"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Saturday, September 18, 2010

Lengte is in die lug

 

Daar is min dinge in die wereld wat mens so goed laat voel soos lengte. Die groen blare wat uit kom en die bloeisels wat begin bot. In die week wat ek uit Stellenbosch was is dit asof die hele dorp getransformeer is in `n kwessie van 7 dae. Al die Eike bome is vol groen blare en die eekhorings begin weer uitkom, so ook al die voels.

Ek is persoonlik mal oor die winter. Ek is mal oor die koue en die idee van snuggle (as daai spesiale iemand net binne bereik was), maar daar is iets wat stagneer in die donker koue. Ek is nie lus om enige iets te doen nie en alle inspirasie is weg. Dis asof die koue die inspirasie in my laat vries. En tog pla dit my nie, anders sou ek nie so mal oor winter gewees het nie. Die rede daarvoor is dat ek weet die transformasie kom, die ontdooiingsproses is oppad.

In die lengte is dit asof daar nuwe lewe in my kom bot soos die bloeisels aan die takke. Dis asof daai laag ys smelt en ek kan weer skryf en droom. Dis asof my hart weer kan asem haal. Selfs al is die dae nog nie warm nie, kan ek nie help om die nuwe lewe in my te voel ontspring nie. Soos `n fontein daar erens in die berge.

So daarom is ek nou dankbaar om te weet dat die yslaag gesmelt het en te weet dat die warmer dae voorle. Letterlik en figuurlik.

Maar ongelukkig is daar ander dinge wat my gedagtes kwel op die oomblik, dinge waarop ek nie sal ingaan nie. Dinge wat ek liewer nie sal erken nie, maar waarmee ek ongelukkig moet saamleef.

Wednesday, September 15, 2010

Shine you light

 

Dood is seker een van die moeilikste dinge in die wereld om te aanvaar of te verwerk. My klein bietjie ervaring daarmee het my dit geleer en om die waarheid te se: I still bear the scars. Maar ek wil nie oor myself praat vandag nie.

Ek wil vandag praat oor een van my vriendinne wat van nou af `n baie swaar las gaan moet dra. Tam, ek weet dit maak ongelooflik seer en daar is niks wat ek kan doen om dit beter te maak nie. Maar jy weet ek is hier as jy wil praat. Ek sal luister en ek is jammer ek sit aan die ander kant van die land en ek kan nie meer vir jou doen nie. Maar dis soos jy in jou status-update se, hy is in `n beter plek. Ja, ek weet dis `n cliche en dit laat mens gewoonlik nie beter voel nie. Maar eendag wanneer tyd die meeste van die pyn weggewas het, gaan die besef jou darem troos. Hy sal nooit regtig weg wees nie.

Ek dra vandag almal wat vir Lesley geken het in my gebede aan God op en ek bid dat hy hulle vrede sal gee en uiteindelik die pyn sal gesond maak. Ek het nie hom self geken nie, maar ek kon sien hoe gelukkig hy jou gemaak het, Tam, en dit vertel my baie van hom.

Lesley RIP….

Thursday, August 12, 2010

Birthday

 

Ek moet iets erken. Ek is absoluut versot op verjaarsdae. Was nog altyd. Ek kan al my verjaarsdagkoeke, –partytjies, en uitnodigings onthou vandat ek 3 jaar oud is. Daar was die ligblou roomys treinkoek op 3 en die tipiese barbiepop koek op 4. Op 5 was daar 2 koeke en `n groot partytjie met my hele kleuterskoolklas. Dit alles kan ek nog soos gister onthou. Ek onthou hoe my ouers ons toe ons klein was TOys R Us toe gevat het en dan kon ons nou ons eie geskenk kies. Dit was soos `n wonderplek vir my.

Ek onthou toe my pa my op 7 na hulle inloopkas gestuur het vir `n trui en ek `n splinternuwe fiets daar gevind het. En my huge Magic-company party op 8. En so gaan dit aan. Ek onhou nog die groot trip Gold Reef City toe vir my 11de verjaarsdag. Ek onthou al my verjaarsdae, al die mense wat daar was en so aan.

Maar my gunsteling verjaarsdag van almal was laasjaar. My 18de, die grootsprong na mondigheid. Ek het so baie moeite gedoen. `n Fondue met kaas en chocolate en 18 cupcakes met room op. Onder die sterrelug met kameras en champers met al my naaste vriendinne op die geustlist. Natuurlik was daar disappointment, maar die aand overall was magic. Al my vriendinne wat daar was het `n toast gemaak. Ek kan nie presies die woorde onthou nie, maar ek kan onthou wat ek gevoel het, asof ek ook vir eens iets vir iemand beteken het. En nou nog as ek na die foto’s kyk onthou ek daai aand, dit was die beste verjaarsdag ooit.

Ek is soos `n klein kind oor verjaarsdae, die opwinding, die koek, die geskenke. En elke nou en dan selfs op die ouderdom van 18 jaar en 363 dae vang ek myself dat ek nog op valentynsdag dink dat ek oor 6 maande verjaar. En dan op die 14de Julie is dit net een maand en so aan.

Vanadag is dit nog 2 dae voor ek 19 word, maar somehow het die verjaarsdag sy glans verloor. Hierdie jaar is die eerste jaar wat ek op my eie gaan wees. Weg van my familie en vriende. Ek weet dit sal weer beter gaan as ek eers weer goeie vriende hier gemaak het en `n sirkel opgebou het. Maar ek weet dit gaan tyd vat en defnitief nie binne 2dae gebeur nie. Daarom moet ek maar net vasbyt en deur dit kom. Maar dit maak dit nie makliker om te sluk nie. So hier is iets vir almal wat alleen is op hulle spesiale dag, daar sal weer beter tye wees,

     Soos hierdie…

Monday, August 9, 2010

Trapped

 

Daar is niks oor vir my hier
my memories is erens
verlore in die sand
en die moments het spontaan
begin brand
in tyd se ewige vuur.
Net mooi niks het oorgebly
die mense, die plek,
ek het alles ontgroei
en ek ruik die storm
wat in die naglug broei
wat help dit om daarteen te stry?

Ek wil vlieg
na waar die branders
die horison oorsteek
en ek finaal Kempton
se kettings kan breek
om my hart sorgloos in my arms te wieg

Hierdie is `n gedig wat ek laasjaar geskryf het. Matriek en mense wat jou in die rug steek. Enough said…

Sunday, August 1, 2010

Spading

 

Meeste van julle sal onbekend wees met die konsep. Ek was tot omtrent 2 weke gelede, nou is dit een van my grootste nagmerries. Ja, dis weer `n koshuis-ding. Die trapinlywingseremonie het toe heel goed afgegaan, met ander woorde : ek het oorleef. Ook maar net-net. nou het ek weer spading om oor te worry.

Dis basicly gatkruip by manskoshuise sodat hulle jou moet kies om hulle joolpartner te wees volgende jaar. So dis na hulle (losing) rugbyspan gaan kyk en vir hulle half 7 koffie vat in die bed (I am not kidding, wie okal daai idee gehad het, het `n heavy sadistiese streek). Vir hulle cupcakes vat en wie weet wat nog. Dit voel so goedkoop.

Die ding is, ek hou daarvan om in `n koshuis te bly maar al hierdie “vriendelik” verpligde goed vir eerstejaars is besig om my gek te maak. Ek wil nie `n wildvreemde ou gaan wakker klop of fake smile terwyl ek vir hom `n cupcake gee nie. Kan hulle nie net daai goed spaar vir die mense wat dit regtig wil doen nie? Anyway, dit is nou “verpligtend” so ek moet maar op my tande byt en saamgaan met dit alles (en `n gap vat as ek `n escape hole sien).

In elk geval, dis darem na hierdie week verby. Die varsity was genadig in die sin dat daar net 2 weke was om te spade en dis al. Die ergste van als is dat ons soos stalkers voel en hulle staan net daar en gaap ons aan soos visse met vlerke. Dis nei mutual nie, niemand koop vir ons cupcakes of bring vir ons koffie in die bed nie. Actually, ons lyk maar nogal heavy desperate.

Die upside is dat ek darem hierdie week `n paar awesome movies en series gekry het, so my dae is darem nie leeg nie. Die probleem is dit hou my uit die werk uit. Oh well, who cares? As daar probleme opduik, blameer ek dit op die koshuis-aktiwiteite…

Saturday, July 24, 2010

Lonliness

 

Ek is nou al 7 maande in die Kaap en ek het nog nie regtig vriende gemaak nie. Wel, daar is `n paar mense met wie ek oor die weg kom en wat ek mee kan gesels, maar dis ook maar nou dit. En dit vang jou elke kort-kort as jy terugsit en besef hoe alleen jy regtig is.

Lonliness is nie noodwendig `n kwessie van niemand ken nie soos in my geval. Ek is net nie die tipe mens om sommer  net oop te maak en mense in te laat nie. Dis vir my moeilik om mense te vertrou. In daai geval is my lonliness seker my eie skuld.

Maar lonliness kom ook in baie ander vorme voor. Soos wanneer jy in `n crowd staan en nog steeds heeltemal alleen voel. Miskien omdat jy nie die mense om jou ken nie en dus nie die spesifieke ervaring met iemand kan deel nie.

Of partykeer ken jy hope mense om maar jy voel nog alleen. Dis gewoonlik `n aanduiding van ongelukkigheid. `n Gevoel dat jy nie tuis is nie, jy voel onwelkom selfs in jou eie vriendekring. Dit is `n baie sterk boodskap van jou instinkte om jou betyds te waarsku om weg te kom en dis gewoonlik `n goeie plan om na jou instinkte te luister in so `n situasie.

Ek was al baie so alleen, ook in die onlangse verlede en ek sal heelwaarskynlik ook nog wees. Miskien oor ek die mure om myself so hoog gebou het. Dis `n selfverdedigingsmeganisme, die enigste een wat ek ken. As jy gewoond is aan mense wat jou hele lewe lank oor jou loop, begin jy op een of ander tyd om mense uit te sluit.

Gelukkig glo ek dat daar vir elke persoon daar buite, iemand is met `n sledge hammer wat net sterk genoeg is vir jou muur. Maar jy sal hom halfpad moet ontmoet…

Sunday, July 18, 2010

Proudly South African

 

So die wereldbeker is nou agter ons en ons almal suffer behoorlik nog van die nagevolge van world cup fever. Ek moet erken dat ek ook lekker in die kring van doomsayers gestaan en chat het, veral oor Eskom en hulle wydbekende incompetence. Twee jaar terug was 2010 `n disaster waiting to happen.

Maar na die afloop daarvan en `n hewige case van die fever moet ek erken dat ons land die beste wereldbeker nog ge-host het. Om so iets in jou backyard te aanskou is ongelooflike en dit gebeur net een keer in `n leeftyd. Alle Suid-Afrikaners het bygedra om dit onvergeetlik te maak en alhoewel ek nog nie `n vuvuzela-entoesias is nie, is ek bereid om te erken dat dit `n atmosfeer skep wat niemand ooit sal kan ewenaar nie.

Ekself was nie by `n wedstryd nie, maar dit beteken nie ek het nie `n proesel van die wereld gehad nie. Die atmosfeer was elektries, mense wat vuvuzelas in die strate blaas en met vlae op hulle karre ry. Die afskop game was iets om te beleef, daar was `n fan park in Kemton park waar ek was die vakansie, maar ver van die huis af. Toe Bafana daai eerste goal score, kon jy die vuvuzelas tot by ons huis hoor.

Persoonlik dink ek nie Bafana Bafana het teleurgestel nie,  al wou ons almal he hulle moes verder gaan. Dis belangrik om te onthou dat hulle baie laer ge-rank was as al die ander kwalifiserende lande. Bafana het vir Frankryk gewen – ek wil nou nie my nek uitsteek nie, maar ek is seker dat die Franse voor die wereldbeker onder die top 10 spanne was. Wat hulle op die wereldbeker angevang het, sal ek nou nie noem nie, maar nou ja. En so on the side, niemand hier hou van Uruguay nie, volgens my moes hulle dit nie eers verby die eerste roondte gemaak het nie. Baie geluk aan Spanje met hulle victory en aan Paul, die heldersiende seekat wat alles  voorspel het. Hy is egter `n duitse seekat en het reg voorspel dat die Duitsers teen die Spaanse gaan verloor. Niemand kan dus waarborg dat hy nie een van die dae as kalamari gaan opeindig nie.

Vir die final het ek , my sussie en 2 van my vriendinne die Gautrein Sandton toe gevat en  `n draai by die Nelson Mandela square gaan maak (by the way happy birthday aan hom vandag). Die 3d-show van Sony was impressive en die gees was ongelooflik. Ons het midde in `n Spaanse stampede beland. Dit was awesome, maar ook `n bietjie scary. Die res was nie veel van `n fan-fest nie, die enigste manier om eers naby `n tv-screen te kom was om in een van die resturante te gaan sit, waar jy R20,60 vir `n coke moes bestel! Die trein was amazing, 12 minute van Rhodesfield tot in Sandton flat, pretty impressive. By the way, wees slim en klim eerder op by die Rhodesfield stasie as by die lughawe, aangesien dit amper presies dieselfde afstand is teen helfte van die prys.  Die trein is vinnig, veilig en baie goedkoper as om per kar te ry, en beter vir die omgeweing ook. Die scenery is nie spectacular nie, maar as jy verwag om iets beter te sien is jy heelwaarskynlik `n toeris en verwag jy leeus in die strate ook.

So ek wil vandag amptelik my woorde terugtrek en hardop erken: well done SA, die wereldbeker was `n huge sukses en seker die mees onvergeetlikste een tot dusver. Al wat ek nou nog wil sien is `n soortgelyke trein van Stellenbosch tot in Kaapstad34870_478663434744_763544744_6303013_4453421_n  34746_478663774744_763544744_6303025_6335890_n 34746_478663764744_763544744_6303023_5997949_n Final day  (26) 34906_478665534744_763544744_6303073_4958080_n 34906_478665529744_763544744_6303072_2414591_n 34870_478663454744_763544744_6303016_5939231_n 34870_478663429744_763544744_6303012_3346000_n