31 Desember 2011
Dis vandag die laaste dag van die jaar en soos al die vorige jare was daar weer iemand wat gesê het: “Kan jy glo die jaar is verby? Tyd vlieg so vinnig.” Dit is die groot besef van oujaarsaand en daar is oomblikke wat ek convinced is dat al die parties en fireworks net `n manier is om daai besef dat ons almal onderhewig is aan tyd te masker. Natuurlik is dit `n siniese manier om daarna te kyk en ek sê nie ek is heeltemal oortuig daarvan nie. Maar daar is net oomblikke wat dit vir my so voel. Natuurlik is mense bly oor die nuwe jaar. Dis `n nuwe kans en `n nuwe begin. `n Nuwe bladsy met nuwe geleenthede (veral as jy `n student is, dan beteken dit dat jy nie nog moet op face teen al jou slegte punte nie).
Maar min mense kan met reg erken dat daar nie een oujaarsaand was wat hulle nie `n bietjie uit ge-freak het oor hoe vinnig tyd vlieg nie. That is the curse of being mortal. Die einde van iets laat ons besef dat soos tyd op aarde vlieg, ons tyd al hoe meer besig is om uit te loop. Dis hoekom mense nuwejaarsvoornemens maak. Hulle belowe dat hulle anders sal wees in die nuwe jaar en in baie gevalle is hierdie resolutions so onbereikbaar dat hulle binne `n paar dae vergete is (In meeste gevalle actually).
Nog `n rede hoekom ek spesifiek gekonfronteer word met mortality op oujaarsaand is omdat my een oupa vandag 11 jaar gelede dood is nadat hy lank in die hospitaal was. My ouma bly by ons en sy het nou die dag iets gesê wat my diep getref het. Dat sy nog soms outomaties goed vir my oupa wil begin vertel en dan eers besef dat hy nie meer daar is nie. Na 11 jaar is sy teenwoordigheid nog so sterk vir haar. Die lewe is te kort om dit nie te spandeer saam met die mense wat jy SO lief het nie. So hou jou geliefdes naby aan jou eerder as wat jy jou energie mors op mense wat nie eers sal agterkom dat jy weg is nie. En Oupa word gemis (RIP).
Ons lewens op aarde is kort en mens kan nie help om dit te besef hier op hierdie dag nie, maar dit is nie `n rede vir hartseer of melankolie nie. Want agter hierdie lewe wag daar vir ons soveel meer. `n Wonderlike lewe waar al ons trane deur die enigste ware Trooster afgedroog sal word. Nogtans moet ons nie tyd mors nie en altyd probeer om mense se lewens te raak (En ek preek vir myself ook…).
Die lewe is na alles tog vol skoonheid en daarom is die nuwe jaar iets om gevier te word. Maar moenie laat dit net by jou verby vlieg sonder dat die significance daarvan by jou insink nie. Sien die skoonheid van die lewe, selfs in die klein goed, raak en waardeer dit dat jy nog `n asemteug, of dag of jaar het. En moet nooit ophou dankbaar wees nie. `n quote: “Dream as if you’ll live forever, live like today’s your last.”
Tot 2012…
No comments:
Post a Comment