Hierdie is die gorgeous sonneblom wat ek vandag gekoop het. Sommer net omdat ek kan en ek toevallig verby die blommestalletjie geloop het. Ek kon dit nie weerstaan nie. Daar is iets aan blomme wat net die wêreld op lig. Wat die son laat warmer voel en wat `n helderheid aan `n dag gee. Maak nie saak of blomme nie lank hou nie, dit maak my hart nog steeds bly. Miskien omdat dit `n duidelike uiting is van die skoonheid van God se skepping.
Sonneblomme is nie juis my gunsteling blom nie. My gunsteling is rose of orgidieë. Maar hierdie blom het net my hart geraak, miskien het dit my laat terug verlang na `n maklike en eenvoudige tyd. Hierdie was een van my vriendinne se gunsteling blomme. Elke keer as ek `n sonneblom sien, dink ek terug aan die middae wat ek en sy terug huis toe geloop het na skool en gepraat het van haar troue met sonneblomme en kosmos. Alles was so eenvoudig toe, die toekoms en drome en selfs vriendskap.
Miskien is dit die feit dat ek bietjie home-sick is wat my so aangetrek het tot die sonneblom. Dit nou behalwe die feit dat dit so beautiful is. Dit is die eerste week wat ek terug is in die Kaap en weg van die huis af en dit is maar altyd moeilik. Die blom help darem bietjie, dit maak die kamer, en my, hart helderder. Dit voel of my siel glimlag en dit dryf die lonliness bietjie weg.
Mens kan nie help om verwonderd te wees met God se ongelooflike skepping wanneer mens na die skoonheid van blomme kyk. Die aarde is ongelooflik mooi en ek wens dat ek die beauty kan inasem sodat dit deel kan word van my. En ek kan nie help om die Here te prys vir sy ongelooflike skepping nie.
Tot die home-sickness vanself weggaan sal die blom my siel lig. Tot dan toe...
AMANDA
No comments:
Post a Comment