20 November 2011
Ek is nou al `n paar dae terug in Jozi en ek geniet dit baie om net leeg te lê en so min as moontelik te doen. Al die relaxing het my self geïnspireer om met `n nuwe storie te begin, maar ek nie nou al sê of dit op enige iets gaan uitloop nie.
In die 3 dae wat ek hier was, was daar nou al 2 donderstorms en dit was awesome vir my aangesien dit een van die min dinge van Jozi is wat ek actually mis. Een van my groot goals vir die vakansie is om `n actual weerligstraal af te neem, maar tot nou toe was dit `n fruitless cause. Ek het darem `n paar ander mooi foto’s geneem…
Maar die donderstorms eenkant gesit, ek het vandag besef hoe spesiaal my familie regtig is. Soos seriously, never `n dull moment, My tannie het vandag hier geëet en haar nuwe troeteldier saam gebring. Nie `n kat of `n hond nie, maar `n hoender. Ja, jy het reg gelees: `N hoender. Natuurlik het ons honde (wel, die een wat nog kan sien in elk geval) probeer om hom te vang. En ons papagaai het vinnig maatjies gemaak met hom. My suster se teorie is dat die kuiken haar moederinstinkte wakker maak.
Later in die dag het my niggie haar ma gebel. Heel distressed. `n Kragstasie het naby hulle huis opgeblaas en hulle huis was sonder krag. Dit was egter nie wat my niggie so onstel het nie. Sy het maar nog altyd `n flair vir die dramatic gehad met daardie onmiskenbare eienskap om enige klein situasie heeltemal uit proporsie uit te ruk. Sy bel toe om te sê dat ten spyte van die feit dat die hele huis donker is omdat die krag af is, die swembadpomp homself aangesit het en dat dit – volgens haar - `n bewys is dat dit spook. So toe sit sy in haar kar en wag tot dat haar ma uiteindelik gekom het.
Maar dis nie waar die vreemdheid van die dag opgehou het nie. Nou my pa maak nie sommer kos nie, maar wanneer hy doen, het hy `n smaak vir - uhmm…hoe sal ek dit stel… – ongewone kombinasies. Hy maak gewoonlik curry maar chuck so baie verskillende speserye en ander wacky goed daarby dat ek nie seker is wat om dit te noem nie. En dan was daar natuurlik die insident met die pink hoender. Ja, hy wou vir een of ander rede rooiwyn by sy hoenderdis gooi maar aangesien daar op daardie spesifieke oomblik nie enige rooiwyn in die huis beskikbaar was nie, het hy besluit op `n pakkie poeier rooi Jannie-verjaar koeldrank. Die ruseltaat was pink hoender wat effens te soet was.
Nou vandag het ons hoenderburgers gemaak. Iets baie gewoon, maar hy het besluit dat hy dit moet verbeter en het daarom `n marinade aan mekaar geslaan. Dit was eers toe ek vir my `n hoender wou opskep wat ek besef het dat sy “marinade” meestal bestaan het uit chocolate uit. En nie net enige chocolate nie. Hierdie was chilli-chocolate wat al vir min of meer 5 jaar in ons vrieskas gelê het omdat niemand dit wou eet nie en ons het dit geskenk gekry. Ek is nie heeltemal seker wat in die sous was nie, maar waarvan ek bewus is, is: 5 jaar oue chilli chocolate, een of ander potent likeur en dan natuurlik sy curry spices. En daarin is hoender en bacon ge-soak.
So, never a dull moment in ons huis. Dit vat mens `n rukkie om weer gewood te raak aan die craziness. So, hier is op CRAZY vakansie. Kom ons hoop ek kom in een stuk aan die anderkant uit.
Tot dan toe…
No comments:
Post a Comment