Dit is die laaste dag voor die vakansie vir my begin en die laaste dag wat ek op kampus is en daar is iets diep en melankolies aas die plek wanneer almal weg is. Aangesien ons technically al in die tweede geleentheid is, is daar baie min mense op kampus oor.
Ek was teen sononder oppad Neelsie toe om te gaan Hot chocolate koop en om myself `n break van die ekonomie te gee. Terwyl ek deur die gange geloop het, het ek agter gekom hoeveel kamers al ontruim was en die leegheid van die koshuis het in my hart kom vassit. Die hele pad het ek daaraan gedink en ek het gevoel hoe die depressie en paniek my gelyk vat.
Maar oppad terug het ek die sonsondergang op die wolke gesien en skielik was ek weer uit my eie wêreldjie geruk en het ek weer verwonderd voor die skoonheid van God se skepping gestaan. En daarna was beauty vir my orals, in die geel akkerblare op die sypaadjie en die kaal bome waarvan hulle geval het. In die manier wat die wind die blare in sirkels om en om gewaai het. En in die ongelooflike kleure van die sonsondergang op die wolke.
Dit het sommer weer kleur gegee aan my laaste aand hier op Stellenbosch. Ek gaan hierdie plek ongelooflik mis, al sien ek baie daarna uit om huis toe te gaan.
Maar om huis toe te gaan moet ek seker eers Ekonomie deurkom en daarvoor sal ek maar weer moet teruggaan boeke toe.
Tot volgende keer...
AMANDA
No comments:
Post a Comment