5 Januarie 2012
Hier vroeg Januarie is vir een of ander rede nie `n goeie tyd vir honde nie. Eerstens weet almal dat honde nie goed doen met fireworks nie. Moenie my verkeerd verstaan nie – ek is mal oor fireworks – maar ek dink nie die suburbs is die regte plek vir hulle nie. Case in point: Alice se vriendin se hond kan glad nie fireworks hanteer nie. Hy gaan heeltemal crazy tot op `n punt waar hy sy pote rou krap en homself seer maak. Nou hierdie jaar was daar extremely baie fireworks rondom ons gebied gekombineer met seker die ergste donderweer wat ek in `n lang tyd (indien nie ooit) gehoor het. Dit was vir my pretty terrifying, ek kan nie dink hoe erg dit vir die honde moes wees nie. Ek het foto’s gesien van hoe die hond gelyk het en dit was scary…hy was covered in bloed. In fact hulle was vir `n rukkie bekommerd dat hulle hom dalk sou moes uit sit.
Nou ons honde was nie veel geraak deur die storie nie. Meestal omdat die een amper heeltemal doof is en omdat die ander een haar nog nooit regtig aan sulke goed gesteur het nie. Sy het nog altyd gedink sy is `n mens in elk geval en die enigste ding waarvoor sy bang is, is om nie in die huis te kan in kom nie.
Maar ons het `n ander hond gehad wat doodbang was vir fireworks en donderweer. Glo my, die somers in Gauteng was `n nagmerrie met haar. Sy was so bang dat my ma haar `n kalmeerpil moes gee selfs vir `n ligte donderstorm. Maar sy was `n gorgeous hond en ek was baie lief vir haar. Dit is vandag presies 3 jaar vandat sy dood is. sy het kanker gehad en was baie oud so ons moes haar laat uitsit, maar min dinge is so onstellend soos wanneer die hons saam met wie jy groot geword het dood gaan.
Ons bure het 2 Labradors gekry `n paar jaar gelede en hulle was soooo cute toe hulle puppies was. Maar daar is nie vreeslik aandag gegee aan hulle nie en hulle het toe maar die pad geloop wat Labradors in daardie omstandighede doen. Hulle het stout geword. Hulle name is iets soos Rambo en Shakira (ek mag verkeerd wees), maar Alice het hulle nou onlangs herdoop na Heathcliff en Catherine soos die hoofkarakters van Withering Heights. Haar redes was omdat sy persoonlik gedink het hierdie karakters was die selfsugtigste karakters ooit, maar dat hulle eerder sal dood gaan as om sonder mekaar te wees. Hulle het kort – kort deur die heining na ons erf gekruip en ons crazy gemaak. My ouma het eventually doring draad gespan in die hoop dat dit hulle ten minste sal weghou, maar nee. Heathcliff het die doringdraad af gekou en dan net weer daar deur gekruip.
Nou soos Withering Heights het hierdie Heathcliff en Catherine se storie ook in `n tragedie geëindig. Die hele storie het gister gebeur en dit was baie onstellend vir my gewees. Ons TV kamer kyk op `n groot straat uit waar mense gereeld soos maniakke jaag (ten spyte van baie stopstrate). Die huis is ook so gebou dat hy effens na die bure se erf kyk. Ons was gister almal besig om TV te kyk en die gordyne was wawyd oop. Ewe skielik het `n swart BMW afgejaag gekom, maat toe hy net verby ons erf was het ons `n groot slag gehoor. Die bure se hek was oop en ongelukkig het Heathcliff uitgestorm om `n ou wat draf oorkant die pad te gaan jaag. Blykbaar was hy weg voor hulle hom na die veearts toe kon vat. Al het hy ons so mal gemaak was ons baie sad om dit te sien. En die ou in die BMW het aan gery asof niks ooit gebeur het nie. Ten spyte van die feit dat hy so pas iemand se geliefde hond dood gery het.
Ek dink nie ons waardeer ons honde altyd genoeg nie. Honde mis jou altyd al was jy hoe lank weg. En hulle is altyd lief vir jou maak nie saak wat nie. My ma sê altyd jy moet glo soos `n kind en vertrou soos `n hond. So wees lief vir julle honde en waardeer hulle want jy weet nie wat met hulle kan gebeur die volgende keer as hulle by die hek uit hardloop nie.
BTW: kom ons sê dit net reguit aan mekaar: honde is beter as katte, geen argumente nie…