit die hart uit. Net soos ware kuns met die hart praat. Dit moet met die leser/ luisteraar/ kyker praat op `n manier wat niks anders kan nie.

In elk geval, ek sal maar more weer probeer. Dalk word die gordyn vir `n oomblik weer oopgeskuif voor my oë sodat ek die lig kan sien en die musiek kan hoor. In tussen tyd hou ek my maar besig met my awesome collection van boeke.

Sommer net.. (50)

Dis erg, ek’s heeltemal begrawe in die boeke en ek is besig om mense aan te steek. Maar nou ja, dit help darem om `n idle brain besig te hou terwyl die gordyn van writer’s block nog voor my hang. Hopelik word dit gou oopgeruk.

Tot dan toe...

AMANDA