"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Wednesday, June 1, 2011

Winterslaap

                                                                                                                        Scenery (88)                                                   

   

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die winter hier in die Kaap het behoorlik sy kloue ingeslaan. Dis maklik 5 keer so koud soos wat dit laasjaar was, of altans in my opinie. Of dalk moet ek in ag neem dat ek hierdie tyd al laasjaar amper by die huis was en nie soos nou met nog 3  berge om te klim voordat ek uiteindelik op die vliegtuig kan klim nie.  En dit is nog erger hier in die koshuis. Omdat dit so ou gebou is, is dit asof die koue uit die mure uit kom. Jy kan dit voel as jy met jou rug teen die muur sit.

Moenie my verkeerd kry nie, ek het nog altyd van die koue gehou, maar ek het al op skool agter gekom dat daar iets vreemd in my verbeelding aangaan hierdie tyd van die jaar.  Ek kan dit nie presies in woorde verduidelik nie, soos baie gedeeltes van my persoonlikheid. Ek het vandag die woord stagnasie gebruik toe ek dit aan my sussie probeer verduidelik het, maar ek dink nie nou dis die beste manier om dit te verduidelik nie. Dis meer soos hibernation, `n tipe van winterslaap.

Dis of al my motivering om kreatief te wees of te skryf net verdwyn. Ek weet nie of dit die koue is of nie. Soos ek sê ek kan dit nie presies verduidelik nie, maar ek kan myself nie sover kry om weer te begin skryf nie, maak nie saak wat ek doen nie. Al wat ek wil doen is om in `n gat te kruip en te slaap tot dat die koue verby is. Die goeie ding is dat ek weet dit gewoonlik beter gaan wanneer die lente kom en die yslae begin smelt.

Dit gesê, moet ek byvoeg dat ek dol is oor die winter. Daar is `n tipe skoonheid aan die kaal bome en die koue wat oor die aarde kom lê. Dan is daar natuurlik die reën hier in die Kaap en daar is niks wat vir my so beautiful is soos die reën nie. Reën was al die spinnerakke in my siel weg en gee lewe…

No comments:

Post a Comment