"Wake up kids, we've got the dreamer's disease"



Thursday, November 10, 2011

Oor onwelkome besoekers in eksamentyd…

 

Sommer net.. (125)

Gelukkig is die eksamen amper verby, want ek weet nie hoe lank ek dit nog kan maak nie. Ek voel of ek besig is om van my verstand af te gaan! Die ure voel vir my of dit vir altyd aansleep en wanneer dit nie so is nie, dan is die tyd weer te min, want dan skryf ek ewe skielik 3 vraestelle in `n kwessie van 4 dae.

En om alles te kroon besluit Luca hier dat hy die naweek voor daardie crazy week gaan crash. BTW, Luca is my laptop. Anyway, so ek die hele naweek by Incredible Connection spandeer, want eers gaan dit 2 ure vat en as jy na 2 ure terug kom, dan het hulle nog nie eers begin nie. En daarna kom hulle eers agter dat hulle nie die password kan afhaal nie, nee nou moet hulle die Windows reload. En wat beteken dit? Jy verloor al jou data en ek bedoel alles. Gelukkig het die nice dude by die technical desk vir my `n back-up gemaak van my documents, musiek en foto’s, en (dankie tog) my extensive versameling van movies en series. As ek dit alles weer in `n kwessie van 10 dae weer moes versamel sou ek in ‘n hopie gaan sit het en huil.

Gepraat van series… daar is hierdie idee in die koshuis dat mense al die series in die koshuis by my kan kry. Ek gee gewoonlik nie om nie, maar daar is darem `n punt wat dit begin irriterend raak. Veral in die eksamen op die skaars tye wat ek actually die volgende dag `n vraestel skryf en veral as dit een of ander tyd in die oggend is wanneer ek probeer om laat te slaap. Sien, my slaappatrone is heel anders in die eksamen. Ek skryf meeste van my vraestel in die oggend of in die aand en daarom slaap ek baie keer tot 12 uur in die oggend en gaan slaap eers 4 uur in die aand. Natuurlik pas dit nou nie in by die res van die mense wat wil series hê, maar ek kan nie sien hoe dit my probleem is nie.

Wat nou regtig irriterend is, is die feit dat mense aanhou om my te vra vir die nuutste episode van Vampire Diaries, hoe meer ek vir hulle sê ek het dit nie, hoe meer mense vra my daarvoor. En dis nie net dat klomp verskillende mense my die heeltyd daarvoor vra nie. Dieselfde mense vra my oor en oor daarvoor. Dis asof hulle nie die eerste keer onthou dat jy vir hulle gesê het: “Ek kyk nie Vampire Diaries nie.” Asof hulle nie kan onthou hoe geskokte gesig hulle getrek het toe ek daardie antwoord gegee het nie. Apparently is daar iets fout met jou as hy nie Vampire Diaries kyk nie, en apparently is ek die enigeste persoon op aarde wat nie die Vampire-fab kry nie. In elk geval, dit het my sover gebring om uiteindelik hierdie sign op my deur te sit…

Sommer net.. (124)

 

Wel, ek weet nie of dit die boodskap gaan tuisbring nie, aangesien dit duidelik nie eers werk as ek dit vir hulle reguit sê nie. Die onderste kriteria is maar net vir my eie amusement, want ek dink dit rule probably die meerderheid mense in die koshuis uit. Either way, in my oë is knights, castles, magic en dragons altyd cooler as vampires (regtig, ek kry dit nie…). Maar natuurlik is dit net my humble opinie, almal anders in die wêreld is welkom om na sparkly pale sulky seuntjies te kyk tot dit by hulle ore uitkom. As for me, gee vir my enige dag `n Knight in shining armour.

Op `n laaste noot wil ek noem dat my beste vriendin hierdie naweek trou!! Congratulations aan Yvonne en Adriaan en ek kan nie wag om die Happy dag met julle te deel nie!! Die enigste probleem is daar apparently `n hitte-golf in Jo’burg is op die oomblik en hier in die Kaap het ons winterweer. So, ek moet in `n kwessie van `n dag my sisteem gewoond kry aan `n temperatuur van 31, nadat al vir weke minder as 20 was hier. So dit sal waarskynlik nie verbasend wees as ek uitpaas voor die kansel Saterdag nie. Maar never the less, ek sien baie uit. En ek wens hulle al die seën moontelik toe vir hulle nuwe lewe saam.

Y&A (5)

Wednesday, November 2, 2011

Romance in the time of exams

 

Die eksamen is nou al 2 weke aan die gang. My suster is vandag huis toe vir die vakansie. Sy het Maandag klaar geskryf...ek skryf eers oor 2 weke klaar. Ek het nou eers een vraestel geskryf, so ek kan nie eers voel of ek vorder nie. Maar dit daar gelaat. Ek gaan nou maar ophou kla oor dit vir my voel of ek nooit gaan klaarmaak nie en dat ek so home sick is, ek kan bars.

Die eksamen aan die ander kant het soos altyd `n baie vreemde effek op my. Gewoonlik word ek getref deur `n huge case van inspirasie in eksamentyd. Sadly, het dit nie gebeur hierdie semester nie. Wel, nog nie. Maar ek voel hiperemosioneel, soos in baie. En alles wat ek kyk, kry my in trane, soos stupid goed. Ek weet nie wat dit is nie.

Die probleem is dat ek normaalweg emosioneel is, so `n verhoging in daardie eienskap kan soms problematies wees. Ek het gister amper `n emotional break-down gehad omdat ek siek is vir two minute noodles. Granted, daar was baie ander faktore betrokke. Maar die two minute noodles was net die laaste strooi.

In elk geval, ek weet nie of ek al voorheen genoem het nie, maar ek is waarskynlik een van die wêreld se grootste romantics. En daai eienskap is ook nou in `n heightened state. So alle vorme van romance het my op die oomblik op groot skaal in `n spin. Ook `n goeie tyd daarvoor, ek dink want my beste vriendin trou oor bietjie meer as `n week. Yay!!

Sommer net.. (74)

Die romance-ding is nogal groot met my op die oomblik. Hierdie week se episode van Merlin was incredibly beautiful. Romanties, powerful. Ek het dit seker 3 keer in `n kwessie van 2 dae gekyk. Ek is so `n sucker vir middle age romance. Knight in Shining armour-sindroom ek dink. Maar nou ja, om die romance ding aan die gang te hou, hier is `n video  van Taylor Swift wat net te adorable vir woorde is.

So vir almal daar buite, happy procrastinating...

AMANDA

 

Monday, October 24, 2011

Hoe om mense uit te freak…

 

Bord (5)

Soos ek genoem het is dit eksamentyd en prime tyd vir procrastinating. So om my ure te vul het ek hierdie lysie uit gedink. Nou hierdie is `n lys van goed om te doen as jy regtig lus is om mense uit te freak, of jy weet, as die koshuiskamer se mure besig is om in te beweeg op jou. As jy net voel jy moet uitbars en crazy gaan of net lus is om mense te laat wonder oor jou sanity. Voel vry om hierdie lys aan te vul en jou eie insane adventures. Baie van hierdie het ek op ander plekke gevind en van hulle het ek self opgemaak.

  • Antwoord alle vrae met: “Wil jy dit met of sonder chips hê?”
  • Nadat jy geld by `n ATM getrek het, skree: “Ek wen, ek wen. Al drie keer hierdie week.”
  • In `n winkel kyk reg in `n sekuriteitskamera in en sit make-up aan.
  • Kruip agter die klererakke weg in `n winkel en as mense verby kom en browse sê in `n squeaky voice: “Pick me, pick me.”
  • Val in die vlak water in die see, skop `n huge scene op en maak of jy verdrink.
  • As jy by `n dieretuin is, hardloop soos mal by die hekke uit en skree: “Run, run!! Hulle het almal ontsnap, almal!!”
  • Hardloop in `n winkel rond en jaag mense met `n haardroër.
  • Staan by die aankomste terminaal van `n lughawe en cheer soos mal vir elke mens wat aankom.
  • Sodra jy in enige gebou met `n interkom is en iemand begin praat oor die interkom, val op die grond neer en hou jou bene vas en begin in `n patetiese stemmetjie kla: “Nie die stemme alweer nie, hoekom los hulle my nie uit nie.”

Dis altyd fun om mense te maak dink dat jy insane is. En `n goeie manier om nie te leer nie, en in eksamen is dit tog wat ons almal soek.

Happy looking insane, almal...

AMANDA

Wednesday, October 19, 2011

Dinge wat dosente sê

 

Oor `n week begin ek met die eindeksamen en ons almal weet wat dit beteken. Ja, die universele aktiwiteit wat alle universiteit-studente reg oor die wêreld connect: procrastinating. In al sy vorme. Ek sien uit, true story. So om die merry time of the year bietjie vroeg af te skop het ek hierdie lysie saam gestel. Ek het al begin om ure op procrastinating sites te spandeer, veral die wat basiese `n samestelling is van hilarious quotes. So hierdie is my lysie van histeriese dinge wat dosente in die klas sê (en ja, dit is die enigste tyd wanneer ek oplet in klas). Ek noem nie name nie, to protect the innocent or the not-so-much...

“Daar is sekere adjektiewe wat nie trappe van vergelyking vat nie, soos “getroud”. Jy kan nie net bietjie getroud wees nie. Alhoewel party mense so dink soos Tiger Woods en die ene Joost van der Westhuizen.”

“Maak nie saak of dit `n verskil aan hulle lewens maak nie, solank almal net ingesluit voel.”

“Noord-Korea is `n absurde land. Dis soos die poster-child van hoe om nie `n land te regeer nie.”

“Moenie op die trappe lanks die kant sit nie, ek is aangesê dat dit `n fire-hazzard is.”

“Hulle kon gewoon nie aanpas by ‘ons moet nou leer om `n tjek te teken, maar ons het nog nie geleer tel nie’ “.

If you looking for figures on world polulation, the CIA Factbook is a good source. Little Johnny’s blog on ‘i hate people’... not so good.”

Science is creativity in a straight-jacket.”

History is filled with geniuses who were wrong.”

This is not for exam purposes, it’s more for your immortal soul.”

Richard Feynman was in his  office rolling around on the floor. Someone asked him what he was doing and he said: ‘I’m a particle travelling at the speed of light, but what do I see?’ ”.

If we only had Darwin and no Newton, we’d all be living in huts and talking about genes. I’d say Newton was more influential.”

“You know that astrology-stuff in the newspaper... Your moon is moving in Aquarius and so you’re gonna die.”

A number doesn’t roar and a probability doesn’t travel.”

Want dis hoe ons iets behou in Suid-Afrika. Ons pas dit amptelik toe en skiet die wat nie saamstem nie.”

Of was dit net `n geval van maak die net so groot as moontelik sodat al die vissies kan happy wees.”

He’s not one of those ‘I’ve only got some vague grasp of the idea, it must be great, where do I kneel’ type of philosophers.”

Dit was meer die  regeringsbenadering van BA-grade is useless, solank ons almal net kan till slaan by die spar.”

It can count out of 10, or 700. It can count out of pie. It doesn’t matter, it’s an arbitrary factor.”

We’ll be discussing why quantum mechanics is weird. So bring a friend... not a physics friend, as I don’t know so much what I’m talking about, but BA friends are welcome.”

Being close to the truth is like being half-pregnant.”

Remember a new paradigm doesn’t come with a sticker that says ‘new paradigm’ “.

Hierdie is net `n paar en ek hoop julle het net sulke hilarious-dosente soos ek. Om julle te help met procrastinating, hier is `n paar links:

http://dearblankpleaseblank.com/

http://www.thingsmyboyfriendsays.com/

http://attackofthecute.com/

So, happy procrastinating almal !!

AMANDA

 

 

 

 

Tuesday, October 18, 2011

Oor hipersensitiwiteit en ander sielkundige komplekse…

 

Ek het gister iets gelees wat my baie, en ek bdoel baie onstel het. In die November-uitgawe van `n sekere tydskrif,  wat ek nie hier sal noem nie, was daar `n artikel wat vir my nou so onstellend was. Ek lees baie goed in tydskrifte wat my mildly irriteer, meestal omdat ek baie tydskrifte lees en dit nie altyd insiggewende leesstof is nie. Maar hierdie artikel was juis so upsetting omdat dit iets probeer hanteer wat die skrywer van die artikel duidelik nie veel van weet nie.

Hipersensitiwiteit, soos hulle dit noem. Blykbaar word dit by mense gediagnoseer. Ja, gediagnoseer want apparently is dit een of ander sielkundige kompleks, soos so baie ander “komplekse” wat die noble sielkundiges uitdink om net nog meer geld uit mense te kry vir iets wat hulle by die girl agter die till by Spar kan kry. Soos julle kan agter kom, glo ek dat sielkunde oor die algemeen rubbish is. True, daar is sekere toestande wat regtig `n probleem is en waar mense hulp nodig het. Maar oor die algemeen is mense hopeloos te kompleks om hulle te “bestudeer” aan sekere reëls of teorieë.

Nou ja, hipersensitiwiteit is blykbaar `n toestand waar iemand baie sensitief is nie net vir hulle eie gevoelens nie, maar ook vir ander mense s’n en selfs alle sensoriese data wat mense oorval word mee op `n daaglikse basis. Hierdie kan ek mee saamleef. Wat my irriteer begin by die sub-opskrif: “hoe jy dit kan oorkom”. So, duidelik is hierdie een of ander siekte wat jy moet oorkom en dit word duidelik as `n negatiewe ding gesien. Verder was dit onstellend om te sien dat hulle meen jy word `n introvert en dat dit verander moet word.

Dit is so duidelik van vandag se persepsies oor mense. Enige eienskap wat mense nie verstaan nie, word dadelik as een of ander sielkundige probleem gebrandmerk. Ek het nog altyd geweet dat ek “hipersensitief” was, maar ek het nog altyd gedink dat dit een van die eienskappe van myself is waarvan ek actually hou. En apparently is dit een of ander sielkundige afwyking. Nie dat ek dit glo nie, dit irriteer my net dat mense `n artikel skryf wat so oningelug is en aanhou om negatiewe persepsies te skep. Hipersensitiwiteit is nie `n siekte wat gesond gemaak kan word nie, dis `n eienskap waarmee jy gebore word en dis nie iets sleg nie. Net so word introverte nie geskep nie en dis ook nie iets negatief soos my LO-onderwyser op skool ons wou maak glo nie. Dit is wie jy is en dit is wat jou uniek maak.

Ek wens mense wil net ophou met hierdie persepsies wat hulle skep en mense laat glo daar is fout met hulle omdat hulle is wie hulle is. Wat is normaal nou eintelik en wie is “normaal” genoeg om dit te meet?

Nou ja, op meer insiggewende artikels in die toekoms...

AMANDA

Tuesday, October 4, 2011

Sterre en straatligte…

 

Sommer net.. (26)

Ek weet ek het baie lank laas ge-post maar dit was nogal `n hectic tyd vir my. Soos dit maar gebeur op varsity het al my dosente skielike besef dat hulle nog predikaatpunte vir ons erens moet uitkrap en daarom het hulle ons toegegooi met werk. Hierdie was maklik die rofste akademiese tyd vir my ooit. En dit het gewys. My imuunsisteem het ge-crash en my vrot van die verkoue gelos. Dis nie die eerste keer nie. Met my eerste lisensie-afspraak was dit net so erg. Dis waarskynlik `n manifestasie van my persoonlikheid om al my probleme op te krop. So in plaas daarvan dat ek paniekbevange rond loop soos die meeste mense, suffer my imuunsisteem en ek word siek.

Dit het my laat dink: dis die siekte van ons tyd, is dit nie? Stres en gejaagdheid, en die feit dat mense nie kan deal met die honderde probleme waarmee ons elke dag gekonfronteer word in vandag se wêreld waar dit lyk of almal `n obsessie met sukses en geld het nie. Dis hartseer, ek weet. Maar dis iets wat moeilik, indien nie ontmoontelik is om van te ontsnap.

Ek dink hierdie probleem word baie goed (en so mooi) vasgevang in die gedig van D.J. Opperman “Negester en Stedelig”.  Die gedig is in die vorm van `n ouer se kommer oor sy kind wat te vasgevang raak in die stadslewe.  Die stad verteenwoordig die lewe van vandag. Die gejaag, die soeke na rykdom en die verlies van menslikheid. Dalk kom ons dit nie agter nie, maar dit gebeur. Soos golwe wat teen `n rots slaan, oor en oor. Die lewe maak jou hard, totdat jy naderhand nie meer geraak kan word deur enige iets nie. So dat mens gedurig opsoek is na kortstondige plesier, iets om jou weer lewendig te laat voel. In die gedig word die stedelig ,–die kortstondige plesier,  gekontrasteer met sterrelig, wat die langdurige liefde en vrede van God se teenwoordigheid verteenwoordig.

So, ek los julle met die laaste twee lines van die gedig as iets om saam te vat in die “mallemeule” waarin ons leef:

“en mag die Suiderkruis en Negesterr witter

as die stedeligte in jou siel bly skitter.”

AMANDA

Sunday, September 18, 2011

Oor my liefde vir legends…

 

So, die game wat ek probeer speel het laas keer was `n epic fail. Die rede, niemand wou met my speel nie. So either, niemand ken my goed genoeg om te raai nie of niemand het regtig genoeg omgegee om saam te speel nie. Punte gaan uit vir my roommate wat probeer het en actually reg geraai het.

Om die waarheid te sê, ek het nie verwag dat iemand dit sou reg raai nie. Die sad ding is dat in vandag se tyd min mense actually bekend is met die storie. Ten spyte van die feit dat daar al soveel boeke geskryf is en movies en series gemaak is. Gaan vra vir enige man op straat en hulle sal miskien die naam erken, maar hulle sal jou nie regtig veel van die storie kan vertel nie. Selfs die internet is nie van veel hulp nie. Daar is so baie weergawes en deurmekaar feite dat jy nie die regte storie kan opgrawe onder al die feite nie.

Waarvan praat ek? Die King Arthur-legend. (P.S. as jy nog nie die naam gehoor het nie, dan is daar `n erenstige gat in jou opvoeding.) Wel, terug by die punt, dis waaroor die series gaan wat ek op die oomblik kyk. Ek soek al so lank na `n series of movie oor die legend waarmee ek al obsessed is vandat ek klein is. Actually die series is uit die oogpunt van Merlin, die bekendste warlock (nee, hy is nie `n magican nie. Magicans trek hase uit hoede uit) van alle tye. Maar dit gaan net soveel oor Arthur. Ek dink dit gaan oor hulle vriendskap en hulle altwee se pad om uiteindelik hulle destiny te bereik.

En natuurlik is ek mal oor fantasy en magic en romance. Moenie die romance vergeet nie -–Arthur en Guinevere is nog altyd een van my favourite couples gewees. Persoonlik koop ek nie die donker Lancelot plot nie en gelukkig deel hierdie series my siening daaroor. BTW my fruitless internet-search het wel reveal dat die Lancelot-plot eers baie later bygeskryf is.

Ek wil net sommer jammer sê vir my kamermaat. Sy wil seker al by die venster uit spring so gek maak ek haar met hierdie storie. Ongelukkig is dit maar net hoe ek is. Ek verloor myself net baie maklik in `n storie. Maar daar is nie veel tyd vir legends nie, ek skryf more aand ekonomie en dan het ek nog `n huge opstel wat vrydag moet in wees vir afrikaans. Maar ek kan nie kla nie. Dit kon erger wees, I could have been married to a troll.

Wel, miskien sal dinge na dit kalmer wees. Tot dan toe...

AMANDA

Sunday, September 11, 2011

Universal quotes

 

So, hierdie is iets waaraan ek `n hele rukkie al dink. Ek het `n ding vir quotes, uit movies en series en songs. Woorde is maar net my ding en ek onthou altyd `n line wat my laat smile of lag. Hierdie is `n list wat ek die afgelope paar dae compile het. Ja, mens kan sien ek was op vakansie. Dit is awesome quotes wat in die regte lewe gebruik kan word. Baie van hulle kom uit die show waarop ek hooked is op die oomblik en die lys is beslis nog nie klaar nie. Ek sal by hom add sodra ek nog het.

  • As `n situasie belaglik en onverklaarbaar is, reageer met : “Seaturtles, mate”.
  • Indien iemand `n dom vraag met `n baie obvious antwoord vra, reageer met: “What do stars do?”
  • Indien jy jouself bevind in daai een perfekte oomblik, reageer met “And all the stars flowered in the sky...”
  • Indien jy iemand baie na aan jou groet, groet hulle met “Keep a weather-eye on the horizon...”
  • As jy dit onder iemand se aandag wil bring dat dinge kon erger wees, sê; “You could have been married to a troll”.
  • As iemand jou rond order, sê: “Yes, sire!”
  • As iemand jou vra wat jou motto is, antwoord: “Play hacky sack while the sun shines!”
  • As jy moet maak of jy van iemand hou, sê: “She’s so warm and fuzzy...like global warming”.
  • As jy wil keer dat `n storie versprei, sê: “We have to take out the warning-bell...”
  • As jy iemand wil dreig, doen dit met: “I do have my own vat of hot oil, you know...”
  • As  jy wil hê mense moet weet iemand is eintelik awesome, sê: “Maybe that one’s worth dying for...”
  • En as jy aan iemand moet verduidelik wat met jou gebeur het, doen dit met: “You know: wrong place, wrong time, wrong drink...” (P.S. That’s Sir Gwaine to you!)

So hierdie is my lys, ek sal dit aanvul as ek `n kans kry en nog quotes uit my dagboek gaan opgrawe. Soos ek gesê het meeste van hierdie kom uit die series wat ek op die oomblik kyk. BTW, ek maak my suster gek daarmee, sy dink daar iets fout met my brein. Kan nie daarmee stry nie, maar om regverdig te wees: dit gaan oor `n storie waarmee ek my hele lewe mee fascinated was. Bonus points vir enige iemand wat my goed genoeg ken om dit te raai. Laat my weet op Facebook en ons kyk of iemand dit kan raai. En vir almal wat dadelik wil raai: nee, ek praat nie van TLOTR nie. Nie dat ek nie obsessed is daarmee nie, maar dis `n redelike nuwe development in my lewe.

So op die noot van destiny en destined love (hint, hint) groet ek julle. More begin klasse weer en dan het nie meer soveel tyd om myself te begrawe in awesome legends nie (moenie sê ek het julle nie meer as genoeg hints gegee nie!)  Tot dan toe...

 

AMANDA

Wednesday, August 31, 2011

Oor eekhorings en ander distractions…

 

Squirrel hunt (1)

Ek weet nie of ek al voorheen dit genoem het nie, maar ek is mal oor ons koshuiskamer. Dit kyk uit op die botaniese tuine en die venster is reg by die takke van `n huge boom wat die huis is van baie wildlife. Op die positiewe kant is die adorable eekhorings waarvan ek hier `n foto geneem het -  uit die venster uit, die diefwering is nie juis fun nie. Aan die negatiewe kant is is die swerm freakin’ hadidas wat ons gek maak. Hulle is juis besig met een van hulle bekgevegte terwyl ek hier skryf. Hulle is beter nou, daar was `n tyd `n week of twee gelede waar hulle letterlik aanmekaar geskree het, sonder ophou. Ek het op `n stadium na die tyd gekyk en half 2 in die oggend was hulle nog aan die gang.

Maar terug by die  eekhorings. Aangesien ek van Gauteng af is, het ek nooit in my lewe `n eekhoring gesien voor ek Stellenbosch toe getrek het nie, Ek is baie seker dat my kamermaat  gedink het  daar is erenstig fout met my, aangesien sy in Stellenbosch bly. Maar ek kan net nie kom oor hoe cute die goedjies is nie. Jy wil hulle net cuddle soos `n puppy, dit is nou as hulle jou nie sal attack as jy te naby aan hulle kom nie. En in ons kamer kan ek hulle heeldag dophou waar ek by my lessenaar sit terwyl hulle op en af hardloop op die takke buite die venster. Dis nie noodwendig `n goeie ding nie, aangesien ek ook somtyds moet werk en hulle is nogal volop.

En ek het uiteindelik `n foto van een geneem gekry. Dit terwyl ek actually `n politieke wetenskap opstel moes skryf. Maar dis darem iets wat ek van my varsity bucket list af kan tick. Die volgende ding wat ek van die lys af moet check is om actually die lys op te stel. Dit aside, ek dink dis dalk eekhoring mating-season, want daar’s die heeltyd 2 van hulle bymekaar en hulle maak die heeltyd hierdie weird, maar adorable, noises.

Op `n ander noot wil ek net mention dat my kamermaat laas week haar license gekry het en ek is baie bly vir haar. Twee dae later het sy `n kar gekry en nou ry sy met Vincent rond. FYI Vincent is haar kar se naam. Al wat hy kort is Red Bull racing seat-covers.

Distractions aside en die kwartaal is op sy einde. Na my opstel en toets vroeër die week, het ek amptelik niks meet om te doen nie en ek sien baie uit daarna om net rond te hang en niks te doen nie. Alhoewel ek tecnically nog moet klas toe gaan. Ek het vandag klaar gemaak met godsdiensfilosofie en ek kan nie glo ek was laas semester so bekommerd daaroor nie. Dit is  glad nie so erg soos wat mense  dit probeer maak met al daardie stories om jou bang te praat nie. En ons professor was die eerste filosofie-dosent wat actually passievol oor sy vak is. Al kan hy uit persoonlike ervaring getuig dat filosofie `n gevaarlike besigheid is...

So, ek is amper op vakansie en die hadidas begin weer skree so daarmee los ek julle...

AMANDA

Tuesday, August 23, 2011

Observer

1

So, ek besef dat ek vir `n rukkie nie ge-post het nie. Maar vanaand het ek vir die eerste keer in `n hele paar dae iets om oor te blog. Om mense te lees. Ek sal nie sê ek’s goed daarmee nie, maar dis iets wat ek agter gekom het dat ek nogal geniet en kan doen so af en toe. Party mense is makliker om te lees, ander is soos om `n spesifieke woord in `n ensiklopidieë te soek.

Ek het al baie artikels daaroor gelees en vanaand weer een oor body language. Baie mense probeer baie hard om `n science daarvan te maak. Om spesifieke boodskappe of gemoedtoestande aan `n sekere gebaar te koppel. Soos wanneer mense se pupille groter en kleiner word wanneer hulle belangstel in iemand. Daar is ook ander tekens wat hulle so gereeld in tydskrifte noem. Ek’s seker hierdie goed is alles waar en dat mense dit uitgevind het met uitgebreide studies. Maar wanneer jy in geselskap is, vat dit baie training om actually te begin oplet na hierdie klein goedjies.

Ek dink dis `n baie meer instinktiewe aanvoeling. Ek was nog altyd oorsensitief vir hierdie tipe goed. Mens moet ander mense se emosies en gemoedtoestande kan optel en aanvoel. Ek kan dit seker nie presies verduidelik nie. Kan mens ooit `n intuïtiewe aanvoeling verduidelik? Ek dink nie so nie. Maar selfs dan moet jy nog steeds goed oplet na die mense want jy moet daardie emosies van iets kan aflei.

Ek het nog altyd gevoel of ek meer van `n observer is in die samelewing. Ek hou daarvan om op die rand te staan en mense net dop te hou. Te lees, en te verstaan. Maar dit raak lonley partykeer, baie keer...

Maar nou ja, miskien sal ek eendag oor dit kan kom. Tot dan toe...

AMANDA

Thursday, August 18, 2011

Hoop

 

Sommer net.. (36)

Hierdie is die drie dinge wat die lewe die moeite werd maak om te lewe. Alhoewel die ander twee net so belangrik is, wil ek vanaand oor hoop praat. In hierdie maand se Leef staan daar:

Hoop is om die melodie van die toekoms te hoor.

Maar ek dink hoop is baie meer as dit. Hierdie line, al is dit beautiful, impliseer dit dat jy half seker is dat die toekoms goeie goed inhou. Terwyl hoop nie noodwendig sekerheid impliseer nie. Hoop is om teen alle sekerheid in vas te klou aan die idee dat dinge dalk net mag beter word en dat daar iets beter vir jou voorlê. Selfs, al druis dit teen alle logika in.

Hoop hou mens aan die lewe en as jy eers hoop verloor, bly daar nie veel vir jou oor nie. Vandag het hoop my deur `n baie rowwe uur van twyfel gekry. Ek kan die Here net prys daarvoor. Hoop is `n keuse, jy kies om dit te sien oral om jou. Om hoop te vind in die wêreld om jou en in God se skepping. Vandag het ek hoop in die reën gevind.

Hopelik sal daardie hoop my verder kan dra deur `n paniekbevange tyd.

Tot dan toe...

AMANDA

Monday, August 15, 2011

Ballon-tyd

 

Sommer net.. (38) 

Soos mens seker van my baie melankoliese post gister af kon lei, was dit gister my verjaarsdag gewees. Dit was nie so bad as wat die post dit moontelik kon laat klink het nie. Maar daar was nog `n paar mense wat vergeet het. Maar daar is niks wat ek daaraan kan doen nie en ek moet maar daarmee vrede maak.

Maar dis nie waaroor ek wil skryf nie. Waaroor ek wel wil skryf is hoe mens altyd dink oor jou verlede en oor jou toekoms op jou verjaarsdag. Daai idee van wie jy was 7 of 10 of selfs 15 jaar gelede. En veral as jy 20 word, dis daai weird idee van ek is nou 2 dekades oud. Natuurlik as jy my suster en my kamermaat glo is ek nou oud en oor die muur. Maar die lewe eindig seker nie op 20 nie, doen dit? Hel, ek hoop nie so nie.

Maar terug by die punt; hierdie gedagtes van my gister is aan die gang gesit in die Spur in Gordon’s Baai. Ek was daar saam met van my familie-lede. My 2 jongste nefies was heel happy in die speel-area die hele tyd en glad nie gewillig om terug te kom tafel toe die kos kom nie. Maar die kleinste enetjie (nou 6) was dadelik weer tevrede toe daar `n vrou omgekom het wat balloon- animals gemaak het. Maar later het sy ouer broer perongeluk die ballon dinosaur gebars en die kleintjie was ontroosbaar vir `n hele rukkie. Net oor `n ballon wat gebars het.

En dit het my laat dink. Hoe baie ek verlang na toe ek so was. Toe op `n spesifieke oomblik die hartseerste ding in my lewe op `n spesifieke oomblik was dat `n ballon gebars het. Ek weet ek het al voorheen hierdie jaar gedink oor die skoonheid van so klein wees. Hoe meer ek daaraan dink, hoe meer wens ek dat ons nooit hoef groot te word nie. Dat mens altyd so oop vir ervaringe kan wees dat klein en eenvoudige dinge soos `n ballon wat bars jou so intens kan raak dat jy ontroosbaar kan wees daaroor.

Maar ons kan nie altyd klein bly nie en die lewe brei mens. Dit maak jou hart hard as `n verdedigings-meganisme. Dit hou ons sane in die middel van hierdie screwed-up samelewing waarin ons lewe. Ek wens dat ek dit kon avoid op een of ander manier, maar ek het die tekens aan myself agter gekom. Miskien is daar `n manier om die proses te reverse, miskien is dit `n keuse wat jy maak. Jy kies om die harde dop oop te kap, maar ek is nie seker hoe nie. Op hierdie stadium sal dit waarskynlik teen al jou instinkte in gaan.

Maar miskien sal ek een of ander tyd my hart weer heeltemal kan oopmaak vir die lewe, sonder die vrees vir seer kry. Maar dit gaan nie oornag gebeur nie.

Tot dan toe...

AMANDA

Sunday, August 14, 2011

Verjaarsdae

 

13 Augustus 2011

Friends (51)

Ek het al voorheen my gevoelens oor verjaarsdae genoem, so ek gaan dit nie weer herhaal nie. Maar dis waarskynlik hoog tyd dat ek groot word en van hierdie siening van verjaarsdae vergeet. Want die probleem daarmee is dat dit mens net opsit vir teleurstelling, jaar na jaar. Ek weet nie wanneer ek ooit gaan leer nie.

Verjaarsdae is nogal  `n groot issue in vandag se samelewing. So erg dat baie mense hulle identiteit daar aan koppel en ander mense op grond van hulle geboortedatums oordeel. Ek praat nou van sterretekens en al die ander goed wat daarmee saam gaan, Ek het nog nooit aan daai goed geglo nie. Dis maar net nog `n manier om mense in `n boksie te plaas. Maar tog, hoekom spesifiek mense klassifiseer op hulle geboortemaand en nie op een of ander eienskap nie. OK, mense word op baie verskillende maniere in boksies geplaas, maar dis `n storie vir `n ander tyd. Baie mense koppel dus `n groot deel van hulle identiteit aan hulle verjaarsdag.

Ek het nog nooit dit gedoen nie, maar ek moet oor my childish sienings van `n verjaarsdag kom. Ek is nou twintig jaar oud en ek moet besef dat dit net nog `n dag is. Wel, ten minste in my geval. Dan sal daar nooit die teleurstelling wees van mense wat jou verjaarsdag vergeet het nie. Of om jou verwagtinge op te bou, net sodat jou hoop weer aan die brand gesteek kan word nie. As dit net nog `n dag is in jou gedagtes, dan sal jy nooit weer ekstra-alleen en onspesiaal voel op daardie dag nie. En as jy niks verwag nie, mag jy dalk net extremely bly wees as iets wel gebeur.

Nou ja, ek probeer maar volgende jaar weer. Maar ek kan niks belowe nie. Die waarskynlike antwoord is dat ek nooit oot my kinderagtige idees oor verjaarsdae (soos oor baie ander goed nie) sal kom nie. Maar ek kan maar net probeer. Wat is vir my die definisie van volwassenheid? Om die knocks wat die lewe jou gee op die ken te vat en weer op te staan en aan te gaan. Om die slegte goed wat jy nie kan verander nie te aanvaar en aan te beweeg. Ek sal aanhou probeer.

Tot dan toe...

AMANDA

Thursday, August 4, 2011

Reën

 

Son, Maan & Reën (8)

My brandende liefde vir die reën is waarskynlik al `n paar keer in hierdie spasie genoem. Ek is seker ek het al baie daarvan gepraat, maar vir my is reën meer as net verwondering of die seën wat die Here oor die aarde uitstort, ja dit is dit ook. Vir my is reën `n vernuwing, dit bring nuwe lewe en dit bring hoop.

Ek het ook al baie oor reën geskryf, want vir my is dit inspirasie. Hierdie is `n gediggie wat ek `n paar jaar gelede geskryf het. Nie vreeslik wonderlik nie, maar dit was darem `n tydjie gelede en ek sal waarskynlik nooit `n digter wees nie.

 

Reën in die winter,

reën in die somer.

Volg die voetpad van `n dromer

            en oorstroom my hart met geluk.

Reën spoel my weg na waar

pyn en werklikheid mekaar mis

en tyd relatief is.

            wanneer ek die reënreuk sluk.

Son, Maan & Reën (26)

 

Inspirasie het vandag ook weer gekom. Terwyl ek by die vester uit gesit en kyk het kon ek naderhand sweer ek kan `n melodie in die klank van die reën hoor. Na maande van trapper wees in `n woestyn van writer’s block.  OK, nou is dit bietjie te erg, maar darem. Hier is `n line of twee uit die song wat daarop gevolg het.

Ek wil `n simfonie komponeer van die vallende reën. Ek wil dit internaliseer, soos hulle sou sê.

Daarmee los ek julle...

AMANDA

Monday, August 1, 2011

Writer’s block

 

Mense wat my ken, sal weet dis iets waarmee ek, ongelukkig, redelik gereeld mee stoei. Iemand het actually al vir my gesê dat ek meer writer’s block het as wat ek skryf. Miskien is dit waar, ek onthou meer tye van writer’s block as wat ek tye kan onthou wat ek geskryf het. Ek weet nie wat is die redes vir writer’s block nie. In meeste gevalle, raai ek dat dit stagnasie is. In my geval is dit waarskynlik meer `n gebrek aan talent as ek eerlik moet wees.

Maar tog probeer ek maar. Ek weet nie, miskien is dit net vir die liefde daarvan. Op die oomblik is my writer’s block vir `n uur of wat gelig sodat ek actually kon manage om een volle song te skryf. Maar ek kan voel dat die gordyn nou weer voor my brein ingeskuif het. Of eerder my hart. Want ek glo enige kuns kom uit die hart uit. Net soos ware kuns met die hart praat. Dit moet met die leser/ luisteraar/ kyker praat op `n manier wat niks anders kan nie.

In elk geval, ek sal maar more weer probeer. Dalk word die gordyn vir `n oomblik weer oopgeskuif voor my oë sodat ek die lig kan sien en die musiek kan hoor. In tussen tyd hou ek my maar besig met my awesome collection van boeke.

Sommer net.. (50)

Dis erg, ek’s heeltemal begrawe in die boeke en ek is besig om mense aan te steek. Maar nou ja, dit help darem om `n idle brain besig te hou terwyl die gordyn van writer’s block nog voor my hang. Hopelik word dit gou oopgeruk.

Tot dan toe...

AMANDA

Sunday, July 31, 2011

Trapinlywing

 

Een van die beste dinge van in die koshuis wees is om `n senior te wees. Die eerstejaars moet jou groet en niemand kan jou meer forseer om enige iets te doen nie. Nie dat ek eintelik laas jaar geluister het nie. Ek het heel snoesig in die bed gebly toe die meisies laas jaar 7 uur in die oggend vir die ouens van Majuba koffie gevat het in `n poging om hulle te kry om saam met ons te Jool. `n Poging wat nie gewerk het nie, moet ek bysê. Hulle het Serruria verkies, maar daaroor gaan ek nie komentaar lewer nie. My suster is in Serruria.

Maar die ander awesome gedeelte van `n senior wees is dat jy kan sit en lag vir al die doop-aktiwiteite wat die eerstejaars moet doen terwyl jy terug dink aan die aand toe jy dit moes doen. Soos vanaand met trapinlywing. Hier is dit waarskynlik nodig vir my om te verduidelik wat trapinlywing is. In ons koshuis mag die eerstejaars nie die hooftrap gebruik nie. Maar die Donderdag voor huisdans word hulle ingelyf by die gebruik van die trap sodat hulle met huisdans `n Cinderella-entrance kan maak na waar hulle date onder wag. Die inlywing is niks te erg nie. Elke seksie moet net `n klein skit uitdink wat hulle dan op die trap moet uitvoer voor die res van die koshuis.

Daarby moet elke seksie voor die tyd `n honderd redes uitdink oor hoekom hulle die trap wil gebruik. `n Honderd redes is nie maklik nie en dit dwing jou om kreatief te dink. Die redes word dan aan die koshuis voorgelees. Ek kan nie nou nie almal van vanaand onthou nie. Daar was egter van die wat nie so oorspronklik was nie, soos: “Ek wil die trap gebruik want... dis diè trap” en “ek wil die trap gebruik want... sommer.” Maar van die meer kreatiewe redes was: “Ek wil die trap gebruik... want ek het bene en nie vlerke nie.”; “Ek wil die trap gebruik want... die blackberry-sein is beter op die hooftrap” en “Ek wil die trap gebruik want... Michael Jackson kruip onder die ander trap weg.”

Die skits self was baie cute gewees. Party was snaaks en ander was minder inspiring. In een van die betere skits het `n eerstejaar haar in volle legal language op die konstitusie beroep om diskriminasie in die koshuis te stop sodat almal die trap kan gebruik. Wat sy nie weet nie is dat sy daar op sovereign soil was en dat die konstitusie haar nie veel sou help nie.

Deur al die craziness het my gedagtes terug gegaan na ons eerstejaar toe en veral die goed wat hulle ons maak doen het. Soos die ridiculous song wat ons vir almal moes sing- met die intro:

“Eerstejaars, wys vir die manne wat doen Monica-mesies met hulle piesangs”

En die antwoord daarop?

Put a banana in your ear

Jip, dis nie `n typo nie. Wow, dankie tog dis verby!

AMANDA

Monday, July 25, 2011

Beautiful Day

 

Son, Maan & Reën (24) Son, Maan & Reën (26)

Hierdie was die gorgeous reënboog wat gister uit die bloute uit verskyn het. Dit het nie gereën nie, nie eintelik nie. Behalwe vir  `n vreemde bui wat gelyk het of dit net van êrens af ingewaai het omdat die lug bo ons helder blou was.  Die wind was belaglik erg en dit was koud, maar dit was vir my een van die mooiste dae wat ek nog ooit gesien het.  Ek is mal oor die wind. Ek dink mense het seker gedink ek is `n freak of nature omdat ek so langs die straat my arms gesprei het. Ek is net dol oor daai gevoel asof jy gaan opstyg.

Vandag was die wind weer erg en weereens het die fyn reën, amper soos `n mis van `n ver plek af ingewaai sonder dat dit bewolk was. Inteendeel bokant ons koppe het die son geskyn. Ek kan nie glo dat ek so geseënd was om wind, reën en sonskyn alles op dieselfde dag te gehad het. En terwyl ek geloop het met die wind reg in my gesig, het ek dit ingeasem. Dit was so vars en skoon dat mens amper al die slegte dinge in die lewe in een asemteug kon vergeet. En asof dit net so bedoel was het Beautiful Day van U2 ewe skielik op my mp3-player begin speel.

You love this town, even if it doesn’t ring true. You’ve been all over and it’s been all over you...

Daai gevoel is onmoontelik om presies in woorde om te sit. Om met daardie amazing song in jou ore te loop op so `n pragtige dag. Ek kon net nie die smile van my gesig af weghou nie. Dag na dag voel ek so geseënd om in hierdie mooi dorp in hierdie mooi land te bly. Verwondering vang my keer op keer. God se skepping se skoonheid is ver bo enige iets wat die verbeelding ooit kan optower. En ek voel net so bevoorreg om in die middel van Sy skepping te bly. En ek prys Sy naam daarvoor.

Ek los julle met die koor van Beautiful Day. Ek hoop dit help julle om te besef dat dit maak nie saak hoe swaar jou lewe is nie, ons lewe in `n pragtige wêreld en elke dag in hierdie pragtige land is `n Beautiful Day.

It’s a beautiful day, don’t let it get away. It’s a beautiful day. Touch me, take me to that other place. Teach me now, I know I’m not a hopeless case.

AMANDA

Saturday, July 23, 2011

Water for Elephants

 

Sommer net (45)

Ek gaan vanaand iets confess wat heel moontelik gaan maak dat die meerderheid van die wereld se vroulike bevolking gaan dink dat ek mal is. Ek was nog altyd anti- Robert Pattinson. En ja, dit het alles met die Twilight-saga te doen. Maar die presiese redes daarvoor is `n storie vir `n ander dag.  Die ding is, ek het nou onlangs twee van sy movies gesien waaroor ek absoluut dol was: Remember me en Water for Elephants. So ek het besluit om die ou `n kans te gee en om nie verder Twilight teen hom te hou nie. Ons almal maak tog foute.

In altwee movies het ek soos `n baba gehuil. Remember me was ongelooflik hartseer, maar dis oor Water for Elephants waaroor ek wil skryf vanaand. Ek het dit uiteindelik gisteraand gekyk nadat ek dit vir lank al gesoek het. My suster het dit in die cinemas gaan kyk dieselfde dag wat ons die nuwe Pirates-movie gaan kyk het, maar ek moes die maand nog my kaartjie vir The Script betaal het, so ek het net die een movie gaan kyk. Die movie het haar besluit om in die sirkus in te trou versterk, so ek het geraai dat dit goed moes wees.

En dit was. Ek het gehuil, maar dit was defnitief tears of joy, want dit was een van die mooiste eindes wat ek in `n lang tyd gesien het. Ten spyte daarvan dat iemand deur `n olifant dood gemaak word. Voor ek die movie gesien het, was ek nogal bietjie disturbed met die idee van Reese Witherspoon en Robert Pattinson as `n couple, maar ek dink dit werk nogal. Ek het gedink sy was veral convincing gewees.

Net `n waarskuwing vir mense wat maar sensitief is soos ek: Daar is so een scene of wat waar die ringmaster baie harsh is op die olifant, maar hy kry sy just reward in die einde. En lets face it: `n olifant wat wiskey drink is net awesome. Enough said. Die movie gee mens ook `n groot insight in die depressie-jare in Amerika en ook in die  werkinge van `n sirkus in daardie tyd. Ek kan nie sien hoe dit my suster convince het om in een in te trou nie, aangesien jy by `n moving train uit gegooi kan word as jy net effens skeef trap. Maar dis haar besluit.

Oor die algemeen sal ek almal defnitief aanraai om dit te gaan kyk. Veral vir die hopeless romantics onder julle (ek weet ek’s nie die enigste een nie). Maar dis nie al wat daar aan die movie is nie. Gaan kyk daarna, dis briljant.

Wednesday, July 20, 2011

Blomme

 

Sommer net (25)

Hierdie is die gorgeous sonneblom wat ek vandag gekoop het. Sommer net omdat ek kan en ek toevallig verby die blommestalletjie geloop het. Ek kon dit nie weerstaan nie. Daar is iets aan blomme wat net die wêreld op lig. Wat die son laat warmer voel en wat `n helderheid aan `n dag gee. Maak nie saak of blomme nie lank hou nie, dit maak my hart nog steeds bly. Miskien omdat dit `n duidelike uiting is van die skoonheid van God se skepping.

Sonneblomme is nie juis my gunsteling blom nie. My gunsteling is rose of orgidieë. Maar hierdie blom het net my hart geraak, miskien het dit my laat terug verlang na `n maklike en eenvoudige tyd. Hierdie was een van my vriendinne se gunsteling blomme. Elke keer as ek `n sonneblom sien, dink ek terug aan die middae wat ek en sy terug huis toe geloop het na skool en gepraat het van haar troue met sonneblomme en kosmos. Alles was so eenvoudig toe, die toekoms en drome en selfs vriendskap.

Miskien is dit die feit dat ek bietjie home-sick is wat my so aangetrek het tot die sonneblom. Dit nou behalwe die feit dat dit so beautiful is. Dit is die eerste week wat ek terug is in die Kaap en weg van die huis af en dit is maar altyd moeilik. Die blom help darem bietjie, dit maak die kamer, en my, hart helderder. Dit voel of my siel glimlag en dit dryf die lonliness bietjie weg.

Mens kan nie help om verwonderd te wees met God se ongelooflike skepping wanneer mens na die skoonheid van blomme kyk.  Die aarde is ongelooflik mooi en ek wens dat ek die beauty kan inasem sodat dit deel kan word van my. En ek kan nie help om die Here te prys vir sy ongelooflike skepping nie.

Tot die home-sickness vanself weggaan sal die blom my siel lig. Tot dan toe...

AMANDA

Tuesday, July 19, 2011

Tafelberg

 

 Tafelberg (6)

Dit het nog altyd vir my gelyk of Tafelberg wag staan oor die stad. Ek kan nie presies verduidelik hoekom nie, miskien is dit maar net my verbeelding wat met my weg hardloop. Want die landmerk het nog altyd my verbeelding aangegryp. Selfs lank voor ek die berg met my eie oë gesien het. Daar is net iets trots en standvastig aan Tafelberg wat `n tipe verwondering by my wek wat ek nie altyd in woorde kan sit nie. Deur alles waardeur ons pragtige land al is, staan die berg nog onveranderd daar en dit gee my hoop. Dis wat die berg vir my is.

Dit laat my dink aan die gedig Swyende van Lina Spies:

“en die berg waarheen ek terug gekom het, om aan te sit by die bekende tafel.”

  Ek is lief vir Tafelberg. Dis `n liefde wat mens nie kan skud nie en ook nie werklik kan verduidelik vir die wat dit nie voel nie. Dit vul my hart wanneer ek hom in sig het. Dit is my gunsteling gedeelte van die rit in stad toe van Stellenbosch af. Wanneer die kar om daardie draai gaan en jy die berg vir die eerste keer kan sien.

Die rede hoekom ek nou oor Tafelberg skryf is omdat dit een van die finaliste is om een van die new7wonders of nature te word. So, as jy hierdie lees, gaan stem asseblief vir Tafelberg op http://www.votefortablemountain.com/ sodat die berg die herkenning kan kry wat ek glo dit verdien.

Daarom los ek julle met hoop. Verwondering en hoop, want dis wat Tafelberg vir my verteenwoordig.

Tafelberg (3)

Sunday, July 17, 2011

Bubbles

 

8 Julie 2011 

Sommer net.. (56) Sommer net.. (57) Sommer net.. (58) Sommer net.. (60) Sommer net.. (61) Sommer net.. (62)

Gister was ons toevallig in `n Crazy Store terwyl my ouers probeer het om een of ander issue by die selfoon-shop uit te sort. Ek weet nie of julle die winkels ken nie, maar dis soos `n lucky packet. Jy kry die beste goed teen baie goedkoop. Dis toe in hierdie winkel wat my suster besluit om een van daardie outydse bubble-blasers te koop. En dit het haar vir ure besig gehou.

Terwyl sy in die kar en by die venster uit geblaas het, het ek net gesit en dink. Hoe bubbles blaas my vir ure kon besig hou terwyl ek klein was. Hoe ek dit bo enige iets sou kies. Bo duur speelgoed en self bo Cartoon Network wat op daardie stadium in my lewe in gekom het. Bubbles blaas, so eenvoudig soos seepwater deur `n plastic-ringetjie blaas.

So maklik en eenvoudig soos die lewe was daardie tyd. Deesdae dink ek al hoe meer aan die eenvoud van so klein wees. Voor kommer en bitterheid die lewe kom vaag maak het. Voor mens oud genoeg was om te verstaan dat die lewe nie altyd swart en wit is nie. Voor mens geleer het om die grys skakerings in te sien. Voor die lewe begin het om jou hard te maak.

Ek verstaan dat ek nog jonk is en seker waarskynlik nog nie kan praat nie. Ek is nog op universiteit en ek verstaan nog nie heeltemal die werklikheid daar buite nie. Ek het nog skaars begin leef. Maar soms sien ek die tekens van die lewe aan my en dit maak my bang. Ek wil nie hard word nie. Ek wil vir die res van my lewe so sag en oop vir die lewe wees soos ek was toe ek klein was. Ek wil die lewe ervaar soos deur die oë van `n kind.

Maar tog glo ek dis moontelik. Nie maklik nie, maar moontelik. Dis moontelik deur jouself te kondisioneer om nie sinies en hard te word nie. En om die eenvoudige dinge in die lewe te waardeer. Soos om bubbles te blaas...

AMANDA

Sentimentaliteit

 

29 Junie 2011 

Nou dat dit vakansie is en ek by die huis is het ek baie ure om te vul. Daarom het ek vanaand deur al my ou papiere en boeke gekrap om te sien wat ek alles deur die jare op gegaar het. Nou hier moet ek verduidelik dat ek waarskynlik die sentimenteelste mens op aarde is. En ek bedoel dit. Ek gooi baie naby aan niks weg nie, behalwe akademies-related papiere, dit gooi ek naby aan dadelik weg. Maar enige iets anders lê waarskynlik êrens begrawe in my laaie of kaste.

Dis nogal `n experience om deur al hierdie ou goed te blaai. Om te onthou wie jy was 4 of selfs 7 jaar terug. Om die goed te lees wat jy geskryf het, die goed wat jou vriende geskryf het. Veral die laerskool-briewe is hilariously snaaks. Al die verjaarsdag- en going away- briewe en inside jokes. Dis soos om al daai goeie tye weer te herleef.

Sommer net.. (42)  Sommer net.. (49)

Sommer net.. (50)  Sommer net.. (48)

Die cool ding is al die black-mail material wat mens kan opspoor in so dig-session. Al die ou briewe en foto’s van jou vriendinne wat aan bunker-beds swaai (moenie vra nie). En veral die foto’s van my nefie wat nou 15 word toe hy 3 was en onder die tafel gelê en slaap het. Hy was so cute, course now days is dit die laaste ding wat hy wil hê ander mense (en veral meisies) moet sien nie. Ek kan nie wag om dit om Facebook te post nie.

En die awesome-ste ding van alles is die material wat ek van my een vriendin ontdek het. Ons is al van laerskool af vriende en sy trou later in die jaar. Die briewe wat sy geskryf het en die lys van karakters wat ons uitgedink het vir die “roman” wat ons geskryf het. En dan hierdie design van haar vir haar bridesmaids rokke wat sy in Gr. 6 of 7 geteken het en ek gehou het. En nou trou sy hierdie jaar regtig. Hoe awesome is dit?

100_0808

Love you Octi. Jy is my oudste en beste vriendin en as ek aan al ons goeie tye dink, voel ek so blessed omdat ek `n vriendin het soos jy. Mag hy jou altyd gelukkig maak en mag al ons naiwe laerskool-drome vir jou waar word. Jy verdien dit en meer.

AMANDA

The Script

 

25 Junie 2011

The Script

Soos ek al baie voorheen van gepraat het, was ek gisteraand by The Script se show in die Coco-Cola Dome in Jo’burg. Ek sien al vir meer as `n maand uit daarna en ek was nie teleurgesteld nie.

Die enigste downside was dat dit basies die koudste dag ooit in Gauteng was. Dit was darem warm binne in die Dome self, maar ons het `n uur buite in die ysige wind gestaan en dit was nie fun nie. Dis nie dat hulle nie op  tyd was nie. Ons het geweet die deure maak eers 6 uur oop, maar toe ons 5 uur verby ons ingang loop was daar al toue voor die deure. Toe het ons ook maar ingeval en dus het ons vir `n uur in die koue gestaan.

Die opening act was The Arrows, `n Suid-Afrikaanse girl-band met net 2 members, een op die drums en een op die keyboard. Ek moet erken dat ek nog nooit voorheen van hulle gehoor het nie. Alhoewel een van hulle songs bekend geklink het, ek het dit waarskynlik êrens gehoor. En ek moet erken ek het baie lank laas `n keytarist gesien. Hulle poging tot `n Irish-tribute was ook `n nice touch.

The Script self was ongelooflik amazing. Daar was 18 300 mense en dit was blykbaar die grootste gig wat hulle nog ooit gespeel het. Die atmosfeer was elektries. Ek was happy dat hulle meeste van my favourite song gesing soos Science & Faith; For the First time  en Talk you down. Maar van alles was Nothing vir my die beste. Ek dink dat The man who can’t be moved ook huge was. Dit het geklink asof al die mense kliphard saam sing en na die tyd kon niemand ophou cheer nie. Break even was die laaste song wat hulle gesing het en nou kan ek dit nie uit my kop uit kry nie.

Die reëls van die venue was dat geen kameras toegelaat was nie en ek het toe nie myne saam gevat nie. Ek was baie kwaad daaroor aangesien baie mense wel hulle s’n ingevat het. In elk geval, ek het toe maar foto’s met my kamera geneem, hulle het nie so wonderlik uitgekom nie, maar hier is dit. Net `n mention vir Sonskyn, dankie dat jy saam met my gegaan het, dit was awesome verby. Gelukkig was jy nie naby genoeg aan die stage om die lead singer te bespring nie. Maar ons het mos gesien daar is `n ring aan daai vinger -die drummer sal maar moet doen.

Finally los ek julle met die woorde waarmee hulle ons gelos het gisteraand. Dit is die laaste lines van For the First Time (een van my gunsteling songs) en ek dink dis baie gepas.

“Oh, these times are hard / and there making me crazy / don’t give up on me, Baby.”

AMANDA

Met die maan gepla

 

15 Junie 2011

Meeste van julle sal weet vanaand is die lunar eclipse. Blykbaar die langste een die eeu. Dit het omtrent half nege begin en gaan blykbaar net na 11 ophou. Ek het self gekyk en dit was beautiful. Ongelukkig kon ek nie baie mooi foto’s daarvan geneem kry nie. Maar ek kon darem mooi foto’s neem van die volmaan voor die eclipse begin het.

Son, maan & reën (8)  Son, maan & reën (3)

Maar blykbaar het die maanverduistering `n effek op diere. Al die honde in ons buurt is besig om mal te gaan. Niemand sal weet presies hoekom nie. Ons een hond ook. Hy blaf aanhoudend. Dan wil hy in die huis in en dan wil hy weer uit. Dan staan hy by die hek en blaf, dan hardloop hy weer vol spoed in die kar vas. Dit was so erg dat my ma uiteindelik vir hom `n kalmeerpil ingejaag het.

Maar dis nie net diere wat met die maan gepla is nie. Dis mense ook. Van omtrent gisteraand af het ek agter gekom dat almal baie meer aggressief is as gewoonlik. Ek ook, en ek kan nie my vinger op die rede lê nie. Dit is ook nie net in ons huis nie. Wat ek van die facebook-messages en status updates kan uitmaak het twee van my vriendinne `n huge fight gehad en ek weet nie hoekom nie. Maar dis nou maar tot daarna toe. Ek gaan in elk geval nie van hulp wees nie en dit het eintelik niks met my uit te waai nie. Ek voel maar net hoe minder ek eintelik weet, hoe beter.

Ek hoop maar daar is vrede elders in die wêreld en dat die res van die mensdom nie so met die maan gepla is soos ek en die mense om my nie. Die eclipse is darem amper verby en dan kan daar weer vrede wees.

Tot dan toe...

AMANDA

In die hut van die Klu Klux Clan

 

14 Junie 2011

Ons is vandag Bronhorstspruit toe om te kyk of ons nie vir my `n afspraak kan kry vir my driver’s nie (trauma, hier kom ek weer). Ons het nie reggekom nie, aangesien my learner’s Dinsdag verval en om `n afspraak binne `n week te kry is nogal bietjie van `n onmoontelikheid. My pa het nou al sy contacts ingespan en daar is nog nie lig aan die einde van die tonnel nie.

In elk geval, toe ons nou klaar is by die kantoor, toe stop ons by die naaste resturant of iets wat een resemble om iets te drink voor ons weer die lang pad huis toe gevat het. My pa het eerste ingegaan en ek en my sussie het in die kar bly sit. Uiteindelik het hy ons inbgeroep maar my suster was maar baie onwillig gewees. Haar rede: dit mag dalk net `n hut van die Clu Clux Clan wees. Natuurlik kon ek my lag nie inhou nie. Sy is altyd funny as sy so sarkasties is. Die plek se naam was Blikkies dorp en dit was maar bietjie doge.

100_0553 

Die sitplekke het gevoel soos die vloere by Tollies in die glory-dae. Of jou skoene vasplak aan die vloer so taai is dit van die alkohol. Not pretty. Maar dit het darem so half en half ingepas by die sinkplaat-dekor. En natuurlik die musiek. Kurt Darren voor en agter en in die middel. Nou ek moet sê dat hulle al Kurt Darren se songs as haatspraak moet klassifiseer omdat dit my laat voel asof ek kan moord pleeg. Hy is die leier van die beweging wat se hoofdoel is om Afrikaanse kultuur te vervlak. Maar ek sal meer daaroor skryf op `n ander geleentheid. Om darem by te sê die plek se burgers is amazing, maar hulle milkshakes is baie beslis nie.

In elk geval, die rit was darem baie awesome en dit was lekker om net op die ooppad te bestuur en net te relax. Dis mos waarvoor vakansies daar is, is om te relax.

AMANDA

Wednesday, June 8, 2011

Ontruim vir die vakansie

 

Ek skryf my laaste vraestel vandag en daarna is dit uiteindelik vakansie. Ek kan nie wag nie. Maar voor ek nog aan die vakansie (en the Script!!) kan dink moet ek eers `n berg klim hierdie week. Ek het Sondag terug gekom koshuis toe en almal is besig om huis toe te gaan. Insluitend my roommate wat more begin met vakansiewerk -  hierdie mense wat so produktief is in die vakansies... Weet hulle nie dat dit hulle gaan inhaal later in hulle lewens nie? Net soos baie oefening en goeie eetgewoontes...

Die koshuis is so leeg en koud. Kouer as gewoontelik, ek dink die mure reflekteer liggaamshitte of iets. Miskien is dit net die alleenheid. Ek weet nie, maar dit maak my melankolies. Die koue rus swaar op my skouers. Iets wat die kouer erger maak is die feit dat ons moet ontruim vir die vakansie.

In die koshuis het hulle die irriterende tradisie dat ons vakansies ons kamers moet ontruim sodat hulle die kamers kan uitverhuur vir ander groepe. Dit beteken letterlik al jou goed uitdra en êrens anders gaan stoor vir net bietjie meer as `n maand. Dis regtig nie cool nie veral as jy 1300 km weg bly en letterlik net op die vliegtuig wil klim en jou kop leegkry nie. So nou is ons kamer leeg en dit laat my leeg voel. Asof al wat in my oor is, is stres en eksamen-blues.

My hart voel so leeg soos ons kamer...

100_0540

 

Die goeie ding is dat dit net tot aan die einde van die week gaan aanhou. Oor `n week van nou af is ek terug by die huis en kan ek fokus daarop om die semester en al sy dramas te vergeet. Maar vir nou moet ek maar met hierdie koue saamleef.

Hierdie is probably my laaste post tot volgende semester toe maar as ek kans kry om online te gaan, sal ek blog oor my vakansie vol van leeglê, the Script kyk (5 second dance party), en hopelik van my vriende sien. En ek sal verdere reviews probeer post.

tot dan toe...

AMANDA