13 Augustus 2011
Ek het al voorheen my gevoelens oor verjaarsdae genoem, so ek gaan dit nie weer herhaal nie. Maar dis waarskynlik hoog tyd dat ek groot word en van hierdie siening van verjaarsdae vergeet. Want die probleem daarmee is dat dit mens net opsit vir teleurstelling, jaar na jaar. Ek weet nie wanneer ek ooit gaan leer nie.
Verjaarsdae is nogal `n groot issue in vandag se samelewing. So erg dat baie mense hulle identiteit daar aan koppel en ander mense op grond van hulle geboortedatums oordeel. Ek praat nou van sterretekens en al die ander goed wat daarmee saam gaan, Ek het nog nooit aan daai goed geglo nie. Dis maar net nog `n manier om mense in `n boksie te plaas. Maar tog, hoekom spesifiek mense klassifiseer op hulle geboortemaand en nie op een of ander eienskap nie. OK, mense word op baie verskillende maniere in boksies geplaas, maar dis `n storie vir `n ander tyd. Baie mense koppel dus `n groot deel van hulle identiteit aan hulle verjaarsdag.
Ek het nog nooit dit gedoen nie, maar ek moet oor my childish sienings van `n verjaarsdag kom. Ek is nou twintig jaar oud en ek moet besef dat dit net nog `n dag is. Wel, ten minste in my geval. Dan sal daar nooit die teleurstelling wees van mense wat jou verjaarsdag vergeet het nie. Of om jou verwagtinge op te bou, net sodat jou hoop weer aan die brand gesteek kan word nie. As dit net nog `n dag is in jou gedagtes, dan sal jy nooit weer ekstra-alleen en onspesiaal voel op daardie dag nie. En as jy niks verwag nie, mag jy dalk net extremely bly wees as iets wel gebeur.
Nou ja, ek probeer maar volgende jaar weer. Maar ek kan niks belowe nie. Die waarskynlike antwoord is dat ek nooit oot my kinderagtige idees oor verjaarsdae (soos oor baie ander goed nie) sal kom nie. Maar ek kan maar net probeer. Wat is vir my die definisie van volwassenheid? Om die knocks wat die lewe jou gee op die ken te vat en weer op te staan en aan te gaan. Om die slegte goed wat jy nie kan verander nie te aanvaar en aan te beweeg. Ek sal aanhou probeer.
Tot dan toe...
AMANDA
No comments:
Post a Comment