16 November 2011
… wanneer jy soos `n idiot voor `n eksamenlokaal sit en wag vir `n 9 uur vraestel wat in realiteit eers 2 uur in die middag is…
Ja, dit is presies wat ek vanoggend gedoen het. Ek het my dood geleer vir ekonomie en om reg te wees vir my 9 uur toets en selfs vroeg gaan slaap om vroeg op te staan. En toe het ek daar voor die lokaal gaan sit en wag. Teen half 9 het ek agter gekom dat daar niemand is nie, iets wat baie ongewoon is. Ek het toe begin panic en teruggekom koshuis toe om te check met die vermoede dat ek dalk by die verkeerde lokaal is. Toe ek op die rooster kyk, sien ek dat ek wel by die regte lokaal was, maar net so 5 ure te vroeg. Akward right?
Ten minste is die eksamen nou amper verby. Hierdie is darem my laaste vraestel en Donderdagaand gaan ek huis toe. Ek was darem hierdie naweek by die huis vir my amazing vriendin se troue. Dit was so beautiful en spesiaal en ek is baie bly ek kon deel wees daarvan. Ek bid God se seën toe vir Yvonne en Adriaan se toekoms saam.
Ek was bang dat ek voor die kansel sou uitpaas want die hitte in Jozi was ondraaglik. En dan moet mens byvoeg dat dit winterweer in die Kaap was tot die Vrydag wat ek gevlieg het. So die aanpassing tussen onder twintig grade en oor die dertig was nogal huge. Gelukkig is die naweek geseën met `n donderstorm Sondagaand. Donderstorms is een van die min goed wat ek mis van Jozi, en omtrent die enigste ding wat nie met die huis te doen het nie.
Maar dit was `n lang naweek en die hitte put mens verder uit. Dit was darem die moeite werd. So, om net te wys hoe gorgeous dit was, hier is `n paar foto’s. BTW von, ek’s jammer ek het amper jou sluier af geruk. Dit was regtig nie my bedoeling nie…
Ek sal probeer om deur die vakansie te skryf, maar ek sal eers weer kan post nadat ek terug is in die Kaap. `N Geseënde Kersfees vir almal en `n Happy 2012.
No comments:
Post a Comment