"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Sunday, July 31, 2011

Trapinlywing

 

Een van die beste dinge van in die koshuis wees is om `n senior te wees. Die eerstejaars moet jou groet en niemand kan jou meer forseer om enige iets te doen nie. Nie dat ek eintelik laas jaar geluister het nie. Ek het heel snoesig in die bed gebly toe die meisies laas jaar 7 uur in die oggend vir die ouens van Majuba koffie gevat het in `n poging om hulle te kry om saam met ons te Jool. `n Poging wat nie gewerk het nie, moet ek bysê. Hulle het Serruria verkies, maar daaroor gaan ek nie komentaar lewer nie. My suster is in Serruria.

Maar die ander awesome gedeelte van `n senior wees is dat jy kan sit en lag vir al die doop-aktiwiteite wat die eerstejaars moet doen terwyl jy terug dink aan die aand toe jy dit moes doen. Soos vanaand met trapinlywing. Hier is dit waarskynlik nodig vir my om te verduidelik wat trapinlywing is. In ons koshuis mag die eerstejaars nie die hooftrap gebruik nie. Maar die Donderdag voor huisdans word hulle ingelyf by die gebruik van die trap sodat hulle met huisdans `n Cinderella-entrance kan maak na waar hulle date onder wag. Die inlywing is niks te erg nie. Elke seksie moet net `n klein skit uitdink wat hulle dan op die trap moet uitvoer voor die res van die koshuis.

Daarby moet elke seksie voor die tyd `n honderd redes uitdink oor hoekom hulle die trap wil gebruik. `n Honderd redes is nie maklik nie en dit dwing jou om kreatief te dink. Die redes word dan aan die koshuis voorgelees. Ek kan nie nou nie almal van vanaand onthou nie. Daar was egter van die wat nie so oorspronklik was nie, soos: “Ek wil die trap gebruik want... dis diè trap” en “ek wil die trap gebruik want... sommer.” Maar van die meer kreatiewe redes was: “Ek wil die trap gebruik... want ek het bene en nie vlerke nie.”; “Ek wil die trap gebruik want... die blackberry-sein is beter op die hooftrap” en “Ek wil die trap gebruik want... Michael Jackson kruip onder die ander trap weg.”

Die skits self was baie cute gewees. Party was snaaks en ander was minder inspiring. In een van die betere skits het `n eerstejaar haar in volle legal language op die konstitusie beroep om diskriminasie in die koshuis te stop sodat almal die trap kan gebruik. Wat sy nie weet nie is dat sy daar op sovereign soil was en dat die konstitusie haar nie veel sou help nie.

Deur al die craziness het my gedagtes terug gegaan na ons eerstejaar toe en veral die goed wat hulle ons maak doen het. Soos die ridiculous song wat ons vir almal moes sing- met die intro:

“Eerstejaars, wys vir die manne wat doen Monica-mesies met hulle piesangs”

En die antwoord daarop?

Put a banana in your ear

Jip, dis nie `n typo nie. Wow, dankie tog dis verby!

AMANDA

Monday, July 25, 2011

Beautiful Day

 

Son, Maan & Reën (24) Son, Maan & Reën (26)

Hierdie was die gorgeous reënboog wat gister uit die bloute uit verskyn het. Dit het nie gereën nie, nie eintelik nie. Behalwe vir  `n vreemde bui wat gelyk het of dit net van êrens af ingewaai het omdat die lug bo ons helder blou was.  Die wind was belaglik erg en dit was koud, maar dit was vir my een van die mooiste dae wat ek nog ooit gesien het.  Ek is mal oor die wind. Ek dink mense het seker gedink ek is `n freak of nature omdat ek so langs die straat my arms gesprei het. Ek is net dol oor daai gevoel asof jy gaan opstyg.

Vandag was die wind weer erg en weereens het die fyn reën, amper soos `n mis van `n ver plek af ingewaai sonder dat dit bewolk was. Inteendeel bokant ons koppe het die son geskyn. Ek kan nie glo dat ek so geseënd was om wind, reën en sonskyn alles op dieselfde dag te gehad het. En terwyl ek geloop het met die wind reg in my gesig, het ek dit ingeasem. Dit was so vars en skoon dat mens amper al die slegte dinge in die lewe in een asemteug kon vergeet. En asof dit net so bedoel was het Beautiful Day van U2 ewe skielik op my mp3-player begin speel.

You love this town, even if it doesn’t ring true. You’ve been all over and it’s been all over you...

Daai gevoel is onmoontelik om presies in woorde om te sit. Om met daardie amazing song in jou ore te loop op so `n pragtige dag. Ek kon net nie die smile van my gesig af weghou nie. Dag na dag voel ek so geseënd om in hierdie mooi dorp in hierdie mooi land te bly. Verwondering vang my keer op keer. God se skepping se skoonheid is ver bo enige iets wat die verbeelding ooit kan optower. En ek voel net so bevoorreg om in die middel van Sy skepping te bly. En ek prys Sy naam daarvoor.

Ek los julle met die koor van Beautiful Day. Ek hoop dit help julle om te besef dat dit maak nie saak hoe swaar jou lewe is nie, ons lewe in `n pragtige wêreld en elke dag in hierdie pragtige land is `n Beautiful Day.

It’s a beautiful day, don’t let it get away. It’s a beautiful day. Touch me, take me to that other place. Teach me now, I know I’m not a hopeless case.

AMANDA

Saturday, July 23, 2011

Water for Elephants

 

Sommer net (45)

Ek gaan vanaand iets confess wat heel moontelik gaan maak dat die meerderheid van die wereld se vroulike bevolking gaan dink dat ek mal is. Ek was nog altyd anti- Robert Pattinson. En ja, dit het alles met die Twilight-saga te doen. Maar die presiese redes daarvoor is `n storie vir `n ander dag.  Die ding is, ek het nou onlangs twee van sy movies gesien waaroor ek absoluut dol was: Remember me en Water for Elephants. So ek het besluit om die ou `n kans te gee en om nie verder Twilight teen hom te hou nie. Ons almal maak tog foute.

In altwee movies het ek soos `n baba gehuil. Remember me was ongelooflik hartseer, maar dis oor Water for Elephants waaroor ek wil skryf vanaand. Ek het dit uiteindelik gisteraand gekyk nadat ek dit vir lank al gesoek het. My suster het dit in die cinemas gaan kyk dieselfde dag wat ons die nuwe Pirates-movie gaan kyk het, maar ek moes die maand nog my kaartjie vir The Script betaal het, so ek het net die een movie gaan kyk. Die movie het haar besluit om in die sirkus in te trou versterk, so ek het geraai dat dit goed moes wees.

En dit was. Ek het gehuil, maar dit was defnitief tears of joy, want dit was een van die mooiste eindes wat ek in `n lang tyd gesien het. Ten spyte daarvan dat iemand deur `n olifant dood gemaak word. Voor ek die movie gesien het, was ek nogal bietjie disturbed met die idee van Reese Witherspoon en Robert Pattinson as `n couple, maar ek dink dit werk nogal. Ek het gedink sy was veral convincing gewees.

Net `n waarskuwing vir mense wat maar sensitief is soos ek: Daar is so een scene of wat waar die ringmaster baie harsh is op die olifant, maar hy kry sy just reward in die einde. En lets face it: `n olifant wat wiskey drink is net awesome. Enough said. Die movie gee mens ook `n groot insight in die depressie-jare in Amerika en ook in die  werkinge van `n sirkus in daardie tyd. Ek kan nie sien hoe dit my suster convince het om in een in te trou nie, aangesien jy by `n moving train uit gegooi kan word as jy net effens skeef trap. Maar dis haar besluit.

Oor die algemeen sal ek almal defnitief aanraai om dit te gaan kyk. Veral vir die hopeless romantics onder julle (ek weet ek’s nie die enigste een nie). Maar dis nie al wat daar aan die movie is nie. Gaan kyk daarna, dis briljant.

Wednesday, July 20, 2011

Blomme

 

Sommer net (25)

Hierdie is die gorgeous sonneblom wat ek vandag gekoop het. Sommer net omdat ek kan en ek toevallig verby die blommestalletjie geloop het. Ek kon dit nie weerstaan nie. Daar is iets aan blomme wat net die wêreld op lig. Wat die son laat warmer voel en wat `n helderheid aan `n dag gee. Maak nie saak of blomme nie lank hou nie, dit maak my hart nog steeds bly. Miskien omdat dit `n duidelike uiting is van die skoonheid van God se skepping.

Sonneblomme is nie juis my gunsteling blom nie. My gunsteling is rose of orgidieë. Maar hierdie blom het net my hart geraak, miskien het dit my laat terug verlang na `n maklike en eenvoudige tyd. Hierdie was een van my vriendinne se gunsteling blomme. Elke keer as ek `n sonneblom sien, dink ek terug aan die middae wat ek en sy terug huis toe geloop het na skool en gepraat het van haar troue met sonneblomme en kosmos. Alles was so eenvoudig toe, die toekoms en drome en selfs vriendskap.

Miskien is dit die feit dat ek bietjie home-sick is wat my so aangetrek het tot die sonneblom. Dit nou behalwe die feit dat dit so beautiful is. Dit is die eerste week wat ek terug is in die Kaap en weg van die huis af en dit is maar altyd moeilik. Die blom help darem bietjie, dit maak die kamer, en my, hart helderder. Dit voel of my siel glimlag en dit dryf die lonliness bietjie weg.

Mens kan nie help om verwonderd te wees met God se ongelooflike skepping wanneer mens na die skoonheid van blomme kyk.  Die aarde is ongelooflik mooi en ek wens dat ek die beauty kan inasem sodat dit deel kan word van my. En ek kan nie help om die Here te prys vir sy ongelooflike skepping nie.

Tot die home-sickness vanself weggaan sal die blom my siel lig. Tot dan toe...

AMANDA

Tuesday, July 19, 2011

Tafelberg

 

 Tafelberg (6)

Dit het nog altyd vir my gelyk of Tafelberg wag staan oor die stad. Ek kan nie presies verduidelik hoekom nie, miskien is dit maar net my verbeelding wat met my weg hardloop. Want die landmerk het nog altyd my verbeelding aangegryp. Selfs lank voor ek die berg met my eie oë gesien het. Daar is net iets trots en standvastig aan Tafelberg wat `n tipe verwondering by my wek wat ek nie altyd in woorde kan sit nie. Deur alles waardeur ons pragtige land al is, staan die berg nog onveranderd daar en dit gee my hoop. Dis wat die berg vir my is.

Dit laat my dink aan die gedig Swyende van Lina Spies:

“en die berg waarheen ek terug gekom het, om aan te sit by die bekende tafel.”

  Ek is lief vir Tafelberg. Dis `n liefde wat mens nie kan skud nie en ook nie werklik kan verduidelik vir die wat dit nie voel nie. Dit vul my hart wanneer ek hom in sig het. Dit is my gunsteling gedeelte van die rit in stad toe van Stellenbosch af. Wanneer die kar om daardie draai gaan en jy die berg vir die eerste keer kan sien.

Die rede hoekom ek nou oor Tafelberg skryf is omdat dit een van die finaliste is om een van die new7wonders of nature te word. So, as jy hierdie lees, gaan stem asseblief vir Tafelberg op http://www.votefortablemountain.com/ sodat die berg die herkenning kan kry wat ek glo dit verdien.

Daarom los ek julle met hoop. Verwondering en hoop, want dis wat Tafelberg vir my verteenwoordig.

Tafelberg (3)

Sunday, July 17, 2011

Bubbles

 

8 Julie 2011 

Sommer net.. (56) Sommer net.. (57) Sommer net.. (58) Sommer net.. (60) Sommer net.. (61) Sommer net.. (62)

Gister was ons toevallig in `n Crazy Store terwyl my ouers probeer het om een of ander issue by die selfoon-shop uit te sort. Ek weet nie of julle die winkels ken nie, maar dis soos `n lucky packet. Jy kry die beste goed teen baie goedkoop. Dis toe in hierdie winkel wat my suster besluit om een van daardie outydse bubble-blasers te koop. En dit het haar vir ure besig gehou.

Terwyl sy in die kar en by die venster uit geblaas het, het ek net gesit en dink. Hoe bubbles blaas my vir ure kon besig hou terwyl ek klein was. Hoe ek dit bo enige iets sou kies. Bo duur speelgoed en self bo Cartoon Network wat op daardie stadium in my lewe in gekom het. Bubbles blaas, so eenvoudig soos seepwater deur `n plastic-ringetjie blaas.

So maklik en eenvoudig soos die lewe was daardie tyd. Deesdae dink ek al hoe meer aan die eenvoud van so klein wees. Voor kommer en bitterheid die lewe kom vaag maak het. Voor mens oud genoeg was om te verstaan dat die lewe nie altyd swart en wit is nie. Voor mens geleer het om die grys skakerings in te sien. Voor die lewe begin het om jou hard te maak.

Ek verstaan dat ek nog jonk is en seker waarskynlik nog nie kan praat nie. Ek is nog op universiteit en ek verstaan nog nie heeltemal die werklikheid daar buite nie. Ek het nog skaars begin leef. Maar soms sien ek die tekens van die lewe aan my en dit maak my bang. Ek wil nie hard word nie. Ek wil vir die res van my lewe so sag en oop vir die lewe wees soos ek was toe ek klein was. Ek wil die lewe ervaar soos deur die oë van `n kind.

Maar tog glo ek dis moontelik. Nie maklik nie, maar moontelik. Dis moontelik deur jouself te kondisioneer om nie sinies en hard te word nie. En om die eenvoudige dinge in die lewe te waardeer. Soos om bubbles te blaas...

AMANDA

Sentimentaliteit

 

29 Junie 2011 

Nou dat dit vakansie is en ek by die huis is het ek baie ure om te vul. Daarom het ek vanaand deur al my ou papiere en boeke gekrap om te sien wat ek alles deur die jare op gegaar het. Nou hier moet ek verduidelik dat ek waarskynlik die sentimenteelste mens op aarde is. En ek bedoel dit. Ek gooi baie naby aan niks weg nie, behalwe akademies-related papiere, dit gooi ek naby aan dadelik weg. Maar enige iets anders lê waarskynlik êrens begrawe in my laaie of kaste.

Dis nogal `n experience om deur al hierdie ou goed te blaai. Om te onthou wie jy was 4 of selfs 7 jaar terug. Om die goed te lees wat jy geskryf het, die goed wat jou vriende geskryf het. Veral die laerskool-briewe is hilariously snaaks. Al die verjaarsdag- en going away- briewe en inside jokes. Dis soos om al daai goeie tye weer te herleef.

Sommer net.. (42)  Sommer net.. (49)

Sommer net.. (50)  Sommer net.. (48)

Die cool ding is al die black-mail material wat mens kan opspoor in so dig-session. Al die ou briewe en foto’s van jou vriendinne wat aan bunker-beds swaai (moenie vra nie). En veral die foto’s van my nefie wat nou 15 word toe hy 3 was en onder die tafel gelê en slaap het. Hy was so cute, course now days is dit die laaste ding wat hy wil hê ander mense (en veral meisies) moet sien nie. Ek kan nie wag om dit om Facebook te post nie.

En die awesome-ste ding van alles is die material wat ek van my een vriendin ontdek het. Ons is al van laerskool af vriende en sy trou later in die jaar. Die briewe wat sy geskryf het en die lys van karakters wat ons uitgedink het vir die “roman” wat ons geskryf het. En dan hierdie design van haar vir haar bridesmaids rokke wat sy in Gr. 6 of 7 geteken het en ek gehou het. En nou trou sy hierdie jaar regtig. Hoe awesome is dit?

100_0808

Love you Octi. Jy is my oudste en beste vriendin en as ek aan al ons goeie tye dink, voel ek so blessed omdat ek `n vriendin het soos jy. Mag hy jou altyd gelukkig maak en mag al ons naiwe laerskool-drome vir jou waar word. Jy verdien dit en meer.

AMANDA

The Script

 

25 Junie 2011

The Script

Soos ek al baie voorheen van gepraat het, was ek gisteraand by The Script se show in die Coco-Cola Dome in Jo’burg. Ek sien al vir meer as `n maand uit daarna en ek was nie teleurgesteld nie.

Die enigste downside was dat dit basies die koudste dag ooit in Gauteng was. Dit was darem warm binne in die Dome self, maar ons het `n uur buite in die ysige wind gestaan en dit was nie fun nie. Dis nie dat hulle nie op  tyd was nie. Ons het geweet die deure maak eers 6 uur oop, maar toe ons 5 uur verby ons ingang loop was daar al toue voor die deure. Toe het ons ook maar ingeval en dus het ons vir `n uur in die koue gestaan.

Die opening act was The Arrows, `n Suid-Afrikaanse girl-band met net 2 members, een op die drums en een op die keyboard. Ek moet erken dat ek nog nooit voorheen van hulle gehoor het nie. Alhoewel een van hulle songs bekend geklink het, ek het dit waarskynlik êrens gehoor. En ek moet erken ek het baie lank laas `n keytarist gesien. Hulle poging tot `n Irish-tribute was ook `n nice touch.

The Script self was ongelooflik amazing. Daar was 18 300 mense en dit was blykbaar die grootste gig wat hulle nog ooit gespeel het. Die atmosfeer was elektries. Ek was happy dat hulle meeste van my favourite song gesing soos Science & Faith; For the First time  en Talk you down. Maar van alles was Nothing vir my die beste. Ek dink dat The man who can’t be moved ook huge was. Dit het geklink asof al die mense kliphard saam sing en na die tyd kon niemand ophou cheer nie. Break even was die laaste song wat hulle gesing het en nou kan ek dit nie uit my kop uit kry nie.

Die reëls van die venue was dat geen kameras toegelaat was nie en ek het toe nie myne saam gevat nie. Ek was baie kwaad daaroor aangesien baie mense wel hulle s’n ingevat het. In elk geval, ek het toe maar foto’s met my kamera geneem, hulle het nie so wonderlik uitgekom nie, maar hier is dit. Net `n mention vir Sonskyn, dankie dat jy saam met my gegaan het, dit was awesome verby. Gelukkig was jy nie naby genoeg aan die stage om die lead singer te bespring nie. Maar ons het mos gesien daar is `n ring aan daai vinger -die drummer sal maar moet doen.

Finally los ek julle met die woorde waarmee hulle ons gelos het gisteraand. Dit is die laaste lines van For the First Time (een van my gunsteling songs) en ek dink dis baie gepas.

“Oh, these times are hard / and there making me crazy / don’t give up on me, Baby.”

AMANDA

Met die maan gepla

 

15 Junie 2011

Meeste van julle sal weet vanaand is die lunar eclipse. Blykbaar die langste een die eeu. Dit het omtrent half nege begin en gaan blykbaar net na 11 ophou. Ek het self gekyk en dit was beautiful. Ongelukkig kon ek nie baie mooi foto’s daarvan geneem kry nie. Maar ek kon darem mooi foto’s neem van die volmaan voor die eclipse begin het.

Son, maan & reën (8)  Son, maan & reën (3)

Maar blykbaar het die maanverduistering `n effek op diere. Al die honde in ons buurt is besig om mal te gaan. Niemand sal weet presies hoekom nie. Ons een hond ook. Hy blaf aanhoudend. Dan wil hy in die huis in en dan wil hy weer uit. Dan staan hy by die hek en blaf, dan hardloop hy weer vol spoed in die kar vas. Dit was so erg dat my ma uiteindelik vir hom `n kalmeerpil ingejaag het.

Maar dis nie net diere wat met die maan gepla is nie. Dis mense ook. Van omtrent gisteraand af het ek agter gekom dat almal baie meer aggressief is as gewoonlik. Ek ook, en ek kan nie my vinger op die rede lê nie. Dit is ook nie net in ons huis nie. Wat ek van die facebook-messages en status updates kan uitmaak het twee van my vriendinne `n huge fight gehad en ek weet nie hoekom nie. Maar dis nou maar tot daarna toe. Ek gaan in elk geval nie van hulp wees nie en dit het eintelik niks met my uit te waai nie. Ek voel maar net hoe minder ek eintelik weet, hoe beter.

Ek hoop maar daar is vrede elders in die wêreld en dat die res van die mensdom nie so met die maan gepla is soos ek en die mense om my nie. Die eclipse is darem amper verby en dan kan daar weer vrede wees.

Tot dan toe...

AMANDA

In die hut van die Klu Klux Clan

 

14 Junie 2011

Ons is vandag Bronhorstspruit toe om te kyk of ons nie vir my `n afspraak kan kry vir my driver’s nie (trauma, hier kom ek weer). Ons het nie reggekom nie, aangesien my learner’s Dinsdag verval en om `n afspraak binne `n week te kry is nogal bietjie van `n onmoontelikheid. My pa het nou al sy contacts ingespan en daar is nog nie lig aan die einde van die tonnel nie.

In elk geval, toe ons nou klaar is by die kantoor, toe stop ons by die naaste resturant of iets wat een resemble om iets te drink voor ons weer die lang pad huis toe gevat het. My pa het eerste ingegaan en ek en my sussie het in die kar bly sit. Uiteindelik het hy ons inbgeroep maar my suster was maar baie onwillig gewees. Haar rede: dit mag dalk net `n hut van die Clu Clux Clan wees. Natuurlik kon ek my lag nie inhou nie. Sy is altyd funny as sy so sarkasties is. Die plek se naam was Blikkies dorp en dit was maar bietjie doge.

100_0553 

Die sitplekke het gevoel soos die vloere by Tollies in die glory-dae. Of jou skoene vasplak aan die vloer so taai is dit van die alkohol. Not pretty. Maar dit het darem so half en half ingepas by die sinkplaat-dekor. En natuurlik die musiek. Kurt Darren voor en agter en in die middel. Nou ek moet sê dat hulle al Kurt Darren se songs as haatspraak moet klassifiseer omdat dit my laat voel asof ek kan moord pleeg. Hy is die leier van die beweging wat se hoofdoel is om Afrikaanse kultuur te vervlak. Maar ek sal meer daaroor skryf op `n ander geleentheid. Om darem by te sê die plek se burgers is amazing, maar hulle milkshakes is baie beslis nie.

In elk geval, die rit was darem baie awesome en dit was lekker om net op die ooppad te bestuur en net te relax. Dis mos waarvoor vakansies daar is, is om te relax.

AMANDA