"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Tuesday, May 31, 2011

Speel met `n lens…

 

Hierdie is net `n paar van die foto’s wat ek die afgelope tyd geneem het danksy `n heavy case van eksamen-blues. En soos almal weet is die enigste cure daarvoor pracrastinating… So dis hoe ek dit hierdie eksamentyd doen…

Just checking in…

 

Ek het nie eintelik iets om te sê vanaand nie, maar ek voel tog dis nodig om net by te hou. Die meeste wat maar in my lewe aangaan is eksamen op die oomblik en natuurlik worry oor die bestuurslisensie. Maar ek probeer om so min as moontelik daaraan te dink…

Ek kan maar net vir God dankie sê  wanneer dit so gaan. Ja, dis nie vreeslik exiting nie, maar ten minste gebeur daar niks sleg nie (vir nou). Op die oomblik geniet ek die eenvoudige goed. Pizza eet (yum) en bietjie rondspeel met amateur-fotografie, as mens dit eintelik fotografie kan noem.

My roommate het Sondagaand verjaar en ek wil net vir haar happy birthday sê. En shame on die eerstejaars in ons seksie wat vir haar moes kom sing het en nie het nie.  Sy word nou oud, volgens haar is 20 al aftree-ouderdom. Ek word ook twintig hierdie jaar en ek voel nie oud nie. Maar nou ja, dis net ek…

Anyway, dis net bietjie meer as `n week en dan gaan ek huis toe en ek sien baie uit. Veral vir die 24ste Junie, The Script anyone? (5 second dance party!!)

So veilig loop in God se genade en onthou dat `n vervelige lewe elke nou en dan fine is, maar as dit altyd boring is, is dit jou eie skuld.

Sunday, May 29, 2011

Subtiele werke

 

Een ding het my vandag tussen die oë getref en dit is dat God in allerhande maniere werk. Gewoonlik in die maniere wat ons die minste verwag en slegs op Sy tyd. Maak nie saak wat nie, ons kan nie ons wil op Hom afdwing nie. Juis vir die rede omdat hy weet wat ons nodig het. Nie wat ons wil hê nie of wat ons dink ons het nodig nie. Maar wanneer mens jou oë oop maak en begin oplet vir God se werke om ons, sal ons altyd verwonderd wees oor hoe magtig Hy is en hoe Hy elke dag na ons kyk, self al dink ons nie so nie.

Hierdie maand was my finances maar beroerd gewees en ek was baie bekommerd daaroor. OK, dit was seker nie `n huge probleem nie. Maar ek wou baie graag saam met my beste vriendin na The Script gaan kyk in Johannesburg en dit sou `n groot duik in my sak gemaak het. Veral omdat sy golden circle kaartjies wou gehad het.  So, dis nie asof ek regtig `n probleem gehad het nie, maar in elk geval.

Ek het met God daaroor gepraat en net die volgende dag het my sussie my gebel om te gaan fliek. Ek moes seker nie gaan nie, maar ek wou baie graag. Oppad vertel sy my so dat al die Golden circle kaartjies uitverkoop is. En dit was die eerste manier waarin God gewerk het. Dit was nie huge nie, maar dit was `n R100 wat ek gespaar het.

Ek het nog nie eers my geld vir die maand getrek nie en dit was `n issue omdat ek gewoonlik baie bankkoste betaal met die rekening wat ek op die oomblik het. Maar toe ek gister gaan geld trek by die ATM toe trek ek die hele bedrag sonder `n sent bankkoste. Toe ek kyk wat in my rekening aangaan, sien ek dat daar `n R1000 ekstra in my rekening is. Ek het dadelik aangeneem dit was `n fout, maar ten minste het ek die bankkoste gemis.

Toe ek later met my pa praat, sê hy vir my dat nie `n fout was nie en dat hy ekstra geld in betaal het hierdie maand. Net nog `n manier wat God my met hierdie probleem gehelp het sonder dat ek regtig gevra het. Ek het maar net aangeneem dat ek sal moet klaarkom, maar ek was verkeerd. Want God is altyd daar vir die mense wat vir hulp vra. So ek wil maar net hier vir God prys en vir almal vertel hoe dankbaar ek is.

Second time maybe…

 

Ek gaan die tiende Junie vir my bestuurslisensie… vir die tweede keer. Die eerste keer was kinda traumaties, om die minste te sê. Ek het die parkering verbasend reg gekry, maar net toe ek uitry by die ally-docking, toe ry ek `n paaltjie raak en dop dadelik.  Ek was siek en moeg en so op my senuwees, ek het ure daarna nog gebewe van die nerves. En ek het nog die vorige aand semestertoets geskryf. Maar dis maar alles net verskonings. In my hart het ek geweet ek is nog nie reg nie.

So graag as wat ek wil he dat dit natuurlik moet kom, struggle ek met `n ratkar. En daar is niks wat ek eerder as my lisensie wil he op die oomblik nie. My pa-hulle het self `n kar gekoop waarmee ek kan ry as ek my lisensie kry. Maar ek voel nie seker nie. Almal se ek moet positief dink, maar ek kan regtig nie positief voel op die oomblik nie. Meeste mense wat ek raakloop het hulle toetse eers op die vierde keer geslaag en my learners verval aan die einde van Junie. Dan moet ek eers weer vir `n nuwe learner’s gaan en ek weet nie of ek daarvoor kans sien nie.

Ek weet nie of ek oor dit sal kom as ek weer dop nie. Al die geld wat dit kos en al die moeite en trauma. Ek dink nie ek sal ooit oor dit kom nie. So, ek is baie gespanne op die oomblik en ek weet nie hoe om dit te hanteer nie. My ma sê ek moet vir my kalmeerpille kry, maar ek weet nie of dit die slimste ding is om kalmeerdrugs te drink net voor ek vir my driver’s toets gaan nie. En ek weet nie eers of dit sal help nie. Daar is soveel wat ek nie weet nie, soveel dinge wat hulle gaan toets.

Dus kan ek nie help om te voel of ek gaan dop nie. Al wat ek kan doen is om te hoop en bid dat dalk net miskien dit op die tweede try kan kry…

Thursday, May 26, 2011

Movie-madness

 

Soos ek gister  genoem het sal studente enige iets doen om nie te leer nie. En een van die goed waarmee die meeste van ons onsself mee besig hou is movies. Ek steek mos my huidige  Lord of the Rings addiction weg met die verskoning dat ek `n nuwe taal leer. Maar fliekkoors loop ook hoog elders op kampus.

Ek en my suster wag nou al vir dae om die nuwe Pirates of the carribean movie te gaan kyk. Eintelik wag ek al vir 4 jaar om die fliek te gaan kyk. Die movies was nog altyd `n tipe van `n tradisie in my vriendegroep. Ons het almal `n obsessie met die flieks. Dit wissel van `n mild obessie – het al die flieks ten minste al 3 keer gekyk – tot `n volslae obsessie – wat gewoonlik `n huge crush op Johnny Depp involve (ja Monica, ek praat met jou). Ekself kan omtrent al 3 flieks uit my kop uit opsê. Ons het die vorige 3 flieks saam gesien en ek wens vanaand dat ek die nuwe een ook saam met hulle kon gaan kyk.

So toe het ons net na vyf die movie gaan sien. Maar dit was nie my suster se eerste trip na die flieks toe vir die dag nie. Sy het vroeër Water for Elephants gaan kyk en was baie impressed daarmee. Ek wil dit ook baie graag gaan kyk maar my finansies lyk maar beroerd die maand aangesien ek op 24 Junie The Script wil gaan kyk (5 second dance-party). Die movie het my suster laat besluit dat sy in die sirkus wil introu. OK, wel sy het dit lankal al gesê, maar dit het net haar besluit versterk. Vreemde kind daardie.

Maar terug by Pirates 4. Ek het nie heeltemal geweet wat om te verwag nie. Dis Pirates, so natuurlik sou dit awesome wees. Maar ek was ook maar bietjie skepties gewees. Hoe kan `n awesome movie met Orlando Bloom in die cast se follow-up awesome wees sonder Orlando Bloom. Punt is, ewe skielik skryf hulle van die hoofkarakters uit die storie uit wat gehelp het om die eerste 3 movies so awesome te maak. En dit was `n nuwe director. `n Director kan mos die wereld se verskil maak. My gut het maar vir my gese dat `n vierde movie een te veel is. (Op daardie noot, kan julle glo hulle maak `n nuwe X-men movie? Seriously, it’s gotta end somewhere)

Maar ek was seriously verras. Dit was regtig awesome. Om eerlik te wees, dit kan nie anders as awesome wees met Captain Jack Sparrow in die prentjie nie. Dit waes nog snaaks en `n awesome adventure op dieselfde standaard as die vorige movies. Die enigste downside is dat ek op die oomblik heavy terrified is vir mermaids. Niks seester-earrings singing vismaatjies hier nie. Dit was baie scary. Maar defnitief die moeite werd. So hier is op nog `n suksesvolle movie in `n epic franchise. Mag dit oor die jare nog baie op facebook ge-quote word deur ek en my obsessive vriendinne.

BTW, ek’s besig om LOTR weer te kyk en oppad google toe om uit te vind wat Arwen en Arogorn nou eintelik vir mekaar in Elvish sê. Sien dan leer ek mos nou regtig `n nuwe taal aan…

Wednesday, May 25, 2011

Eksamentyd

 

Waar het die tyd heen gegaan wonder ek hier waar ek nou sit. Voor ek my weer kan kry is dit alweer eksamentyd. Daai laaste 4 weke voor die vakansie waar jy skielik rekenskap moet gee van al die ekonomieklasse wat ek nie in opgelet het nie en al die filosofie-klasse waardeur ek geslaap het.

En dit beteken gewoonlik baie goed vir my onder andere `n skielike ontsnapping van `n serious case van writer’s block en ‘n huge oordosis aan Hot Chocolate. Laasjaar was dit DCM se hot chocolate maar hierdie haar het by Java vasgehaak. Meestal omdat jy whipped cream op kry, die lekkerste in die wereld. En die writer’s block. Ek het al agter gekom dat wanneer ek aan `n baie serious case van writer’s block suffer is die enigste ding wat dit kan cure die skielike aanbreek van bloktyd vir eksamen. Ek weet nie, miskien is dit `n advance vorm van procrastination. Almal se gunsteling tydverdryf hierdie tyd van die jaar. Jy kan maar gaan kyk op facebook. Elke tweede status-update bevat die woord. Ek is ook baie bekend met die konsep, ek kan aan baie maniere dink om die hobby te practise. Soos byvoorbeeld facebook, gaan stap, movies en series kyk (baie) en natuurlik Neelsie toe loop om te gaan hot chocolate te gaan koop.

Julle sal oplet dat leer nie `n baie groot prioriteit op my eksamentyd te-doen-lysie is nie. Maar eksamen op universiteit is `n baie ander ervaring as op skool. In die eerste plek jy skryf  omtrent net een vraestel `n week. So leer en eksamen skryf is eintelik `n baie klein persentasie van eksamentyd self. Maar daar is geen manier om die eksamenatmosfeer in die die koshuis te mis nie. Dis erger as in `n begrafplaas. Ek vermoed al die ander mense in die koshuis vat eksamen baie erenstiger as ek op. Dit was `n duur les wat ek gister geleer het toe ek `n vraestel geskryf het waarvoor ek heeltemal te min geleer het. Vandag se vraestel het ek darem baie meer voor geleer.

Intussen gaan ek voort met my hobby van procrastinating. Op die oomblik doen ek dit deur `n nuwe taal te leer. En ek moet erken dat dit Elvish is, want my Lord of the rings addiction het net geen einde op die oomblik nie. Elke keer dink ek ek sal dit uit my sisteem kry as ek die movies nog `n keer kyk, maar elke keer help dit niks. Ek sal seker een of ander tyd moeg raak daarvoor, hopelik…

Tuesday, May 24, 2011

Twyfel

 

Vandag het ek weer besef hoe wonderlik God te werk gaan. Soms is dit so subtiel dat die meeste mense dit nie eers sal agterkom nie, maar vanoggend was dit vir my so duidelik soos daglig. Die eerste teken was die teks waaruit die dominee gepreek het in die kerk vanoggend. Lukas 24, dit is van belang omdat ek vanoggend voor kerk in die koerant gelees het van `n gedeelte uit Lukas 24. Ek glo nie in toeval as dit by sulke goed kom nie. Ek het dadelik geweet dat hierdie preek net vir my was. En dit was…

Die preek was oor twyfel. Een sin staan vir my uit. Dat twyfel en geloof hand aan hand gaan, en dat daar `n verskil is tussen twyfel en ongeloof. Ek het hierdie preek nodig gehad omdat ek die afgelope ruk getwyfel het of ek sterk genoeg sal wees om volgende kwartaal se filosofie te kan hanteer. Ek het gehoor dat ons volgende kwartaal filosofie van geloof doen en dat dit baie rof is. Ek was bang daarvoor en ek wou dit vermy ten alle koste, ek wil nou nog.

Maar na vanoggend voel ek versterk. Ek onthou dat hy gesê het oor die konfrontasie van dinge wat jou kan laat twyfel. Dat jy dalk die bose teen alle koste wil vermy, maar die bose wil jou nie vermy nie. Twyfel kan juis voordelig wees omdat dit jou geloof sterker maak en jou naby aan jou Verlosser hou. Daarom moet jy nie bang wees om dit te face nie. Twyfel alleen kan jou nie by ongeloof uitbring nie. Ongeloof is `n keuse, net soos geloof `n keuse is.

Daarom was die preek oor twyfel juis vir my gewees en ek weet dat God vanoggend deur die preek met my gepraat het. Ek twyfel soms omdat ek menslik is en ek weet dat ek swak is. Dit is ook menslik. Maar dit is juis wanneer ons op ons swakste is dat God op sy sterktse in ons lewens werk. Dit is nooit `n slegte ding om te besef hoe swak ons werklik is nie. Want ons is mense en ons is swak, maak nie saak wat baie mense hulleself wil oortuig nie. God is almagtig en dit is sleg deur Sy genade dat ons ooit enige iets kan reg kry…

Friday, May 20, 2011

Verwondering

 

As ek te lank in die koshuis aaneen is, raak ek maklik rusteloos en min dinge help daarvoor behlawe beweeg. Nou as dit reen of `n vakansiedag is, is daar niks wat ek daaraan kan doen nie. Vandag het ek besluit om `n ent te gaan stap, aangesien ek dit baie lank laas gedoen het. Hopeloos te lank laas. Laas jaar het ek dit so baie gedoen. Ten minste elke Sondag, aangesien ek in die week te veel dinge aangehad het. Ek weet nie eintelik hoekom ek dit nie meer so baie doen hierdie jaar nie, maar ek gaan beslis probeer om dit meer te doen as ek die kans kry.

My gunsteling plek in Stellenbosch is die  bruggie oor die Eersterivier. Ek kan vir ure daar staan en net kyk hoe die water rustig onder my verby stroom. Ek weet nie hoekom nie, maar daar was nog altyd iets aan water wat my rustig gemaak het. Dis hoekom ek so dol is oor die see en oor reen en die rivier. Die klank van die water wat oor die klippe stroom maak iets in my los en ek kan nie help om te laat gaan nie.

In so mooi dorp word ek gedurig vasgevang in die skoonheid van die natuur. Die donker, klam rustigheid van die Botaniese tuine en die wind wat deur die groot boom voor ons venster kam.  Die eikeblare wat in die herfs verkleur en grond toe val en veral die adorable eekhorings wat oral is. Wanneer mens gaan stil staan en die vars lug inasem, die water oor die klippe oor kabbel en die eekhorings die bome sien klim, kan mens nie help om gevul te word met `n gevoel van verwondering nie.

`n Gevoel van verwondering oor hoe ongelooflik God se skepping is. Ek sal nooit kan verstaan hoe sommige mense die skepping kan aanskou en nie kan glo nie. Nie die mate van God se almag kan insien nie. Nie dat dit mens regtig moet verbaas nie. Die mens se kapasiteit vir enige iets is baie meer beperk as wat enige iemand deesdae wil erken.  God het ons in Sy beeld geskep, maar ons sal nooit sy weë kan begryp nie en ons sal dus nooit die heelal kan verduidelik aan die hand van enige iets nie. En ek stel ook nie belang om enige iets te verduidelik of te verstaan nie. Ek wil net alles indrink, waardeer so goed ek kan en God se naam prys want Hy is almagtig en Sy skepping is so besonders dat `n duisend jaar nie gnoeg is om dit behoorlik te waardeer nie.

Ek prys U naam, want U is almagtig, ek lees dit in U skepping. Ek sal nooit U almag kan indrink nie, maar dit laat my net besef hoe klein en onbenullig ek is. Dankie dat U in my belangstel en U seun gestuur het om vir my sondes te sterf. Amen.

Wednesday, May 18, 2011

Verkiesingskoors

 

So vandag was munsipale verkiesings in ons land en ek het ook in `n lang tou gaan staan om my kruisies te trek. En ek het die irriterende, blywende inkmerk op my nael om dit te bewys.

Tussen deur die stryd vir mag in die verskillende wyke van ons land het een ding my getref en dit is dat dit nie saakmaak wie wen nie. Want sonder God se genade en leiding sal  nie een van hulle ons op die regte pad lei nie.

Wat ons land nodig het is leiers wat God ken en die land volgens sy wil sal lei. So ten midde van al die tel van stemme bid ek net vir wysheid en nederigheid vir ons huidige en toekomstige leiers om te besef van waar alles vandaan kom en sodat hulle hulle besluite daarvolgens sal maak. Die oomblik as dit gebeur sal al Suid-Afrika se probleme verdwyn. Nie omdat enige iets net magically sal regkom nie, maar omdat ons enige iets kan vermag met God aan ons kant.

In ander nuus voel ek dat die Studente stem party `n mention verdien. Hulle hoogste visie vir die toekoms en die rede hoekom hulle run vir die verkiesing is om te keer dat die clubs in Stellenbosch vroeg toemaak. Nogal hartseer aangesien daar soveel groter issues is om aan te spreek. Maar nou ja, mag God die leiers van more wysheid gee…

Monday, May 16, 2011

Geloof en Genade

 

Vir redes wat meeste van die tyd in die duister vir my is, het ek filosofie as `n vak. Meeste van die klasse slaap ek, die klasse waar ek nie  slaap nie let ek nie op nie. En in die klasse waar ek wel oplet is ek tot die dood toe verveeld. In my opinie is al die filosowe wat ons behandel, total nutcases.

Maar iets het my laat dink wat ons behandel het in ons huidige module. Ons het die hervorming van die kerk in die middeleeue en die oorloë tussen die katolieke en die protestante behandel. Een van die groot strydpunte was die bestaan van vrye wil of nie. Die katolieke het geglo dat vrye wil bestaan omdat mens deur grond van skuldbelydenis in die Hemel kan kom. Terwyl die prot estante geglo het dat vrye wil nie bestaan nie omdat jy voorafbestem is om Hemel te gaan of nie.

Ek het bietjie daaroor gedink en ek dink nie hierdie is `n debat van vrye wil nie. Ek kom uit `n protestante agtergrond en daar is baie dinkge van die katolieke wat ek nie verstaan nie. Wat ek wel glo is dat mens nie op jou skuldbelydenis en goeie werke gered kan word nie. Daarvoor is God te almagtig en mense te onbelangrik om enige iets vir hulleself te vermag. Dit is hoekom Jesus Christus aan die kruis vir ons sondes gesterf het. Sodat ons sondes vergewe kan word. Daarom is die enigste manier wat ons gered kan word om Sy genade te aanvaar en sy dienaar te word. Om `n persoonlike verhouding met Hom op te bou. Daarom moet ons nogtans ons skuld bely om meer soos Hy te word en sodat ons sy liefde kan uitleef teenoor die mense om ons. Maar God is genadig en deur Jesus Christus sal ons vergewe word. Maar ek glo daar bestaan vrye wil. Dat God ons wel met vrye wil gemaak het sodat ons die geskenk van sy genade kan aanvaar en sodat ons ons eie besluite kan maak.

Ek kan nie beskryf hoe vrye wil moontelik is , soos die filosowe probeer nie. Want ons is eenvoudige mense en alhoewel ons in Sy beeld geskep is, is ons vermoë baie beperk. En ons sal nooit, ooit kan verstaan hoe God se weë werk nie. Hy is almagtig en Hy het ons geskep. En vir een of ander rede, wat niks met die mens self te doen het nie, wil Hy `n verhouding met ons hê. Soos `n Pa met sy kinders. Al wat ons hoef te doen is om Sy geskenk van genade te aanvaar en ons harte oop te maak.