Soos mens seker van my baie melankoliese post gister af kon lei, was dit gister my verjaarsdag gewees. Dit was nie so bad as wat die post dit moontelik kon laat klink het nie. Maar daar was nog `n paar mense wat vergeet het. Maar daar is niks wat ek daaraan kan doen nie en ek moet maar daarmee vrede maak.
Maar dis nie waaroor ek wil skryf nie. Waaroor ek wel wil skryf is hoe mens altyd dink oor jou verlede en oor jou toekoms op jou verjaarsdag. Daai idee van wie jy was 7 of 10 of selfs 15 jaar gelede. En veral as jy 20 word, dis daai weird idee van ek is nou 2 dekades oud. Natuurlik as jy my suster en my kamermaat glo is ek nou oud en oor die muur. Maar die lewe eindig seker nie op 20 nie, doen dit? Hel, ek hoop nie so nie.
Maar terug by die punt; hierdie gedagtes van my gister is aan die gang gesit in die Spur in Gordon’s Baai. Ek was daar saam met van my familie-lede. My 2 jongste nefies was heel happy in die speel-area die hele tyd en glad nie gewillig om terug te kom tafel toe die kos kom nie. Maar die kleinste enetjie (nou 6) was dadelik weer tevrede toe daar `n vrou omgekom het wat balloon- animals gemaak het. Maar later het sy ouer broer perongeluk die ballon dinosaur gebars en die kleintjie was ontroosbaar vir `n hele rukkie. Net oor `n ballon wat gebars het.
En dit het my laat dink. Hoe baie ek verlang na toe ek so was. Toe op `n spesifieke oomblik die hartseerste ding in my lewe op `n spesifieke oomblik was dat `n ballon gebars het. Ek weet ek het al voorheen hierdie jaar gedink oor die skoonheid van so klein wees. Hoe meer ek daaraan dink, hoe meer wens ek dat ons nooit hoef groot te word nie. Dat mens altyd so oop vir ervaringe kan wees dat klein en eenvoudige dinge soos `n ballon wat bars jou so intens kan raak dat jy ontroosbaar kan wees daaroor.
Maar ons kan nie altyd klein bly nie en die lewe brei mens. Dit maak jou hart hard as `n verdedigings-meganisme. Dit hou ons sane in die middel van hierdie screwed-up samelewing waarin ons lewe. Ek wens dat ek dit kon avoid op een of ander manier, maar ek het die tekens aan myself agter gekom. Miskien is daar `n manier om die proses te reverse, miskien is dit `n keuse wat jy maak. Jy kies om die harde dop oop te kap, maar ek is nie seker hoe nie. Op hierdie stadium sal dit waarskynlik teen al jou instinkte in gaan.
Maar miskien sal ek een of ander tyd my hart weer heeltemal kan oopmaak vir die lewe, sonder die vrees vir seer kry. Maar dit gaan nie oornag gebeur nie.
Tot dan toe...
AMANDA
No comments:
Post a Comment