Ek skryf my laaste vraestel vandag en daarna is dit uiteindelik vakansie. Ek kan nie wag nie. Maar voor ek nog aan die vakansie (en the Script!!) kan dink moet ek eers `n berg klim hierdie week. Ek het Sondag terug gekom koshuis toe en almal is besig om huis toe te gaan. Insluitend my roommate wat more begin met vakansiewerk - hierdie mense wat so produktief is in die vakansies... Weet hulle nie dat dit hulle gaan inhaal later in hulle lewens nie? Net soos baie oefening en goeie eetgewoontes...
Die koshuis is so leeg en koud. Kouer as gewoontelik, ek dink die mure reflekteer liggaamshitte of iets. Miskien is dit net die alleenheid. Ek weet nie, maar dit maak my melankolies. Die koue rus swaar op my skouers. Iets wat die kouer erger maak is die feit dat ons moet ontruim vir die vakansie.
In die koshuis het hulle die irriterende tradisie dat ons vakansies ons kamers moet ontruim sodat hulle die kamers kan uitverhuur vir ander groepe. Dit beteken letterlik al jou goed uitdra en êrens anders gaan stoor vir net bietjie meer as `n maand. Dis regtig nie cool nie veral as jy 1300 km weg bly en letterlik net op die vliegtuig wil klim en jou kop leegkry nie. So nou is ons kamer leeg en dit laat my leeg voel. Asof al wat in my oor is, is stres en eksamen-blues.
My hart voel so leeg soos ons kamer...
Die goeie ding is dat dit net tot aan die einde van die week gaan aanhou. Oor `n week van nou af is ek terug by die huis en kan ek fokus daarop om die semester en al sy dramas te vergeet. Maar vir nou moet ek maar met hierdie koue saamleef.
Hierdie is probably my laaste post tot volgende semester toe maar as ek kans kry om online te gaan, sal ek blog oor my vakansie vol van leeglê, the Script kyk (5 second dance party), en hopelik van my vriende sien. En ek sal verdere reviews probeer post.
tot dan toe...
AMANDA