9 Julie 2012
Dinge gaan bietjie crazy lately, ten spyte daarvan dat dit vakansie is. Die rede vir al die craziness is `n eenvoudige vakkie soos Ekonomie. Kom ek erken iets waarop ek nie trots is nie, ek moes ekonomie her. Ek het nie gedink dat ek ooit `n vak sou moes her nie, maar dit het gebeur. Ek sou graag dit wou blammeer op die feit dat ek heavy griep gehad het daai week van die eksamen of dat ek meer as 24 ure terug geslaap het toe ek gaan skryf het. Dis `n wonderwerk dat ek net wakker gebly het deur die vraestel. Maar die waarheid van die saak is dat ek miskien net nie reg geleer het nie, dit het ek agter gekom toe ek vir die hereksamen begin leer het.
Ek het my ouers crazy gehad deur dit alles. Maar ek moet by sê hulle was amazing deur dit alles. Hulle het spesiaal vir my `n vliegtuigkaartjie gekoop om terug bos toe te gaan vir die her. Maar dit was nogal scary, as ek ekonomie nou dop sou ek nie my graad aan die einde van die jaar gekry het nie. So ek het vir 10 dae geleer en gebid en so het almal saam met my.
En na die vraestel moes ek nog `n week in angs leef en wag vir die uitslae. Die boodskap wat ek die heeltyd aangevoel het is, vetrou op God, hy sal voorsien. Maar ons is mense, ons sukkel om nie te bekommer nie. Ons sukkel om te laat gaan. Ek veral, en ek sukkel om positief te wees oor goed. Ek het dit gesien met my lisensie. Dit is vir my `n meer natuurlike pad om die slegste van myself te verwag as om te dink ek kan actually iets reg kry. Maar dis nie `n goeie manier om deur die lewe te gaan nie. Dis giftig vir jou siel. Dis is net so moeilik om uit daardie gewoonte te kom.
Vrydag het ek toe uiteindelik die uitslae gekry en ek het toe geslaag. Ek kan absoluut net dit aan God se genade toeskryf. En dit het my net weer laat besef dat ek baie meer op Hom moet vertrou. Maak nie saak wat nie, Hy het nog altyd voorsien, so dit help nie om te bekommer oor goed waaraan jy in elk geval niks kan verander nie.
Die week was darem nie net crazy nie. Een awesome ding is dat my suster vir my `n map geteken het vir my fantacy-novel. Dis pretty goed gedoen en ek was baie in my skik daarmee.
Darem kan ek nou my vakansie geniet tot die volgende kwartaal begin…