"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Tuesday, October 4, 2011

Sterre en straatligte…

 

Sommer net.. (26)

Ek weet ek het baie lank laas ge-post maar dit was nogal `n hectic tyd vir my. Soos dit maar gebeur op varsity het al my dosente skielike besef dat hulle nog predikaatpunte vir ons erens moet uitkrap en daarom het hulle ons toegegooi met werk. Hierdie was maklik die rofste akademiese tyd vir my ooit. En dit het gewys. My imuunsisteem het ge-crash en my vrot van die verkoue gelos. Dis nie die eerste keer nie. Met my eerste lisensie-afspraak was dit net so erg. Dis waarskynlik `n manifestasie van my persoonlikheid om al my probleme op te krop. So in plaas daarvan dat ek paniekbevange rond loop soos die meeste mense, suffer my imuunsisteem en ek word siek.

Dit het my laat dink: dis die siekte van ons tyd, is dit nie? Stres en gejaagdheid, en die feit dat mense nie kan deal met die honderde probleme waarmee ons elke dag gekonfronteer word in vandag se wêreld waar dit lyk of almal `n obsessie met sukses en geld het nie. Dis hartseer, ek weet. Maar dis iets wat moeilik, indien nie ontmoontelik is om van te ontsnap.

Ek dink hierdie probleem word baie goed (en so mooi) vasgevang in die gedig van D.J. Opperman “Negester en Stedelig”.  Die gedig is in die vorm van `n ouer se kommer oor sy kind wat te vasgevang raak in die stadslewe.  Die stad verteenwoordig die lewe van vandag. Die gejaag, die soeke na rykdom en die verlies van menslikheid. Dalk kom ons dit nie agter nie, maar dit gebeur. Soos golwe wat teen `n rots slaan, oor en oor. Die lewe maak jou hard, totdat jy naderhand nie meer geraak kan word deur enige iets nie. So dat mens gedurig opsoek is na kortstondige plesier, iets om jou weer lewendig te laat voel. In die gedig word die stedelig ,–die kortstondige plesier,  gekontrasteer met sterrelig, wat die langdurige liefde en vrede van God se teenwoordigheid verteenwoordig.

So, ek los julle met die laaste twee lines van die gedig as iets om saam te vat in die “mallemeule” waarin ons leef:

“en mag die Suiderkruis en Negesterr witter

as die stedeligte in jou siel bly skitter.”

AMANDA

1 comment: