"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Monday, June 6, 2011

Movie reviews

 

100_0544

 

Ek het besluit om ook movie reviews hier te doen aangesien my lewe nie juis interessant genoeg is om oor te praat nie. Omdat hierdie my blog is kan ek dit op my manier doen en niemand kan my fire of vir my punte aftrek nie. Dus gaan hierdie nie jou gewone reviews wees nie, eintelik kan mens dit nie eers reviews noem nie. Aangesien dit sal afbreek doen aan daardie gerespekteerde kritici wat hulle so pride in hulle werk waar hulle basies betaal word om popcorn te eet tot hulle nie meer kan nie. Klink soos `n dream job , maar ek sal dit nie kan doen nie. Die rede daarvoor is eenvoudig, ek het al agter gekom dat my menings oor flieks heeltemal anders is as die gemiddelde resensent s’n. So as hulle sê `n fliek suck, dan weet ek dis my volgende gunsteling en vice versa.

Ek dink dit het moontelik te doen met die feit dat ek nie kan objektief wees oor flieks, musiek, boeke of enige ander vorm van kuns nie. Maar dit is tog kuns, is dit nie? En kuns is nie veronderstel om objektief te wees nie. Ja, ek weet dis `n huge industry en dit gaan meestal oor geld. Maar ek kan verby dit kyk, vir my bly dit nog kuns. Dit is `n storie wat vertel word. Kuns is nie veronderstel om gemeet te word nie. Dis veronderstel om jou te hart te raak, in watter manier okal. Dit moet met jou praat.

 Ek belowe dus plegtig om so subjektief as moontelik te wees en net volgens my gevoelens te skryf. Hoekom? Want ek kan!! Ek gaan ook nie enigsins komentaar lewer oor acting nie, want ek weet niks daarvan af nie (ten minste kan ek dit herken). Ek wil maqr net skryf oor hoe `n fliek my laat voel het - indien dit enigsins het.  So alles wat ek gaan skryf is my persoonlike opinie en dit beteken nie dat die fliek dalk eintelik awesome kan wees vir iemand anders nie. Smaak verskil tog after all en dis wat die lewe interessant maak.

So die eerste fliek waaroor ek wil praat is die een wat ek hierdie naweek gekyk het en dis Troy. Die movie wat Brad Pitt weer uit retirement uit gebring het vir `n paar maande. Ek weet dis al oud, maar dis die eerste keer wat ek dit gekyk het en ek was maar bietjie teleurgesteld. Net nadat ek klaar gekyk het was ek nie seker hoekom ek nie daarvan gehou het nie. Maar nadat ek `n bietjie daaroor gedink het, het ek besluit dis oor ek voel die verkeerde kant het gewen.

In hierdie tipe movies wat war in het is daar altyd `n kant wat jy nou kan agter kom, hulle is supposed om die good guys te wees. Maar ek was confused met die manier wat die mense aan die twee kante uitgebeeld is en ek het myself gevang dat ek aan die kant van Troy was.  Die Greeks se koning word uitgebeeld as greedy en arrogant. In Troy probeer hulle baie hard om jou te oortuig dat hulle goeie ouens is. Prince Hector word byvoorbeeld as die ultimate honourable ou uitgebeeld en op die eiende word hy doodgemaak en agter `n perdekar aangesleep en word die stad afgebrand. Dalk was dit hulle idee om die tragedy van alles by mense tuis te bring, maar dan moes hulle dit bietjie duideliker gedoen het. Ek hou nie van daai tipe life-is-cruel-deal-with-it movies nie. Ek kyk juis movies om te ontvlug van my saai bestaan. En ja, ek is die ultimate romantic, ek wil weet dat dinge goed uitwerk.

Ek weet baie meisies het uit ge-freak oor Brad Pitt in die movie, maar seriously hy’s middle-aged, that’s just sad. Ek moet erken Orlando Bloom was `n goeie toevoeging tot die cast, maar die karakter wat hy gespeel het was nou ook nie Mr. Awesome nie.

Ek weet nie, daar is baie van julle wat dalk anders voel, maar die meerderheid van die fliek was vir my maar boring gewees. Dis tog net my beskeie opinie.

No comments:

Post a Comment