"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Wednesday, February 1, 2012

Up, up and away…wag waar’s my Blackberry?!

 

17 November 2011

Sommer net.. (40)

So, ek het baie gevlieg die afgelope paar dae. Ek het die naweek opgevlieg vir die troue en toe weer terug gevlieg vir my laaste vraestel. En nou het ek vanaand weer terug gevlieg Jozi toe vir die vakansie.

Dis `n vreemde ervaring… `n lughawe. Altyd `n diverse verspreiding van mense. Die besigheidsmense wat op en af vlieg vir vergaderings en nie van hulle iPads geskei kan word nie. Die families met die klein kiddies wat tantrums gooi. Die free spirited travellers (alhoewel mense nie vreeslik baie van hulle op domestic vlugte sien nie), Bandmembers wat reluctant is om van hulle instrumente te part en daarom `n huge kitaar case as handbagasie in `n klein overhead compartment probeer in cram. Ek kan nou hier kla oor die pyne van cheap domestic flights, maar ek sal dit vir `n ander dag hou.

Wat my eintelik bygeval het van die baie vlugte hierdie afgelope paar dae is die curse van die Blackberry. Ek weet nie of julle bewus is daarvan nie, maar daar is eintelik `n wet wat stel dat `n selfoon nie mag aan wees in domestic flights nie. Soos in glad nie. Hulle sê dit altyd repeatedly. Maar daar is nog die arme siele wat nie kan stand om vir 2 ure weg te wees van hulle Blackberry nie. Dis soos `n verslawing. Selfs terwyl ons opstyg is hulle mal besig om knoppies te druk op daai beste maatjies van hulle. Dis regtig sad.

Dis nie net op vliegtuie wat ek hierdie raak gesien het nie. In fact dis nog meer irriterend as jy in iemand se geselskap is en hulle konstant besig is om te BBM met iemand. Sure, I get it…dis verniet, dis instant en dis wat al die cool kids doen. Dis soos MXit op hoërskool. Maar regtig, as jy die heeltyd besig is om met iemand anders te BBM terwyl ek in jou geselskap is, maak dit vir my duidelik dat ek nie belangrik genoeg is vir jou om na te luister nie. Soos hoekom is jy (of ek) hier in die eerste plek? Dis nogal ongeskik… en eintelik dit maak seer. So regtig, as jy liewer wil praat met wie okal jy BBM op die oomblik hoekom kuier jy nie met hulle eerder as met my nie. En as dit regtig is dat BBM net vir jou cooler is as face-to-face gesprekke (selfs al wil jy dit nie erken nie) dan moet jy maar liewer vir jou `n hut bou dit vol maak met chips en coke en BBM vir die res van jou lewe.

So, ek’s seker julle kan hoor ek is nogal wounded oor hierdie klein verskynseltjie. Net om dit duidelik te maak, ek het nie iets teen alle Blackberry-users nie, ook nie teen almal wat BBM nie. Maar liewer teen almal wat besluit het dat die virtual wêreld beter is as die real een en nie die common decency het om die mense wat actually in jou geselskap is in te lug van hierdie lewensbesluit van jou nie.

Blackberries laat my dink aan die curses wat mense teekom in Fantasy novels en movies. Iemand vind een of ander mysterious eiland met baie treasure of een of ander magical device wat hulle in die begin dink is die beste ding wat ooit met hom gebeur het, onbewus van die curse-gedeelte van die bargain. Dat dit die `n apocalypse kan aanbring of die life force en alle goodness uit jou uit sal uitsuig. Ja, dis waarmee ons te doen het in vandag se wêreld. The curse of the Blackberry. En daar’s nie eers enige cool swordfights of hot pirates betrokke nie.

Ek hoop dat julle almal imuun sal bly teen die curse of the Blackberry. En vir die van julle wat alklaar struck down is daarmee: Nee, ek wil nie jou BBM-pin hê nie. uit beginsel uit! (En omdat ek nie `n Blackberry het nie… nie dat ek `n begeerte het om een te kry nie…)

Onthou:

Mag die Suiderkruis en Negesterre witter,

as die stadsligte in jou siel bly skitter.

No comments:

Post a Comment