"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Thursday, November 10, 2011

Oor onwelkome besoekers in eksamentyd…

 

Sommer net.. (125)

Gelukkig is die eksamen amper verby, want ek weet nie hoe lank ek dit nog kan maak nie. Ek voel of ek besig is om van my verstand af te gaan! Die ure voel vir my of dit vir altyd aansleep en wanneer dit nie so is nie, dan is die tyd weer te min, want dan skryf ek ewe skielik 3 vraestelle in `n kwessie van 4 dae.

En om alles te kroon besluit Luca hier dat hy die naweek voor daardie crazy week gaan crash. BTW, Luca is my laptop. Anyway, so ek die hele naweek by Incredible Connection spandeer, want eers gaan dit 2 ure vat en as jy na 2 ure terug kom, dan het hulle nog nie eers begin nie. En daarna kom hulle eers agter dat hulle nie die password kan afhaal nie, nee nou moet hulle die Windows reload. En wat beteken dit? Jy verloor al jou data en ek bedoel alles. Gelukkig het die nice dude by die technical desk vir my `n back-up gemaak van my documents, musiek en foto’s, en (dankie tog) my extensive versameling van movies en series. As ek dit alles weer in `n kwessie van 10 dae weer moes versamel sou ek in ‘n hopie gaan sit het en huil.

Gepraat van series… daar is hierdie idee in die koshuis dat mense al die series in die koshuis by my kan kry. Ek gee gewoonlik nie om nie, maar daar is darem `n punt wat dit begin irriterend raak. Veral in die eksamen op die skaars tye wat ek actually die volgende dag `n vraestel skryf en veral as dit een of ander tyd in die oggend is wanneer ek probeer om laat te slaap. Sien, my slaappatrone is heel anders in die eksamen. Ek skryf meeste van my vraestel in die oggend of in die aand en daarom slaap ek baie keer tot 12 uur in die oggend en gaan slaap eers 4 uur in die aand. Natuurlik pas dit nou nie in by die res van die mense wat wil series hê, maar ek kan nie sien hoe dit my probleem is nie.

Wat nou regtig irriterend is, is die feit dat mense aanhou om my te vra vir die nuutste episode van Vampire Diaries, hoe meer ek vir hulle sê ek het dit nie, hoe meer mense vra my daarvoor. En dis nie net dat klomp verskillende mense my die heeltyd daarvoor vra nie. Dieselfde mense vra my oor en oor daarvoor. Dis asof hulle nie die eerste keer onthou dat jy vir hulle gesê het: “Ek kyk nie Vampire Diaries nie.” Asof hulle nie kan onthou hoe geskokte gesig hulle getrek het toe ek daardie antwoord gegee het nie. Apparently is daar iets fout met jou as hy nie Vampire Diaries kyk nie, en apparently is ek die enigeste persoon op aarde wat nie die Vampire-fab kry nie. In elk geval, dit het my sover gebring om uiteindelik hierdie sign op my deur te sit…

Sommer net.. (124)

 

Wel, ek weet nie of dit die boodskap gaan tuisbring nie, aangesien dit duidelik nie eers werk as ek dit vir hulle reguit sê nie. Die onderste kriteria is maar net vir my eie amusement, want ek dink dit rule probably die meerderheid mense in die koshuis uit. Either way, in my oë is knights, castles, magic en dragons altyd cooler as vampires (regtig, ek kry dit nie…). Maar natuurlik is dit net my humble opinie, almal anders in die wêreld is welkom om na sparkly pale sulky seuntjies te kyk tot dit by hulle ore uitkom. As for me, gee vir my enige dag `n Knight in shining armour.

Op `n laaste noot wil ek noem dat my beste vriendin hierdie naweek trou!! Congratulations aan Yvonne en Adriaan en ek kan nie wag om die Happy dag met julle te deel nie!! Die enigste probleem is daar apparently `n hitte-golf in Jo’burg is op die oomblik en hier in die Kaap het ons winterweer. So, ek moet in `n kwessie van `n dag my sisteem gewoond kry aan `n temperatuur van 31, nadat al vir weke minder as 20 was hier. So dit sal waarskynlik nie verbasend wees as ek uitpaas voor die kansel Saterdag nie. Maar never the less, ek sien baie uit. En ek wens hulle al die seën moontelik toe vir hulle nuwe lewe saam.

Y&A (5)

Wednesday, November 2, 2011

Romance in the time of exams

 

Die eksamen is nou al 2 weke aan die gang. My suster is vandag huis toe vir die vakansie. Sy het Maandag klaar geskryf...ek skryf eers oor 2 weke klaar. Ek het nou eers een vraestel geskryf, so ek kan nie eers voel of ek vorder nie. Maar dit daar gelaat. Ek gaan nou maar ophou kla oor dit vir my voel of ek nooit gaan klaarmaak nie en dat ek so home sick is, ek kan bars.

Die eksamen aan die ander kant het soos altyd `n baie vreemde effek op my. Gewoonlik word ek getref deur `n huge case van inspirasie in eksamentyd. Sadly, het dit nie gebeur hierdie semester nie. Wel, nog nie. Maar ek voel hiperemosioneel, soos in baie. En alles wat ek kyk, kry my in trane, soos stupid goed. Ek weet nie wat dit is nie.

Die probleem is dat ek normaalweg emosioneel is, so `n verhoging in daardie eienskap kan soms problematies wees. Ek het gister amper `n emotional break-down gehad omdat ek siek is vir two minute noodles. Granted, daar was baie ander faktore betrokke. Maar die two minute noodles was net die laaste strooi.

In elk geval, ek weet nie of ek al voorheen genoem het nie, maar ek is waarskynlik een van die wêreld se grootste romantics. En daai eienskap is ook nou in `n heightened state. So alle vorme van romance het my op die oomblik op groot skaal in `n spin. Ook `n goeie tyd daarvoor, ek dink want my beste vriendin trou oor bietjie meer as `n week. Yay!!

Sommer net.. (74)

Die romance-ding is nogal groot met my op die oomblik. Hierdie week se episode van Merlin was incredibly beautiful. Romanties, powerful. Ek het dit seker 3 keer in `n kwessie van 2 dae gekyk. Ek is so `n sucker vir middle age romance. Knight in Shining armour-sindroom ek dink. Maar nou ja, om die romance ding aan die gang te hou, hier is `n video  van Taylor Swift wat net te adorable vir woorde is.

So vir almal daar buite, happy procrastinating...

AMANDA

 

Monday, October 24, 2011

Hoe om mense uit te freak…

 

Bord (5)

Soos ek genoem het is dit eksamentyd en prime tyd vir procrastinating. So om my ure te vul het ek hierdie lysie uit gedink. Nou hierdie is `n lys van goed om te doen as jy regtig lus is om mense uit te freak, of jy weet, as die koshuiskamer se mure besig is om in te beweeg op jou. As jy net voel jy moet uitbars en crazy gaan of net lus is om mense te laat wonder oor jou sanity. Voel vry om hierdie lys aan te vul en jou eie insane adventures. Baie van hierdie het ek op ander plekke gevind en van hulle het ek self opgemaak.

  • Antwoord alle vrae met: “Wil jy dit met of sonder chips hê?”
  • Nadat jy geld by `n ATM getrek het, skree: “Ek wen, ek wen. Al drie keer hierdie week.”
  • In `n winkel kyk reg in `n sekuriteitskamera in en sit make-up aan.
  • Kruip agter die klererakke weg in `n winkel en as mense verby kom en browse sê in `n squeaky voice: “Pick me, pick me.”
  • Val in die vlak water in die see, skop `n huge scene op en maak of jy verdrink.
  • As jy by `n dieretuin is, hardloop soos mal by die hekke uit en skree: “Run, run!! Hulle het almal ontsnap, almal!!”
  • Hardloop in `n winkel rond en jaag mense met `n haardroër.
  • Staan by die aankomste terminaal van `n lughawe en cheer soos mal vir elke mens wat aankom.
  • Sodra jy in enige gebou met `n interkom is en iemand begin praat oor die interkom, val op die grond neer en hou jou bene vas en begin in `n patetiese stemmetjie kla: “Nie die stemme alweer nie, hoekom los hulle my nie uit nie.”

Dis altyd fun om mense te maak dink dat jy insane is. En `n goeie manier om nie te leer nie, en in eksamen is dit tog wat ons almal soek.

Happy looking insane, almal...

AMANDA

Wednesday, October 19, 2011

Dinge wat dosente sê

 

Oor `n week begin ek met die eindeksamen en ons almal weet wat dit beteken. Ja, die universele aktiwiteit wat alle universiteit-studente reg oor die wêreld connect: procrastinating. In al sy vorme. Ek sien uit, true story. So om die merry time of the year bietjie vroeg af te skop het ek hierdie lysie saam gestel. Ek het al begin om ure op procrastinating sites te spandeer, veral die wat basiese `n samestelling is van hilarious quotes. So hierdie is my lysie van histeriese dinge wat dosente in die klas sê (en ja, dit is die enigste tyd wanneer ek oplet in klas). Ek noem nie name nie, to protect the innocent or the not-so-much...

“Daar is sekere adjektiewe wat nie trappe van vergelyking vat nie, soos “getroud”. Jy kan nie net bietjie getroud wees nie. Alhoewel party mense so dink soos Tiger Woods en die ene Joost van der Westhuizen.”

“Maak nie saak of dit `n verskil aan hulle lewens maak nie, solank almal net ingesluit voel.”

“Noord-Korea is `n absurde land. Dis soos die poster-child van hoe om nie `n land te regeer nie.”

“Moenie op die trappe lanks die kant sit nie, ek is aangesê dat dit `n fire-hazzard is.”

“Hulle kon gewoon nie aanpas by ‘ons moet nou leer om `n tjek te teken, maar ons het nog nie geleer tel nie’ “.

If you looking for figures on world polulation, the CIA Factbook is a good source. Little Johnny’s blog on ‘i hate people’... not so good.”

Science is creativity in a straight-jacket.”

History is filled with geniuses who were wrong.”

This is not for exam purposes, it’s more for your immortal soul.”

Richard Feynman was in his  office rolling around on the floor. Someone asked him what he was doing and he said: ‘I’m a particle travelling at the speed of light, but what do I see?’ ”.

If we only had Darwin and no Newton, we’d all be living in huts and talking about genes. I’d say Newton was more influential.”

“You know that astrology-stuff in the newspaper... Your moon is moving in Aquarius and so you’re gonna die.”

A number doesn’t roar and a probability doesn’t travel.”

Want dis hoe ons iets behou in Suid-Afrika. Ons pas dit amptelik toe en skiet die wat nie saamstem nie.”

Of was dit net `n geval van maak die net so groot as moontelik sodat al die vissies kan happy wees.”

He’s not one of those ‘I’ve only got some vague grasp of the idea, it must be great, where do I kneel’ type of philosophers.”

Dit was meer die  regeringsbenadering van BA-grade is useless, solank ons almal net kan till slaan by die spar.”

It can count out of 10, or 700. It can count out of pie. It doesn’t matter, it’s an arbitrary factor.”

We’ll be discussing why quantum mechanics is weird. So bring a friend... not a physics friend, as I don’t know so much what I’m talking about, but BA friends are welcome.”

Being close to the truth is like being half-pregnant.”

Remember a new paradigm doesn’t come with a sticker that says ‘new paradigm’ “.

Hierdie is net `n paar en ek hoop julle het net sulke hilarious-dosente soos ek. Om julle te help met procrastinating, hier is `n paar links:

http://dearblankpleaseblank.com/

http://www.thingsmyboyfriendsays.com/

http://attackofthecute.com/

So, happy procrastinating almal !!

AMANDA

 

 

 

 

Tuesday, October 18, 2011

Oor hipersensitiwiteit en ander sielkundige komplekse…

 

Ek het gister iets gelees wat my baie, en ek bdoel baie onstel het. In die November-uitgawe van `n sekere tydskrif,  wat ek nie hier sal noem nie, was daar `n artikel wat vir my nou so onstellend was. Ek lees baie goed in tydskrifte wat my mildly irriteer, meestal omdat ek baie tydskrifte lees en dit nie altyd insiggewende leesstof is nie. Maar hierdie artikel was juis so upsetting omdat dit iets probeer hanteer wat die skrywer van die artikel duidelik nie veel van weet nie.

Hipersensitiwiteit, soos hulle dit noem. Blykbaar word dit by mense gediagnoseer. Ja, gediagnoseer want apparently is dit een of ander sielkundige kompleks, soos so baie ander “komplekse” wat die noble sielkundiges uitdink om net nog meer geld uit mense te kry vir iets wat hulle by die girl agter die till by Spar kan kry. Soos julle kan agter kom, glo ek dat sielkunde oor die algemeen rubbish is. True, daar is sekere toestande wat regtig `n probleem is en waar mense hulp nodig het. Maar oor die algemeen is mense hopeloos te kompleks om hulle te “bestudeer” aan sekere reëls of teorieë.

Nou ja, hipersensitiwiteit is blykbaar `n toestand waar iemand baie sensitief is nie net vir hulle eie gevoelens nie, maar ook vir ander mense s’n en selfs alle sensoriese data wat mense oorval word mee op `n daaglikse basis. Hierdie kan ek mee saamleef. Wat my irriteer begin by die sub-opskrif: “hoe jy dit kan oorkom”. So, duidelik is hierdie een of ander siekte wat jy moet oorkom en dit word duidelik as `n negatiewe ding gesien. Verder was dit onstellend om te sien dat hulle meen jy word `n introvert en dat dit verander moet word.

Dit is so duidelik van vandag se persepsies oor mense. Enige eienskap wat mense nie verstaan nie, word dadelik as een of ander sielkundige probleem gebrandmerk. Ek het nog altyd geweet dat ek “hipersensitief” was, maar ek het nog altyd gedink dat dit een van die eienskappe van myself is waarvan ek actually hou. En apparently is dit een of ander sielkundige afwyking. Nie dat ek dit glo nie, dit irriteer my net dat mense `n artikel skryf wat so oningelug is en aanhou om negatiewe persepsies te skep. Hipersensitiwiteit is nie `n siekte wat gesond gemaak kan word nie, dis `n eienskap waarmee jy gebore word en dis nie iets sleg nie. Net so word introverte nie geskep nie en dis ook nie iets negatief soos my LO-onderwyser op skool ons wou maak glo nie. Dit is wie jy is en dit is wat jou uniek maak.

Ek wens mense wil net ophou met hierdie persepsies wat hulle skep en mense laat glo daar is fout met hulle omdat hulle is wie hulle is. Wat is normaal nou eintelik en wie is “normaal” genoeg om dit te meet?

Nou ja, op meer insiggewende artikels in die toekoms...

AMANDA

Tuesday, October 4, 2011

Sterre en straatligte…

 

Sommer net.. (26)

Ek weet ek het baie lank laas ge-post maar dit was nogal `n hectic tyd vir my. Soos dit maar gebeur op varsity het al my dosente skielike besef dat hulle nog predikaatpunte vir ons erens moet uitkrap en daarom het hulle ons toegegooi met werk. Hierdie was maklik die rofste akademiese tyd vir my ooit. En dit het gewys. My imuunsisteem het ge-crash en my vrot van die verkoue gelos. Dis nie die eerste keer nie. Met my eerste lisensie-afspraak was dit net so erg. Dis waarskynlik `n manifestasie van my persoonlikheid om al my probleme op te krop. So in plaas daarvan dat ek paniekbevange rond loop soos die meeste mense, suffer my imuunsisteem en ek word siek.

Dit het my laat dink: dis die siekte van ons tyd, is dit nie? Stres en gejaagdheid, en die feit dat mense nie kan deal met die honderde probleme waarmee ons elke dag gekonfronteer word in vandag se wêreld waar dit lyk of almal `n obsessie met sukses en geld het nie. Dis hartseer, ek weet. Maar dis iets wat moeilik, indien nie ontmoontelik is om van te ontsnap.

Ek dink hierdie probleem word baie goed (en so mooi) vasgevang in die gedig van D.J. Opperman “Negester en Stedelig”.  Die gedig is in die vorm van `n ouer se kommer oor sy kind wat te vasgevang raak in die stadslewe.  Die stad verteenwoordig die lewe van vandag. Die gejaag, die soeke na rykdom en die verlies van menslikheid. Dalk kom ons dit nie agter nie, maar dit gebeur. Soos golwe wat teen `n rots slaan, oor en oor. Die lewe maak jou hard, totdat jy naderhand nie meer geraak kan word deur enige iets nie. So dat mens gedurig opsoek is na kortstondige plesier, iets om jou weer lewendig te laat voel. In die gedig word die stedelig ,–die kortstondige plesier,  gekontrasteer met sterrelig, wat die langdurige liefde en vrede van God se teenwoordigheid verteenwoordig.

So, ek los julle met die laaste twee lines van die gedig as iets om saam te vat in die “mallemeule” waarin ons leef:

“en mag die Suiderkruis en Negesterr witter

as die stedeligte in jou siel bly skitter.”

AMANDA

Sunday, September 18, 2011

Oor my liefde vir legends…

 

So, die game wat ek probeer speel het laas keer was `n epic fail. Die rede, niemand wou met my speel nie. So either, niemand ken my goed genoeg om te raai nie of niemand het regtig genoeg omgegee om saam te speel nie. Punte gaan uit vir my roommate wat probeer het en actually reg geraai het.

Om die waarheid te sê, ek het nie verwag dat iemand dit sou reg raai nie. Die sad ding is dat in vandag se tyd min mense actually bekend is met die storie. Ten spyte van die feit dat daar al soveel boeke geskryf is en movies en series gemaak is. Gaan vra vir enige man op straat en hulle sal miskien die naam erken, maar hulle sal jou nie regtig veel van die storie kan vertel nie. Selfs die internet is nie van veel hulp nie. Daar is so baie weergawes en deurmekaar feite dat jy nie die regte storie kan opgrawe onder al die feite nie.

Waarvan praat ek? Die King Arthur-legend. (P.S. as jy nog nie die naam gehoor het nie, dan is daar `n erenstige gat in jou opvoeding.) Wel, terug by die punt, dis waaroor die series gaan wat ek op die oomblik kyk. Ek soek al so lank na `n series of movie oor die legend waarmee ek al obsessed is vandat ek klein is. Actually die series is uit die oogpunt van Merlin, die bekendste warlock (nee, hy is nie `n magican nie. Magicans trek hase uit hoede uit) van alle tye. Maar dit gaan net soveel oor Arthur. Ek dink dit gaan oor hulle vriendskap en hulle altwee se pad om uiteindelik hulle destiny te bereik.

En natuurlik is ek mal oor fantasy en magic en romance. Moenie die romance vergeet nie -–Arthur en Guinevere is nog altyd een van my favourite couples gewees. Persoonlik koop ek nie die donker Lancelot plot nie en gelukkig deel hierdie series my siening daaroor. BTW my fruitless internet-search het wel reveal dat die Lancelot-plot eers baie later bygeskryf is.

Ek wil net sommer jammer sê vir my kamermaat. Sy wil seker al by die venster uit spring so gek maak ek haar met hierdie storie. Ongelukkig is dit maar net hoe ek is. Ek verloor myself net baie maklik in `n storie. Maar daar is nie veel tyd vir legends nie, ek skryf more aand ekonomie en dan het ek nog `n huge opstel wat vrydag moet in wees vir afrikaans. Maar ek kan nie kla nie. Dit kon erger wees, I could have been married to a troll.

Wel, miskien sal dinge na dit kalmer wees. Tot dan toe...

AMANDA