"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Monday, May 6, 2013

Ma & dogter…

Sommer net.. (64)

Siende dat dit hierdie week moedersdag is, het ek besluit om oor hierdie baie belangrike onderwerp te skryf. Dit is een van die mees komplekse en moeilikste verhoudings in die wêreld. Die verhouding tussen ma en dogter -  ons klou vas aan hulle as ons klein is en baklei teen hulle as ons groot word. En êrens langs die pad moet ons besef dat die verhouding weer gaan moet verander.

Ek het nog altyd geglo dat daar ’n tyd in elke kind, en in hierdie geval, spesifiek in elke dogter se lewe kom waar hulle uit die huis uit móét gaan. Baie mense verskil hieroor van my – insluitend my eie ma (ek’s seker). Maar ek het dit al te veel gesien met mense van my ouderdom. As hulle teen hierdie ouderdom nog in die huis is, dan baklei hulle net die heeltyd met hulle ouers.

’n Baie goeie vriendin van my het ’n paar weke gelede gebel oor probleme wat sy met haar ma het. Ek sal nie op die details ingaan nie, maar dit het net my teorie onderstreep en my laat besef hoekom dit so is. Miskien is dit nie noodwendig dat jy te lank in die huis bly nie, maar eerder dat jy te tevrede is om mense te behandel soos toe jy ’n kind in die huis was.

Dit is waaroor ek wil skryf, daardie een tydstip in jou lewe wanneer jy besef jou verhouding met jou ma kan nie net aanhou soos wat dit was toe jy ’n tiener was en jou voete op die grond gestamp het en die kamerdeur toegeslaan het nie.

Want Sweetie, jy is nie meer ’n vyfjarige nie en tantrums is nie meer cute nie. Net so is dit nie meer aanvaarbaar om mense te behandel soos jy het toe jy klein was nie en êrens langs die pad het ons dit begryp. Maar hoekom behandel ons nog ons ma’s dieselfde?

Daar kom ’n ouderdom waar die verhouding moet wegskuif van ’n grootmens-kind-verhouding na ’n verhouding tussen grootmense. En hier is waar dit moeilik raak.

Jy sien die probleem lê in hoe ons as dogters ons ma’s sien. As kinders sien ons ma’s nie as volledig mense nie. Natuurlik is ons verskriklik lief vir hulle, maar dit is gewoonlik ’n verhouding waar ons net bekommerd is oor wat ons uit die deal uit kan kry. Maar dis OK, jy’s klein en dis wat ma’s doen. Totdat dit nie meer OK is nie.

Vir die verhouding met jou ma om te ontwikkel, rus dit op jou skouers om jou oë oop te maak en die mens agter die ma te sien. Dit is nie noodwendig ’n wonderlike proses om te ondergaan nie. Jy sien skielik al haar foute en alles wat sy opoffer om jou gelukkig te hou.  Jy hoor die ondertoon van kommer oor iets by haar werk as sy jou vra hoe klas was. Jy sien haar onsekerhede en haar vrese om nie genoeg vir jou te wees nie. Watter ma wil nie hê haar kind moet die perfekte jeug hê nie. Moenie vir een oomblik die illusie glo dat daar nie enorme druk op hulle is om alles reg te doen nie.

Dit was definitief ’n eye-opening ervaring toe ek my ma so begin sien het, ek dink dit was nadat ek uit die huis uit is. Ek is bly my oë het oop gegaan, dit het ons verhouding beslis verander. Maar ek moet erken dat ek nog soms oombliklik in ou patrone inval as ek by die huis is.

So vir hierdie moedersdag, gee jou ma ’n groter geskenk as chocolates en ’n lame kaartjie waarvan jy nie eers die boodskap gelees het nie. Aanvaar haar vir die mens wie sy is, onsekerhede, vrese en opofferings en al. Dit is waarskynlik alles vir jou gewees.

Wednesday, May 1, 2013

Abusive vriendskappe

 

Emotional abuse word al hoe meer in tydskrifte gesien en veral vrouens word daarteen gewaarsku. Daar is verskeie simptome en waarskuwingstekens wat ek nie nou oor gaan praat nie. Wat ek eintelik hier wil noem is dat dit in meer gedaantes kom as wat mens dink.

Case in point:

My laaste twee jaar op laerskool was ridiculous gewees. En ek bedoel soap-opera rediculous. Ons was 12 en 13, maar couples het op mekaar ge-cheat en daar was beslis meer emosionele drama as wat gesond was vir daardie ouderdom.

Binne hierdie morsige omgewing was ek deel van ’n groep van vier vriendinne. Ons was ’n baie klein jaargroep en almal het almal geken, meer as dit…almal het oor almal geskinder. Een van hierdie groep was ’n meisie, kom ons noem haar Lana*. Sy was nie mooi of charming of regtig enige iets nie, maar sy het ’n tipe damaged magnetism gehad wat mense soos vlieë om haar gevange gehou het.

Lana het ’n baie sad geskiedenis gehad, jy weet afwesige ouers, moeilike omstandighede en disastrous besluite as gevolg daarvan. Almal wou altyd daar wees vir haar, maar enige vriendskap met haar was soos ’n tipe van verslawing: Jy weet hoe sleg dit is vir jou selfbeeld, maar dit voel so goed om te voel dat jy regtig iets in iemand se lewe beteken.

Ek was 13, so ek gaan nie maak of iets van die lewe of van mense geweet het nie. En ek is natuurlik baie skaam vir wie ek was daardie tyd. Hierdie post kan ek net met die wysheid van retrospek skryf. En as ek terugdink kan ek nie imagine hoekom haar approval so big deal vir my was nie. Miskien was dit die feit dat niemand dit ooit gekry het nie. Selfs as sy vir my briewe geskryf het van hoe goeie vriendin ek is en hoe baie ek vir haar beteken, was daar ’n superiority daaraan, asof ek maar net ’n klein dogtertjie was wat veldblommetjies vir haar juffrou pluk wat dan net in die asblik gegooi word.

Al drie van ons het onder hierdie tipe simptome gely, wat dit erger maak want deep down het dit in ’n tipe van kompetisie ontaard, wie gaan sy vandag vertrou of inlaat. Agter af sou ons praat oor hoe ons nie meer kan saamleef met haar belaglike mood swings nie en dat sy ons net beledig en afbreek, maar die oomblik as sy die dag beter vriendinne was met een van ons, het ons op mekaar gedraai. Haar aan-en-af boyfriend van toe, het ook hierdie sindroom opgetel. As hulle bymekaar was het hulle baklei en mekaar gek gemaak, maar as hulle nie bymekaar was nie, was hy obsessief oor haar. Hy wou die heeltyd weet wat sy doen en het kommentaar gelewer oor hoe sleg haar keuses was.

Uit my (lagwekkende) dagboekinskrywings van daardie tyd, kan ek aflei dat ek wel geweet het hoe distruktief ’n vriendskap met haar was, maar sy het jou altyd laat voel of sy jou nodig het, en dit vat baie innerlike krag om weg te loop van dit af. Dit was eers toe ek hoërskool toe is en sy weggetrek het, dat ek clarity gekry het. Die oomblik wat ek daar wou wees vir haar, het sy die cloak van superiority en disapproval aangeneem. Sy het my dikwels beskuldig van allerhande goed. Maar toe op my eie voete gestaan het en my eie lewe met nuwe vriende begin kry het, het sy ewe skeilik soos ’n mossel vasgeklou aan ons vriendskap en my beskuldig dat ek haar afskryf.

Ek kon net nie wen nie. Die enigste manier was om heeltemal kontak te verbreek. Dit was baie moeilik, en miskien het ek dit nie reg hanteer nie, maar dit was die een ding waaroor ek nog nooit spyt was nie. Ons het later jare weer begin praat en ek het gevind dat sy net nie meer dieselfde effek het op my nie, maar ons sal nooit close vriende kan wees nie.

Dis seker baie unfair om al hierdie disfunction voor Lana se deur te lê. Ek ontken dit nie, ons was jonk en die situasie was grootliks ’n gevolg van ons swakhede en die behoefte wat die meeste kids van daardie ouderdom het om in te pas en te voel iemand het hulle nodig. En natuurlik het sy ’n harde lewe gehad en sy het meer as waarskynlik nie al hierdie goed bewustelik gedoen nie. Sy het hulp nodig gehad, maar nie een van ons was equipped om dit vir haar te gee nie, en dit is wat ons almal ge-scar het.

Deur my lewe het hierdie ’n groter impak gehad as wat ek bereid was om te erken. Meeste van my vriendskappe was dysfunctional op een of ander vlak. In die meeste gevalle was dit iets soortgelyk waar mense net in my vriendskap belang stel as hulle ’n skouer nodig het om op te huil. En vandat ek op universiteit is, laat ek nie sommer mense naby my toe nie. Nie dat ek ooit regtig het nie, maar dis baie erger nou.

Ek moet erken, ten spyte van alles het ek in my lewe wel al baie goeie vriendinne gehad. Mense wat daar was vir my en wie ek bly was om die skouer te wees vir hulle wanneer hulle my nodig gehad het.

Een van my beste en oudste vriendinne Lily*, was juis een van daardie vier op laerskool en ten spyte van daardie situasie het ons op hoërskool baie goeie vriendinne geword. Ek was so 2 jaar gelede strooimeisie op haar troue en sy is nou baie gelukkig getroud en swanger. Ek hoop net die beste vir haar en die kleintjie oppad.

Dit is juis uit hierdie tipe situasies waar jy jouself die beste leer ken, en êrens binne jouself die krag vind om deur die web te breek. Maar dit het nie noodwendig ’n happy ending nie, want jy verloor iets van jouself. In my geval die vermoë om mense sonder enige voorwendsel in te laat.

Saturday, April 27, 2013

Ope brief aan ’n nuwe kamermaat

 

Kom ons wees nou eerlik, nie een van ons wil hier wees nie. Maar aan die einde van laasjaar het al twee ons kamermaats besluit hulle wil uit die koshuis gaan en nou is ons stuck in ’n kamer waar ons noodgedwonge moet sien en kom klaar.

Dit sal waarskynlik meer konstruktief wees as ek die volgende vir jou persoonlik sê, maar om heeltemal eerlik te wees, ek is te chicken en ek weet ek sal dit nie doen nie. So nou skryf ek dit hier in ’n poging om nie heeltemal van my verstand af te gaan nie.

Eerstens, ek gee nie om as jy laat werk nie. Ek is self ’n aand-mens, maar danksy my nuwe kursus het elke oggend 8 uur klas en moet ek dus vroeg in die bed wees. As jy wil laat werk, is dit regtig soveel gevra dat jy ’n bedlampie of iets kry, die groot lig is regtig nie van hulp as mens wil slaap nie.

Tweedens, jy het seker baie werk en ek moet seker nou daarmee deal as jy tot 3 uur toe werk. Maar as jy letterlik die hele dag slaap en eers 11 uur in die aand opstaan en begin werk, dan irriteer dit my net ’n klein bietjie.

Derdens, jy sit baie keer jou musiek hard aan of invite random mense hier in om saam met jou series op jou laptop te kyk en ek kla nooit nie. So moenie dan met ’n sneer op jou gesig vir my vra om nie te lag as ek met my earphones opsit nie.

Vierdens, ek weet nie wat dit is met jou obsessie met daardie swaar air freshener nie, maar dit stink en as jy dit elke twee sekondes deur die hele kamer spuit, kan ek nie asem kry nie en dit gee my sinus. FYI, jy hoef ook nie ’n hele liter parfuum op jou te spuit nie. Ek mis regtig die reuk van suurstof en ek weet nie hoe lank dit jou gevat het om te evolve om sonder dit klaar te kom nie.

Vyfdens, daar is net een dag ’n week wat ek kan laat slaap en dit is tot 9 uur op ’n vrydag. Ek sal dit waardeer as jou wekker nie vir letterlik 10 minute aan een lui sonder dat jy dit afsit nie. En as dit nie erg genoeg is nie, sit jy sommer net die lig aan terwyl ek probeer slaap. Dit terwyl ek hoeveel keer nou al 8 uur in die aand wou werk, maar nie die lig wou aansit omdat jy geslaap het nie.

In jou guns, kan ek darem sê dat dié naweek waar ek ’n toets moet skryf en die volgende dag nuus bulletins vir die radio moet skryf, jy huis toe gegaan het. Die vrede is baie welkom.

Miskien sal alles beter wees as ek al hierdie goed erken en opstaan vir myself, maar ek skryf dit liewer hier en kies om daarna my irritasie te laat gaan.

Tuesday, April 23, 2013

Joernalis as cover-identity

 

23 April 2013

’n Projek vir die “wonderlike” kursus waarin ek myself op hierdie stadium bevind het my gedwing om te dink watter kwessie oor die media ek ’n artikel sal wil skryf. Soos dikwels hierdie jaar kon ek nie aan ’n goeie idee dink nie.

Die enigste kwessie oor die media waaraan ek kon dink is dié een. Hoe joernaliste in flieks en series uitgebeeld word.

Sover moes ek na baie testimonials luister oor daardie defying moment waar iemand skielik besef het dat hy of sy ’n higher calling as joernalis het. Die naaste wat ek al ooit daaraan gekom het was toe ek klein was en Smalliville gekyk het.

Ek het die series nou onlangs weer gekyk en weer dink ek dat ek mal sal wees daaroor om ’n reporter te wees soos Lois en Clark. Maar die realiteit van joernalistiek voel vir my ver verwyderd van daardie wêreld.

So dit los my met die vraag, hoekom is dit dat joernalistiek as ’n cover-identity gekies word? Nie net in Superman nie, maar as my feite reg is, was Spiderman ’n fotograaf vir ’n koerant.

Van alles wat ek weet is joernalistiek nie die plek om in die skadu’s in te smelt en jouself vir die res van die wêreld weg te steek nie. Jy moet jouself die hele tyd  on the line plaas om die storie te kry.

Miskien is dit die appeal om die naamlose verslaggewer te wees, maar nogtans in die middel van die aksie te wees. Want die storie gaan nie oor jou nie. Ons dosente sê altyd dat jy jouself uit die storie uit moet haal.

Miskien is dit wat ek ook moet doen. Joernalistiek aantrek soos ’n uniform om die vryheid te kry om myself op ander gebiede uit te leef.

Van onder my rooi cape, wat op dieselfde tyd beskermer en ’n tronk is, ek hoop jou lewe is minder gekompliseerd.

Tuesday, February 5, 2013

Dagboek van ‘n voornemende joernalis

 

5 Februarie 2013

Brenton-on-sea (26)

Brenton-on-sea (36)

Brenton-on-Sea (59)

Na  ‘n vakansie van gradeplegtighede; ongelooflike sonsondergange (sien bo) en baie ander gebeurtenisse van  minder ‘n rooskleurige natuur het ek uiteindelik hier uitgekom. Aan die begin van my graad in joernalistiek en een stap nader aan die toekoms.

Maar soos wat dit nou gereeld gebeur was dit ewe skielik net bietjie te veel realiteit vir my. My eerste dag was beslis nie maanskyn en rosegeur nie. Inteendeel ek het erenstig getwyfel of dit is waar ek moet wees. Maar ek het al baie gehoor mense wat hulle drome leef sê dat hulle ten minste een keer ‘n dag twyfel of hulle op die regte plek is.

My roommate van laas jaar het dit ook confirm gisteraand. Sy is nou al in haar vierde jaar van ‘n graad wat so moeilik is dat jy nie anders kan as om dit vir die liefde van die saak te doen nie.  Dit help ook baie om iemand te hê by wie jy kan afpak en haar raad het gisteraand vir my baie beteken. Ek het bietjie gestres oor die moontelikheid van nuus lees op die kampus radiostasie en sy het my gerus gestel met “Moenie worry nie, niemand luister daarna nie…en die wat doen sit dit af as die nuus aankom.”

Vandag was darem baie beter alhoewel ons moet seker nog eers moet sien wat môre inhou. Maar vandag het ons klank en in-studio opnames gedoen en dit was vir my baie interessant, veral die klein bietjie basiese sound-editing wat ons gedoen het.

Kom ons hoop dat gister net eerste-dag blues was en dat die res van jaar beter gaan wees. Dit help darem om iemand te hê om mee te praat. Vir nou gaan ek net The Hobbit kyk en escape na die wonderlike wêreld van Middle Earth. Vir meer kan mens nie vra nie…

Namárië

Saturday, July 21, 2012

Oor vertroue en ander lesse wat ek nog moet leer…

 

9 Julie 2012

Dinge gaan bietjie crazy lately, ten spyte daarvan dat dit vakansie is. Die rede vir al die craziness is `n eenvoudige vakkie soos Ekonomie. Kom ek erken iets waarop ek nie trots is nie, ek moes ekonomie her. Ek het nie gedink dat ek ooit `n vak sou moes her nie, maar dit het gebeur. Ek sou graag dit wou blammeer op die feit dat ek heavy griep gehad het daai week van die eksamen of dat ek meer as 24 ure terug geslaap het toe ek gaan skryf het. Dis `n wonderwerk dat ek net wakker gebly het deur die vraestel. Maar die waarheid van die saak is dat ek miskien net nie reg geleer het nie, dit het ek agter gekom toe ek vir die hereksamen begin leer het.

Ek het my ouers crazy gehad deur dit alles. Maar ek moet by sê hulle was amazing deur dit alles. Hulle het spesiaal vir my `n vliegtuigkaartjie gekoop om terug bos toe te gaan vir die her. Maar dit was nogal scary, as ek ekonomie nou dop sou ek nie my graad aan die einde van die jaar gekry het nie. So ek het vir 10 dae geleer en gebid en so het almal saam met my.

En na die vraestel moes ek nog `n week in angs leef en wag vir die uitslae. Die boodskap wat ek die heeltyd aangevoel het is, vetrou op God, hy sal voorsien. Maar ons is mense, ons sukkel om nie te bekommer nie. Ons sukkel om te laat gaan. Ek veral, en ek sukkel om positief te wees oor goed. Ek het dit gesien met my lisensie. Dit is vir my `n meer natuurlike pad om die slegste van myself te verwag as om te dink ek kan actually iets reg kry. Maar dis nie `n goeie manier om deur die lewe te gaan nie. Dis giftig vir jou siel. Dis is net so moeilik om uit daardie gewoonte te kom.

Vrydag het ek toe uiteindelik die uitslae gekry en ek het toe geslaag. Ek kan absoluut net dit aan God se genade toeskryf. En dit het my net weer laat besef dat ek baie meer op Hom moet vertrou. Maak nie saak wat nie, Hy het nog altyd voorsien, so dit help nie om te bekommer oor goed waaraan jy in elk geval niks kan verander nie.

Die week was darem nie net crazy nie. Een awesome ding is dat my suster vir my `n map geteken het vir my fantacy-novel. Dis pretty goed gedoen en ek was baie in my skik daarmee.

Scan002

Darem kan ek nou my vakansie geniet tot die volgende kwartaal begin…

Monday, May 21, 2012

Oor eksistensiële krisisse en dosente wat op gang teen jou…

 

Ek weet ek het lank laas ge-blog, maar ek het deur `n tyd gegaan waar ek in `n kwessie van 2 weke iets soos 6 lang opstelle moes ingee en 5 predikaattoetse moes skryf. Dit was nie fun nie, maar na `n lang tyd van psigiese nood en aande wat deurnag gewerk is, het ek aan die ander kant emerge, smack bang in eksamentyd in. Ek het al voorheen geskryf dat ek mal is oor eksamentyd, dit is my rustigste tyd van die jaar. So ek is nou in die middel van my tyd van laat slaap en procrastinating.

`n Ander ding waarmee ek ge-deal het, maar nie dat `n vreeslike nuwe gebeurtenis is nie, naamlik die alewige wonder oor wat die hel ek nou eintelik met my lewe doen. Vandat ek universiteit toe gekom het, was die plan nog altyd om joernalistiek nagraads the swot. Ek moet erken in my twee en `n half jaar het ek al dikwels gewonder of dit die regte pad is vir my. En wanneer ek sê dikwels, bedoel ek elke keer wanneer ek my ekonomie-punte terugkry. Natuurlik is ekonomie nie nodig vir joernalistiek nie, maar die ou by die kantoor het vir my gesê hulle soek vir mense met die spesifieke graad wat ek nou doen en ongelukkig is ekonomie `n vereiste daarvoor. Maar ek moes nou onlangs artikels skryf vir ons koshuis se koerantjie en dit het my net herinner hoe mal ek daaroor is. So ek is nou weer OK met die plan, ten spyte van die feit dat ek weer amper ekonomie gedop het.

 

Natuurlik is daar goed wat mens distract in moeilike tye soos die, soos awesome King Arthur novels wanneer jy `n tydjie het (met ander woorde, in klas terwyl dosente aanpraat oor boring goed soos elvolutionary game theory en demokratiese konsolidasie).

Skystone

 

Natuurlik is ek ook altyd inspired om te skryf as ek so baie werk het, so ek het myself omgekoop om te werk met ure van skryf hier en daar. Hierdie is die introduction van my eie fantacy novel en dis in Engels, so be gentle with me:

Introduction

In a world of myth there once was a time when there were two sources of power. There were the elves, fair and powerful creatures that lived for hundreds of years. And then there was the human centre of power, usually referred to as the first-born for reasons that have passed out of knowledge.

There were never large populations of elves, perhaps it was because they lived so long. Perhaps the legend was true that a female elf would only conceive a child if she was in love with the father as he with her. Some centuries ago there had been genocide of the elves by a kingdom called Rundan, and it was believed that all of the elves had been killed. But some survived. They had always been extremely secretive and now they were even more so since the massacre. All elves born had the elfish power and even though they seemed identical to humans for all but their ears, they were still easy to notice if you knew what to look for. There had been some unions between elves and normal humans and the children of these unions would inhered trades from both parent. These children were normally called “Halflings” of “Half-bloods”. Halflings were extremely rare, but more common than most people knew. The reason for this was that most Halflings inherited no elfish trades at all and it is only a small number that seem to have elf-blood. Even the few that show signs of elfish-blood only showed minor characteristics such as a stronger sense of hearing or smell. Less than half a dozen Halflings have inherited the elfish power.

The first-born on the other hand were different. There were only some humans who were of the first-born - Great men of the past. Where the power had come from, no one would ever know, but it was told that all of the kings of the kingdoms had been of the first-born once. But as centuries past, most of the lines of the first-born were broken until there was only one line left. One single line that would remove all the first-born from the world if it were to be broken. The power of the first-born was passed from father to son, and only the first born son would receive the power. There were many legends as to how a line would be broken as most of the lines were broken long ago. Some say that all broken lines have one generation of only daughters in its past. Some say that when a man has a cruel heart, he’s son would not receive the power of the first-born. And some say that the power could only be carried on when the king was in love with his wife.

There was one thing that both these powers and the wielders of them had in common and that was fire… Like the fire they wielded, they were strongly drawn to the fire that would complete each of them and that fire would often be found in the unlikeliest of places. This is the story of the union of the two powers…