My brandende liefde vir die reën is waarskynlik al `n paar keer in hierdie spasie genoem. Ek is seker ek het al baie daarvan gepraat, maar vir my is reën meer as net verwondering of die seën wat die Here oor die aarde uitstort, ja dit is dit ook. Vir my is reën `n vernuwing, dit bring nuwe lewe en dit bring hoop.
Ek het ook al baie oor reën geskryf, want vir my is dit inspirasie. Hierdie is `n gediggie wat ek `n paar jaar gelede geskryf het. Nie vreeslik wonderlik nie, maar dit was darem `n tydjie gelede en ek sal waarskynlik nooit `n digter wees nie.
Reën in die winter,
reën in die somer.
Volg die voetpad van `n dromer
en oorstroom my hart met geluk.
Reën spoel my weg na waar
pyn en werklikheid mekaar mis
en tyd relatief is.
wanneer ek die reënreuk sluk.
Inspirasie het vandag ook weer gekom. Terwyl ek by die vester uit gesit en kyk het kon ek naderhand sweer ek kan `n melodie in die klank van die reën hoor. Na maande van trapper wees in `n woestyn van writer’s block. OK, nou is dit bietjie te erg, maar darem. Hier is `n line of twee uit die song wat daarop gevolg het.
Ek wil `n simfonie komponeer van die vallende reën. Ek wil dit internaliseer, soos hulle sou sê.
Daarmee los ek julle...
AMANDA
No comments:
Post a Comment