Drome is iets waarmee baie mense fascinated is. Daar is duisende studies gedoen deur geleerdes sowel as miljoene random artikels op die web. Gaan maak net `n draai op Google en jy sal sien (wat het ons voor google gedoen?). En elke kort-kort is daar `n artikel daaroor in een of ander tydskrif. Ek praat nou nie van die onderwerp van een of ander inspirational quote wat jy aan die onderkant van jou dagboek kry nie. Jy weet daardie goed wat jy perongeluk raaklees wanneer die bank te hard is om op te slaap en jy in die dodelikste stadium van verveling is in die ekonomie-klas. Nee, ek praat van daardie onverstaanbare beelde wat in die aande onder die sweep van jou onderbewuste in jou geestesoog rondgaan.
Daar is verskillende teorieë rondom drome. Ek het nie sielkunde nie, maar in Afrikaans het ons so bietjie hiermee gewerk. Correct me if I’m wrong maar ek weet Jung het gespeel met die konsep van die onbewuste. Ek persoonlik glo nie in sy teorie dat die onderbewuste al die materiaal is wat jy onderdruk nie. Meestal omdat ek nie glo in enige tipe denkskool wat die menslike lewe wil afbreek tot `n wetenskap nie. Op die internet en in tydskrifte is daar ander teorieë meer gefokus op die betekenis van drome. Dis baie interessant om te lees, maar ek weet nie of ek dit koop nie. Soos ek voorheen genoem het, ek dink nie enige iets van die menslike lewe kan afgebreek word tot iets so eenvoudig nie.
Gewoonlik as ek `n vreemde droom gehad het sal ek dadelik in my gedagtes rondsoek vir die bron van die droom. Gewoonlik droom ek oor goed waaraan ek gedink het, wat ek gesien het of iets in daardie lyn. Maar ook nie altyd nie. Op `n stadium het ek `n effense patroon opgetel. Dat wanneer ek oor iemand droom wat ek baie lank laas gesien het of met wie ek min kontak het, dan is daar iets fout in hulle lewens. Maar soos ek nou terugkyk besef ek dat ek waarskynlik net iets ingelees het in `n toevalillige sameloping van omstandighede. Ten spyte daarvan glo ek tog dat drome `n spesifieke boodskap kan oordra en ons dalk kan wysmaak van iets waarvan ons nie bewus is nie.
Baie mense sukkel ook om hulle drome te onthou. Ek kom dit agter as ek luister na ander mense se gesprekke oor hulle drome. Dis nie regtig iets waarmee ek sukkel nie. Vir een of ander rede kan ek meeste van die aande my drome onthou. Natuurlik nie altyd in spesifieke detail nie, drome is maar vaag. En partykeer is daar een spesifieke detail in die droom wat vir altyd net buite my bereik bly. So het ek al songs in my drome geskryf en dan kan ek die volgende oggend die hele droom onthou behalwe die song self. Ek haat dit as dit gebeur. Die weird ding is dat ek nog drome kan onthou van toe ek bitter klein was. Ek weet nie eers hoekom daardie spesifieke drome by my bly nie, maar dit doen in elk geval en daar moet seker `n rede daarvoor wees.
Anyway, dis waaroor ek wou praat vanaand wanneer baie ander dinge nog swaar op my senuwees rus, maar waaroor ek genoeg gekla het al. Ek wens net ek kan dit nou oor en verby kry, maar die dae sleep stadig verby. Dit sal seker eventually kom. Tot dan kan ek op lekker dinge fokus soos vir ekonomie leer en daai dom leesverslag skryf. En daardie vreeslike las op my skouers – procrastinating…
Tot volgende keer...
AMANDA (BTW, dis my naam in Elvish, hoe cool is dit?)
No comments:
Post a Comment