Een van die beste dinge van in die koshuis wees is om `n senior te wees. Die eerstejaars moet jou groet en niemand kan jou meer forseer om enige iets te doen nie. Nie dat ek eintelik laas jaar geluister het nie. Ek het heel snoesig in die bed gebly toe die meisies laas jaar 7 uur in die oggend vir die ouens van Majuba koffie gevat het in `n poging om hulle te kry om saam met ons te Jool. `n Poging wat nie gewerk het nie, moet ek bysê. Hulle het Serruria verkies, maar daaroor gaan ek nie komentaar lewer nie. My suster is in Serruria.
Maar die ander awesome gedeelte van `n senior wees is dat jy kan sit en lag vir al die doop-aktiwiteite wat die eerstejaars moet doen terwyl jy terug dink aan die aand toe jy dit moes doen. Soos vanaand met trapinlywing. Hier is dit waarskynlik nodig vir my om te verduidelik wat trapinlywing is. In ons koshuis mag die eerstejaars nie die hooftrap gebruik nie. Maar die Donderdag voor huisdans word hulle ingelyf by die gebruik van die trap sodat hulle met huisdans `n Cinderella-entrance kan maak na waar hulle date onder wag. Die inlywing is niks te erg nie. Elke seksie moet net `n klein skit uitdink wat hulle dan op die trap moet uitvoer voor die res van die koshuis.
Daarby moet elke seksie voor die tyd `n honderd redes uitdink oor hoekom hulle die trap wil gebruik. `n Honderd redes is nie maklik nie en dit dwing jou om kreatief te dink. Die redes word dan aan die koshuis voorgelees. Ek kan nie nou nie almal van vanaand onthou nie. Daar was egter van die wat nie so oorspronklik was nie, soos: “Ek wil die trap gebruik want... dis diè trap” en “ek wil die trap gebruik want... sommer.” Maar van die meer kreatiewe redes was: “Ek wil die trap gebruik... want ek het bene en nie vlerke nie.”; “Ek wil die trap gebruik want... die blackberry-sein is beter op die hooftrap” en “Ek wil die trap gebruik want... Michael Jackson kruip onder die ander trap weg.”
Die skits self was baie cute gewees. Party was snaaks en ander was minder inspiring. In een van die betere skits het `n eerstejaar haar in volle legal language op die konstitusie beroep om diskriminasie in die koshuis te stop sodat almal die trap kan gebruik. Wat sy nie weet nie is dat sy daar op sovereign soil was en dat die konstitusie haar nie veel sou help nie.
Deur al die craziness het my gedagtes terug gegaan na ons eerstejaar toe en veral die goed wat hulle ons maak doen het. Soos die ridiculous song wat ons vir almal moes sing- met die intro:
“Eerstejaars, wys vir die manne wat doen Monica-mesies met hulle piesangs”
En die antwoord daarop?
Put a banana in your ear
Jip, dis nie `n typo nie. Wow, dankie tog dis verby!
AMANDA
No comments:
Post a Comment